Page 1 of 1

howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 1:55 pm
by douw
Hallo almal.

Ek het besluit om vir my 'n Howa te koop.

Ek was eers seker daarvan om 'n 300WM te koop, maar nadat ek Saterdag by Camdix was, is ek nie meer so seker nie.

Hulle bied die 30-06 met Stainless Steel loop vir R6200 , of R4900 met gewone loop. (die stainless is darm baie mooi)

Die 300WM is slegs met fluted loop vir R6200

My vraag is: Is dit die moeite werd om R1300 meer te betaal vir fluted loop? Maar dan in swart, hulle maak nie die fluted in SS nie.

Ek is bereid om die R1300 meer uit te haal, maar is dit dan vir die fluted of vir die mooi?

Groete
Douw
               

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 2:26 pm
by Nico Harris
Vir algemene jag sal ek die stainles een vat!

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 2:36 pm
by Ponkie
Douw

Ek het verlede week ook gekyk na die Howa. Het 'n Varminterloop en 'n Standard in my hand gehad! Wel, die standard lyk darem nie vir my of hy so akkuraat kan wees soos die Varminter nie. As ek jou nou reg verstaan sal die Varminter die een wees met die fluted loop??

Het toe besluit op 'n Remington Model 700 Varminter met Laminated stock.

Groetnis
Ponkie

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 2:40 pm
by Nico Harris
Ponkie moenie laat die papier lopie jou afsit nie! hierdie een van my skiet bitter mooi!

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 3:27 pm
by Naas
Douw,Ek sal ook eeder vir die stainles steel loop gaan as jy dit vir jag wil gebruik,
Die reede is,dit lyk langer maai met n paar skrapies op en die skraapies jou pla
kan jy dit baie makkliker regmaak as met die swart loop.As jy die gewer vir die baan of
oes koop.Sal ek die swart fluited vat.

Net my meening

Naas

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 3:31 pm
by Michiel(MCR)
En roes is nie n probleem nie..... ;)

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 3:35 pm
by douw
Baie dankie sover.

Ek moet s?, ek neig nogal stainless toe, die 30-06 is immers 'n baie gewilde en veelsydige kaliber.

Ek sal egter graag vir myself 'n hout-kolf met 'n thumbhole wil maak van 'n Afrika hout soos Snake bean. Ek het vandag 'n kierie met vlakvark tand van Snake bean vir my pa klaar gemaak, die hout is regtig uniek.  Ek sal graag wil hoor van verskillende tipe "beds" soos "glass bedding" ens.

Ek sal mor? 'n foto van die kierie plaas

Groete
Douw

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 3:54 pm
by Michiel(MCR)
Ludwig wrote:
Michiel(MCR) wrote: En roes is nie n probleem nie..... ;)
Dalk is dit net ek, maar ek vind 'n SS loop maak viniger en makliker skoon ook?
Roes is wel steeds 'n bietjie van 'n probleem met 'n SS loop. Hy is nie 100% roesvry nie, darm net naastenby nie in die graad van 'n gewone loop nie.
Onthou, mens kry ook verskillende grade van SS lope... of so lees ek maar

Daar leer ek ook nou iets...... ;)

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 7:22 pm
by Beyers
Douw gee bietjie inligting oor die hout asb
douw wrote: Baie dankie sover.

Ek moet s?, ek neig nogal stainless toe, die 30-06 is immers 'n baie gewilde en veelsydige kaliber.

Ek sal egter graag vir myself 'n hout-kolf met 'n thumbhole wil maak van 'n Afrika hout soos Snake bean. Ek het vandag 'n kierie met vlakvark tand van Snake bean vir my pa klaar gemaak, die hout is regtig uniek.  Ek sal graag wil hoor van verskillende tipe "beds" soos "glass bedding" ens.

Ek sal mor? 'n foto van die kierie plaas

Groete
Douw

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Tue Apr 12, 2011 10:38 pm
by douw
Die hout is verkrygbaar by Silverton houthandelaars in Pretoria. Omtrent so hard soos Rooshout. Werk baie glad af.

Hoe kan ek foto's oplaai?

Groetnis

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Wed Apr 13, 2011 8:44 am
by SmitH
Hi Douw

Het self Howa 3006 met stainless loop en skiet soos n droom dodelik akuraat

SmitH

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Wed Apr 13, 2011 4:01 pm
by douw

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Wed Apr 13, 2011 4:02 pm
by douw

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Wed Apr 13, 2011 4:02 pm
by douw

Re: howa- stainless steel of fluted barrel

Posted: Wed Apr 13, 2011 5:21 pm
by MJK
Allemaskies - daai hout gaan mooi lyk as net met olie behandel is. Maak net seker dat nie gaan skeef trek as vog / droee toestande kry nie

Ek sal gaan vir die SS loop -as weer roer koop is dit hom daai

Groete M