Page 1 of 1

Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 11:12 am
by FCLoretz
Ek wil graag die jaar swart wilde bees gaan jag en ek kan nie dink aan 'n mooier area as Clarens nie. Plus ek kan dan die vlieg hengel addiction ook ietsie gee om te doen.

Weet julle van plekkie in Clarens wat swart wilde beeste aanbied vir jag in 2015

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 12:04 pm
by Nickvn
As jy nie daar reg kom nie kan jy hier by my vlieg hengel en SWB skiet. Dit is nou nie Carence nie, maar seker nie so sleg nie.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 12:20 pm
by FCLoretz
Nickvn wrote:As jy nie daar reg kom nie kan jy hier by my vlieg hengel en SWB skiet. Dit is nou nie Carence nie, maar seker nie so sleg nie.
Dankie Oom Nick. Jy is eerste op my lys, as ek nie regkom met Clarens nie. Dankie.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 12:33 pm
by tripodmvr
Google is jou vriend

Twee gekry - Bokpoort en Rebellie.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 12:39 pm
by junglejulian
Ek het al by bokpoort gekamp toe ek nog geswot het.Het sommer met die fiets deur hul kamp gery.Baie en baie mooi wild gesien.Dit was wel seker 6jaar terug gewees.Die vorelwaters is ook naby.Hul is op die Golden gate pad van Clarens af.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 12:43 pm
by VdWalt
As jy self kan laai en slag sal jy om Golden gate ook reg kom, redelik groot
verskeidenheid van wild. Kyk net vir ander verkeer voor jy skiet.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 1:01 pm
by tripodmvr
Ek kuier gereeld by Kiara Lodge. Daar is bykans nie meer wild oor in Golden Gate nie. 'n Verdwaalde lot sebras, elande en SWB's kruip hoog in die berg weg.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 2:48 pm
by jamalley
Hoe lyk daai manne se pryse?

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 3:16 pm
by FCLoretz
jamalley wrote:Hoe lyk daai manne se pryse?
Sy beeste is R4k+ maar hy reken sy buurman kan help teen so R2400, maar moet prys bevestig. Sy verblyf is spot goedkoop teen R150pp self catering in die jagtershut.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 3:26 pm
by jamalley
Dankie FC.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 4:00 pm
by FCLoretz
jamalley wrote:Dankie FC.
Volgens ons gesprek is die jagtershut 'n ou skuur met 'n kagel wat omskjep is in 'n jagtershut met 16 weermag beddens.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 4:39 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Ek hoop daar is 'n groot kaggel en baie hout as jy in die winter gaan.... ;) . Dit klink lekker.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 6:41 pm
by tripodmvr
Vat maar jou ski's saam as dit in Julie is. Jy kan hulle dalk nodig kry.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Mon Jan 26, 2015 8:53 pm
by mossie
Het nie nou Christo van Bokpoort se pryse nie, maar daar skiet jy nogal soms VERRRRR.

MOSSIE

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Tue Jan 27, 2015 1:19 pm
by superjakes
Nickvn wrote:As jy nie daar reg kom nie kan jy hier by my vlieg hengel en SWB skiet. Dit is nou nie Carence nie, maar seker nie so sleg nie.
Jis, Oom Nick, ek wil nie sommer 'n ander man se uitnodiging hier kaap nie, maar dit klink mos vir my lekker. As Oom hulp nodig het om die swart(wildebees) gevaar bietjie minder te maak, laat weet maar, ek sal die visstokke en skietstokke solank pak.

Re: Swart wilde bees in Clarens

Posted: Tue Jan 27, 2015 1:37 pm
by Nickvn
Hi Superjakes, dit is n ander man se draad hierdie maar gaan kyk maar na

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=21460