Page 1 of 1

Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 9:55 am
by Riebeeker
Is daar iets wat 'n mens kan doen om te keer dat 'n teleskoop skaafmerke kry agv die ringe?

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 10:00 am
by Sako75
As jy n Sako of n Tikka het koop jy Optilock ringe. Los geen merkie op die teleskoop nie.

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 10:02 am
by AFRICAN LEADWOOD
Lapping van die meeste ringe. Sako Optilocks of Burris Signature, beide met die plastiek "inserts". Die Burris is vir my net nie 'n mooi paar ringe nie.

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 2:19 pm
by Riebeeker
OK, dankie. Ek het nie 'n Sako of Tikka nie en het dut dusver Warne of Leupold ringe gebruik. Ek het onlangs 'n stel Night Force ringe gekoop. Is dit nodig om enigiets aan hulle te doen?

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 2:47 pm
by Gawie(13mm)
Maak nie saak wat ek sĂȘ nie, iemand gaan erens Google en opsit dat dit nie nodig is nie. ;D

Vra maar vir Kallie hoe sy NF ringe gelyk het voor en na die "lap". Dit kan nie skade doen om dit te lap nie. Jy skakel een moontlike toekoms probleem uit. Dit neem 'n half uur van hou tyd en jy het gemoedsrus dat alles perfek pas.

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 3:13 pm
by Riebeeker
Dit maak sin, dankie. Tweede vraag, wat maak mens met die effense skaafmerkies op 'n teleskoop?

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 3:28 pm
by tripodmvr
Om skaafmerkies te voorkom plak maskeerband binne die ringe en sny gelyk met rand sodat dit teen die teleskoop druk en die meeste krapmerke sal keer.

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Tue Jan 27, 2015 5:41 pm
by Dries101
Riebeeker wrote:Dit maak sin, dankie. Tweede vraag, wat maak mens met die effense skaafmerkies op 'n teleskoop?
Birchwood maak so swart pen wat mooi werk.. Jy kan die hele scope laat ceracote of maak seker die merkies bly onder jou nuwe ringe

Re: Hoe vermy jy dat ringe 'n teleskoop skaafmerke gee?

Posted: Wed Jan 28, 2015 9:28 am
by Riebeeker
Birchwood Casey Super Black touch up pen is beskikbaar by http://www.nicholasyale.co.za/index.php/contactus - prys so R120. Hulle het tans nie die matte black in voorraad nie, maar kry eersdaag. Dankie vir al die raad.