Gidse
Posted: Tue Apr 12, 2011 10:15 am
Terwyl ek noe bekruip tips gelees het het die gedagte by my opgekom:
Wat is die standaard vir 'n gids (nie 'n PH nie), die gids wat 'n jag plaas normaal weg aan die biltong jagter verskaf.
Ek het so drie vier jaar terug op 'n plaas gaan jag as 'n genooide gas van 'n klient. Die groot probleem was dat ons ses jagters was en daar was net een gids. Plaas reels het gemeld dat geen jag sonder 'n gids gedoen kon word nie, slegs as jy boog jag uit die hide.
Die beste van alles was dat die twee boog jagters die mees onervare jagters was tydens die naweek. Ons geweer jagters het ook op die einde hulle bokke gekry, want die gids was nie beskikbaar nie omrede hy op 'n ander gedeelte van die plaas besig was om te jag.
Ek het ook al ondervind dat die gidse somtyds heeltemal te lawaaierig is na my smaak.
Wat se julle, het julle al soortgelyke probleme ondervind?
Andy