Page 1 of 2

Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 9:59 am
by Mac
Dagsê,

Ek het besluit om 87gr Vmax in my .243 te gebruik in plaas van 75gr. Toe ek van die koeêls (75gr) trek, was party sommer regtig stram, terwyl ander makliker getrek het. My kop sê nou vir my iets is nie reg nie, en akkuraatheid gaan iewers suffer. Dit is Lapua doppe, een maal gevuur om te fireform vir AI, en net met 'n neck sizing die ge-size.

Enige raad, kommentaar sal waardeer word.
Dankie.

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 10:26 am
by alecjohnson
Ek "aneal" my doppe vir 243 elke 4de skoot en my nekspanning as ek koeëls trek voel almal dieselfde, skiet ook mooi akuraat!

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 10:34 am
by tripodmvr
Watter neck sizer gebruik jy Mac?

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 10:40 am
by Armand Steenkamp
My Lee collet neck die maak dieselle....

Groetnis

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 10:45 am
by tripodmvr
Armand Steenkamp wrote:My Lee collet neck die maak dieselle....

Groetnis
Gaan kyk op Youtube om die collet die op te stel met "cam over" van jou pers. Jy draai die matrys stadig in sodat jy by "cam over" die nek so druk dat die koeël nie wil ingaan nie. Maak nou die matrys vas en die druk van die vingers is nou uniform op al die nekke. Google Lee Collet die cam over en jy sal 'n Youtube video kry. Baie skelm manier om konstante druk te verseker. Daarom my vraag aan Mac.

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 10:54 am
by Armand Steenkamp
tripodmvr wrote:
Armand Steenkamp wrote:My Lee collet neck die maak dieselle....

Groetnis
Gaan kyk op Youtube om die collet die op te stel met "cam over" van jou pers. Jy draai die matrys stadig in sodat jy by "cam over" die nek so druk dat die koeël nie wil ingaan nie. Maak nou die matrys vas en die druk van die vingers is nou uniform op al die nekke. Google Lee Collet die cam over en jy sal 'n Youtube video kry. Baie skelm manier om konstante druk te verseker. Daarom my vraag aan Mac.
HAha my magtag daar leer ek nou n ding!! Dankie oom Tripod!

Groetnis

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 11:03 am
by HJA
Goeie môre,

jammer ek val ook nou in. Ek het dieselfde probleem. As ek my koeëls seat met die herlaai
dan voel ek ook daar is wat malkik seat en ander wat moelik seat. Ek anneal so na elke 3de skoot.
Ek gebruik Lyman FL dies.

dankie
Henk

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 11:05 am
by tripodmvr
HJA

Ken hom nie die Lyman se foefies nie. Hoop iemand anders het vir jou raad.

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 2:37 pm
by DawieKotze
Ek vat ook 'n raaiskoot...

HJA - maak jy die doppe se nekke skoon van alle lube na jy gesize het en is die nekke mooi ge-"campfer"?

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 2:57 pm
by Cobus(Cobb)
Mac wrote:
Enige raad, kommentaar sal waardeer word.
Dankie.
Neck size moet mos die nekke size tot 1 grootte,...as nekkie nie dieselfde grip gee nie dan is of die koeels nie ewe groot nie?? of die metaal/brass het nie dieselfde teruggedruk in die necksize proses nie.....anneal ons nie almal maar verkeerd nie?? wat sê die metaal ingenieurs??
Ek dink ons anneal te koud en die metaal verander nie soos hy moet nie.....

Cheers

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 2:58 pm
by HJA
Goeie middag,

Na ek my doppe gesize het sny ek hul lengtes en chamfer hulle en dan gaan hulle sonic toe.

Daarna was ek hulle droog hulle in die son en dan gekruit en koeëls geseat.
Weet nie of doen ek dalk iets verkeerd nie.

Dankie
Henk

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 2:59 pm
by Cobus(Cobb)
Cobus(Cobb) wrote:
Mac wrote:
Enige raad, kommentaar sal waardeer word.
Dankie.
Neck size moet mos die nekke size tot 1 grootte,...as nekkie nie dieselfde grip gee nie dan is of die koeels nie ewe groot nie?? of die metaal/brass het nie dieselfde teruggedruk in die necksize proses nie.....anneal ons nie almal maar verkeerd nie?? wat sê die metaal ingenieurs??
Ek dink ons anneal te koud en die metaal verander nie soos hy moet nie.....

Cheers
ps. Mac, u selling 75gr Vmaxes??

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 3:42 pm
by marco
Ek het gekry dat wanneer ek my doppe ultra sonic totdat hulle binne in ook silwerskoon is ( nekke blink skoon binne) my punte baie swaar seat teenoor wanner ek die doppe se nekke vuil los. Ek glo dat die koolstof in die dop se nek help om bietjie te smeer met die seating van die nuwe punt. Ek het die toets gedoen die doppe geaneal en helfte silwerskoon nekke en helfte vuil gelos en het better groepe konstant geskiet met die vuil nekke.. so van daar af tumble ek net en los my nekke tot n mate vuil binne in. Maar net my eie waarneeming...

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 4:49 pm
by Hein M.
Het dit dalk iets te doen met die feit dat die dikte van die nekwande verskil? Die dikker nekwande van Dop A gaan mos nie dieselfde nekspanning tot gevolg hê as die dunner wande van Dop B nie? Weet nie?

Hoor ook graag watter invloed dit op akkuraatheid sal hê.

Die ander ding is nutuurlik die invloed van oneweredige wanddiktes van doppe en die gevolglike verskil in dopvolumes...

Re: Neck tension

Posted: Mon Jan 26, 2015 5:33 pm
by Mac
Thanks vir die replies manne, Marius, ek gebruik redding dies, en het hulle opgestel volgens Gerad se skrywes. Ek moet ook erken dat die nek wande nie gesny is nie, want ek kon nog nie 'n 6mm mandrel opspoor nie, kan jy dit glo. Ek moet ook bieg dat ek nie te kwaai gestress het nie omdat dit Lapua doppe is, en hulle meet heel goed.

Ek het ook gedink aan die skoonmaak van die lube, maar elke nek is met spirits skoon gemaak, en dan getumble vir 2 ure. Die wat so styf sit klou vir die vaal hel, en dan skiet hulle soos niks los nadat die "seël" gebreek is.

Cobus, not yet, I first want to shoot a while with 87's before I decide finally, I only have about 500 or 600 75's left. Will keep you in mind, but will probably want to swap for 87's. I only managed to get 1200 87's

Dankie sovêr aan almal.

Re: Neck tension

Posted: Tue Jan 27, 2015 9:25 am
by THOMAST
Mac
ek doen die volgende om konstandheid daar te stel:
Nekke is almal eweredig uniform in dikte
Doppe word gereeld uitgegloei (elke 3de laaislag)
Doppe word op konstante lengte gehou deur elke laaislag te meet en te sny indien nodig.
Doppe word ge- "partial full length sized"
Nekke word binne in ge-"deburr" met K&M se controlled depth tapered reamer ( https://www.kmshooting.com/catalog/new- ... m-338.html ) Die lekkerte van die tooltjie is dat jy kan beheer hoeveel jy uit die nek wegsny en almal is dieselfde gesny.
Grafiet word binne die nek gesmeer net voor die koeël "geseat" word met Wilson seating die. Die pers (ook K&M) het 'n mikrometer wat die spanning wat nodig is om die koeëls te seat omsit in 'n syfer sodat jy jou gelaaide patrone kan "batch" volgens nommer.
Image

Re: Neck tension

Posted: Tue Jan 27, 2015 11:47 am
by marco
Daars nou vir jou n smart setup... baie nice... hulle beweer daar kom niks skeef uit n wilson die uit nie...

Re: Neck tension

Posted: Tue Jan 27, 2015 11:58 am
by PWV
Mooi laboratorium wat jy daar het, Thomas! :)

Re: Neck tension

Posted: Tue Jan 27, 2015 12:00 pm
by VdWalt
Dis dan nou hoe die ander helfte 2% laai...

Re: Neck tension

Posted: Tue Jan 27, 2015 4:43 pm
by Hein M.
VdWalt wrote:Dis dan nou hoe die ander helfte 2% laai...
Thomast

Ek is nie so 'n ervare herlaaier nie, so ek vra maar...

Ek het verneem dat partial fullsizing baie stres plaas op die sluitnokke van die grendel. Steek daar waarheid in?

Re: Neck tension

Posted: Wed Jan 28, 2015 10:22 am
by THOMAST
Hein M,
Ek het dit nog nie gemeet of ervaar nie. Ek sien nie hoe dit meer stres op die sluitnokke kan plaas as bv. net die nek size nie.
Ek moet miskien net noem dat my gebruik van die term miskien misleidend was omdat ek nie 'n vol lengte matrys vat en hom net effens uitskroef nie. 'n Kombinasie van matryse word gebruik, nl. Redding Universal decapping die, Foster se Bushing Bump Neck Sizing Die en 'n Redding Body Die wat opgestel is om nie aan die skouer te raak nie, maar wel die dimensie van die romp van die dop reg te stel. Ek is afgetree en het baie tyd om te speel!
Ek eindig met 'n gelaaide patroon wat 0,001" onder dimensie is op die skouer en romp van die dop, in die nek area is daar 0.0015" speling aan 'n kant.

Re: Neck tension

Posted: Wed Jan 28, 2015 1:12 pm
by swc-tr
Thomast
Ek stem 100% saam jou en verstaan wat jy doen.

Om verwarring te voorkom, noem ons dit "precision full-length sizing".

Re: Neck tension

Posted: Wed Jan 28, 2015 4:15 pm
by THOMAST
swc-tr, is jy ook afgetree? >:+

Ek moet byvoeg dat ek 'n artikel, geskryf deur German Salazaar, gevind het waar hy noem dat sg. "partial full length resizing" onnodige stress op die grendel se sluitnokke plaas.
Dit is beslis nie wat ek doen nie en ek vra om verskoning vir enige verwarring wat ek veroorsaak het met die verkeerde gebruik van bg. term.
My patrone gaan mooi in die kamer in en kom net so mooi weer uit nadat hulle gevuur is, sonder hakpekke of dat ek aan die slothefboom moet rem.

Sien? daar leer ek ook 'n nuwe term!

Re: Neck tension

Posted: Wed Jan 28, 2015 4:32 pm
by Cobus(Cobb)
Net vir interessantheid......

Met al die BAIE BAIE fyn herlaai werk, is julle manne al op 1 gat groepe??

Re: Neck tension

Posted: Wed Jan 28, 2015 4:46 pm
by THOMAST
Cobus, ja, soos Gawie genoem het " 'n Blinde hoender vind ook nou en dan 'n mieliepit."