Page 1 of 1
S365 Lot 78
Posted: Mon Jan 26, 2015 9:59 pm
by tripodmvr
Die groot probleme met s365 brandspoed het nog meestal by die 243 sy kop uitgesteek.
Ek het nou 'n kalibrasie met 'n 87VMax gedoen en die BRF het gering kleiner geword. Om dus beginladings met die bestaande 0,44 waarde te doen lyk dus heel veilig. Gedink die inligting kan help vir die wat bang is dat dit soos Lot 71/74 is.
Re: S365 Lot 78
Posted: Tue Jan 27, 2015 9:03 am
by Capt. Yoda
Mooi dankie Oom Tripod
Re: S365 Lot 78
Posted: Tue Jan 27, 2015 10:11 am
by Carl
Marius,
Ek verstaan nie Somchem se histories data nie. Volgens hulle is lot 71 +1.2, wat ons weet warm was. Maar 74 en 78 is -1.0 :
http://www.somchemreload.com/propellants-lots/S365
Re: S365 Lot 78
Posted: Tue Jan 27, 2015 12:02 pm
by JPS
Carl,
Ek dink bitter min mense verstaan hulle historiese data. Oftewel die wat dit prakties vergelyk sal dit glad nie verstaan nie.....
Re: S365 Lot 78
Posted: Tue Jan 27, 2015 2:13 pm
by tripodmvr
Carl, JPS praat hom die waarheid. Ek het al die terme vergeet, maar baie eksperimente gebruik 'n bom kaloriemeter om sekere van die chemo-termiese parameters te verkry. Ongelukkig is dit nie die kamer van 'n geweer wat teen enorme druk werk nie. Ek sou dink al die algemene gewere se werkverrigting sal met elke Lot dryfmiddel getoets en oor 'n chronograaf geskiet word. Dit sal mos daelik wys dat Lot 71 en 74 warm is. Ek steur my niks en kyk ook nie eers vir die plus en minus gespelery nie.
PMP herlaai ook met Somchem se middels. Hulle doen praktiese toetse elke dag met die lot wat gelaai word om die die spoedvlak te verseker. Sodoende behoort jy nie sommer oordruk te kry nie.