Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Fri Jan 30, 2015 5:17 pm
by JacquesT (Stompe)
Dag kêrels en dames as hier is.

Ek is Jacques, afkomstig van Johannesburg en jag al vandat ek tande het. Ons het jare 'n plaas gehad wat ons gebruik het vir ontspanning naby Vaalwater, so stadsjapie is ek verseker nie.

Ek skiet 'n mossberg 308, 'n Mathews drenalin en 'n Vektor sp1 9mm. Ek is al vir 'n paar jaar lid van SA jagters en ag myself 'n biltong jagter. Ek geniet ook bosvark jag. Ek doen meeste van my jag in die Waterberg en omliggende omgewing, alhoewel ek 'n sagte plek het vir die Vrystaat se vlaktes en hindering aan 'n 243 in my kinders jare.

Ek sien uit om 'n aktiewe lid van die forum te wees en om meer te leer en kennis te deel.

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Jan 30, 2015 5:47 pm
by Skywalker
Welkom Jacques bly om te hoor dat hier nog mense is wat bekend is met die Waterberge en die soort bosveld jag.
Christiaan

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Jan 30, 2015 6:29 pm
by Heinz Petersen
Welkom Jaques. Vra is verniet om meer te weet.

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Feb 02, 2015 2:33 pm
by jamalley
Welkom Jacques

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Feb 02, 2015 6:09 pm
by Boesman10
Welkom op die forum.

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Feb 02, 2015 6:26 pm
by Johan Nel
Hallo Jacques,
Welkom weereens. Kuier lekker hier by ons!