Page 1 of 1
Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 11:27 am
by Ockert1992
Môre Julle,
Ek is besig om te kyk vir my na 'n nuwe teleskoop vir my .270. Tans het ek 'n Rudolph 3-9x40 op hom. Die teleskoop se vergroting is net so bietjie klein vir daai ver teikens. Ek sukkel veral om die teiken areas op veldskiet teikens op verder afstande te sien.
Tans kyk ek na iets met 'n 50mm objektief en 'n hoogste vergroting van 14 -18 of so.
By 'n laer budget kyk ek na die volgende:
Lynx Lx 2.5 - 15 x 50 met die Sahunter reticle.
Meopta Meopro 6-18x50 BDC Reticle
Vortex Viper 6.5-20x50 met BDC Reticle
Dan as ek iewers 'n welkome meevallertjie kry sal ek na die volgende kyk:
Lynx VX3 4.5-14 x 50
Nightforce SHV 4-14x56
Wat sal julle voorstel? Is daar ander wat ek dalk ook kan oorweeg?
Ek hoor graag van julle.
Groete
Ockert
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 11:34 am
by Dries101
Zeiss HD 5 kan jy by jou lys sit
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 11:39 am
by Witpietskiet
Ek het so Meopta 6-18x50 met BDC, baie happy en wat ek die meeste van hom hou is dat hy nie so paralax sensitief is nie.
Skiet ook baie lekker in die aand.
Sterkte met jou besluit.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 11:40 am
by Hein M.
Nikon?
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 11:45 am
by Ockert1992
Dankie vir terugvoer julle.
Witpietskiet - Ja dit lyk vir my ook na 'n baie lekker scope.
Hein - Wat se nikon stel jy voor? 4-16 x 50? Almal wat ek sien lyk my het net die nikoplex kruis. Ek soek dam een met 'n paar strepies.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 12:01 pm
by musgrave270
Burris Fulfield E1 6.5-20x50 met Balistic Plex
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 12:12 pm
by Boesman10
Koop die meeste teleskoop vir wat jou budget sal toelaat. Mens kry nie eintlik slegte teleskope deesdae nie. Gaan vir iets met 'n x50 diameter of 56 vir baie lig inlaat. Gaan vir 30mm buis indien jy kan. Gaan vir 6 - 24 of meer vergroting.
As ek jy is stel ek die specs op en dan soek vir die model vir daai spec vir jou budget.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 1:03 pm
by Louis Kriel
musgrave270 wrote:Burris Fulfield E1 6.5-20x50 met Balistic Plex
Hoe is die Burris se beeld op 20x vergroting?
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 1:19 pm
by MJK
Middag Ockert
Het epos gestuur.
Groete
Marius
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 1:36 pm
by Hein22
Ockert,
Ek verkoop 'n splinter nuwe Rudolph 6-24 x 50 scope names 'n vriend van my. Dit is nog nooit gebruik nie en was nog nooi op wapen gemount nie - kyk bietjie onder die classifieds. Die scope het ook die T3 kruishaar wat baie lekker werk vir veldskiet.
Laat weet gerus indien jy belangstel. Ek is seker jy kan bietjie met hom onderhandel oor die prys ook.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 1:57 pm
by musgrave270
Louis Kriel wrote:musgrave270 wrote:Burris Fulfield E1 6.5-20x50 met Balistic Plex
Hoe is die Burris se beeld op 20x vergroting?
Louis
Die beeld is baie duidelik. Ek is gewoont daaraan dat 'n teleskoop op sy maks. vergroting maar dowwerig kan wees en met die burris ervaar ek dit glad nie, altans minimaal.
Groete
Ruan
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 4:17 pm
by Louis Kriel
musgrave270 wrote:Louis Kriel wrote:musgrave270 wrote:Burris Fulfield E1 6.5-20x50 met Balistic Plex
Hoe is die Burris se beeld op 20x vergroting?
Louis
Die beeld is baie duidelik. Ek is gewoont daaraan dat 'n teleskoop op sy maks. vergroting maar dowwerig kan wees en met die burris ervaar ek dit glad nie, altans minimaal.
Groete
Ruan
Dankie Ruan. Ek het al baie gehoor die meeste scopes is mooi helder tot op 15x en raak dan dowwer. As n scope op 20x mooi helder is dan het jy n wenner.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 4:24 pm
by Hercules Louw
Ockert, kyk ook na die nuwe Lynx 5-20x50 LX2 met SAH kruisdraad.
Afmik kruise is gekalibreer op 16x vergroting vir standaard tipe kalibers soos jou 270 met 'n 150gr koeël.
As jy dalk die Strelok Pro ballistiese rekenaar op jou selfoon het, kyk gerus die Lynx kruisdrade word aangetoon en 'n mens kan dan baie maklik die kruisdraad vir jou geweer optimiseer.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Mon Jan 26, 2015 4:31 pm
by douw
Sightron SIII 6-24 x 50, SIII 8-32 x 56, SIII 10-50 x 60
Lees gerus op Google op oor hulle. Kontak my as jy pryse soek.
Groete
Douw
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Tue Feb 10, 2015 9:00 pm
by jannie1
Douw pm my met prys op eerste scope asb wat sal goed werk op 30.06
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Tue Feb 10, 2015 9:24 pm
by Dewitt
Ek het ook dieselfde Meopta en stem saam met Witpietskiet - baie tevrede!! Humansdorp Koop het goeie pryse op hulle.
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Thu Apr 09, 2015 2:55 pm
by Mr_Hunter
douw wrote:Sightron SIII 6-24 x 50, SIII 8-32 x 56, SIII 10-50 x 60
Lees gerus op Google op oor hulle. Kontak my as jy pryse soek.
Groete
Douw
douw, goeie middag is dit moontlik dat jy asb vir my 'n prys kan gee op die Sightron SIII 6-24X50?
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Thu Apr 09, 2015 3:16 pm
by Jakkels 223
Middag,
Ek het nou die dag vir my een van die Vortex Diamondback HP 4-16x42 BDC rectical gekry, lyk of die teleskoop lekker kan werk vir jag en baan. R6650. Lang "eye relief", paralaks verstelling op die sy, 1/4 moa click
Wag vir lisensie sodat die outjie kan staan plek kry op die geweer (hopelik binne die volgende 2 maande), sal dan met sekerheid kan se of ek tevrede gaan wees.
Groete
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Thu Apr 09, 2015 3:33 pm
by ruaanb
Jy kan na die outjies ook kyk. Baie goeie waarde vir die geld wat jy betaal. Glas is baie helder en jy kan daai gaaitjies mooi raak sien.
http://eu.hawkeoptics.com/hawke-enduran ... copes.html
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Thu Apr 09, 2015 3:37 pm
by Riaan Kriel
douw wrote:Sightron SIII 6-24 x 50, SIII 8-32 x 56, SIII 10-50 x 60
Lees gerus op Google op oor hulle. Kontak my as jy pryse soek.
Groete
Douw
Great scopes die Sightron Siii's. Ek het reeds 'n 8-32 en 'n 10-50 en het weer 'n 8-32 bestel vir 'n nuwe speelding

As dit nie indruk gemaak het nie sou ek verseker nie 'n 3de een nou gekoop het nie

Re: Teleskoop Keuse
Posted: Thu Apr 09, 2015 4:18 pm
by ruaanb
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Fri Apr 10, 2015 10:47 am
by terven
Duracell wrote:douw wrote:Sightron SIII 6-24 x 50, SIII 8-32 x 56, SIII 10-50 x 60
Lees gerus op Google op oor hulle. Kontak my as jy pryse soek.
Groete
Douw
Great scopes die Sightron Siii's. Ek het reeds 'n 8-32 en 'n 10-50 en het weer 'n 8-32 bestel vir 'n nuwe speelding

As dit nie indruk gemaak het nie sou ek verseker nie 'n 3de een nou gekoop het nie

Ek stem 100 % saam ,ek gaam vanmiddag my 4 de een optel.Ek is besig om stelselmatig al my "scopes" met Sightron S3's te vervang.
Mooi dag
Terven
Re: Teleskoop Keuse
Posted: Fri Apr 10, 2015 8:33 pm
by Maximus
1+ Vir die Meopta Meopro 6-18x50. Baie goeie scope en baie tevrede. Paralaks baie lekker en nie te sensitief nie, en beeld is op die Europese standaard wat volgens my beter is Amerikaanse scopes (probeer geen teleskoop afkraak/ afbreek nie). So sy beeld is baie goed.
Het nog nie in die nag geskiet nie. Die BDC kruishaar werk ook baie goed en werk baie lekker.