Page 1 of 1

Plaasvoorman beskikbaar

Posted: Sat Jan 31, 2015 5:13 pm
by Hein M.
Vriende

My buurman het nog net tot einde Februarie 2015 werk, want die plaas waar hy werk hier in Tulbagh skaal af tot net 'n gastehuis. Die arme man is getroud en het 2 jong kinders.
Hy is nog in sy dertigs, fiks en geweldig handig, meganies goed aangelĂȘ. Sy vrou kan ook enige tipe rekenkundige / kantoorwerk doen.

Ek ken hulle nou al 3 jaar en kan getuig dat hulle opregte Christenmense is, fluks en betroubaar.

As julle van enige geleentheid weet, PM my asb.

Hoor graag

Re: Plaasvoorman beskikbaar

Posted: Sat Jan 31, 2015 5:39 pm
by Gawie(13mm)
Ek het jou pm gestuur.

Groetnis.