Page 1 of 1

Loop afwerking

Posted: Mon Apr 11, 2011 7:47 pm
by Naas
Naand Manne

Ek soek raad met n loop wat ek afgeskuur het,
nadat ek die open sites afgehaal het.Ek het al alles probeer,
maar niks wil hou nie.

Nou my vraag.Ek soek iemand in Nam,wat warm gun blueing doen,
teen n bekostigbaare prys,Ek wil nie n nuwe loop se prys betaal nie./
Of as iemand vir my n plan het.Ek wil eintlik die loop en aksie n greis kleur he.
want ek het n nuwe sintetise kolf gekoop.

Baie Dankie
Naas

Re: Loop afwerking

Posted: Mon Apr 11, 2011 10:35 pm
by 243Songdaug
Naas.

Het dit nog nie self probeer nie, maar ek het al die storie so gekyk en dink el moet dit nog eendag try.

Wat van 'n fyn sandblast en 'n powdercoating job?

Het enigeen op die forum meer ondervinding met powder coating?  Het so 'n tyd terug my bakkie se pro-whites donker grys/silwer laat powdercoat en dit lyk goed - die klippies moet sommer oordentlik tref voor hulle die coat seermaak.

Enigiemand?

Re: Loop afwerking

Posted: Mon Apr 11, 2011 10:44 pm
by Naas
243Songdaug

Powdercouting is al wat ek nog nie probeer het nie.
My broer het sy scope brackets laat powdercout,en dit lyk goed daar,
weet net nie hoe dit op die heele loop en aksie gaan lyk nie.
Die ander ding is,Powdercouting raak baie dik as dit nie reg gedoen word nie.

Sal maar by die pros moet hoor,wat hulle dink

Dankie

Re: Loop afwerking

Posted: Tue Apr 12, 2011 7:17 pm
by Francois Marais
Naas

Bel my na die 20ste as ek terug in WHK is, ek sal jou na n duitser in WHK verwys wat vir jou n baie pro job gaan doen.

Mooi loop
Francois

Re: Loop afwerking

Posted: Wed Apr 13, 2011 9:10 pm
by Naas
@ FM

Baie dankie,het by die gunshops uitgevind.
Almal draai maar hier by die 1700 - 2000.

Ek sal so maak,baie dankie Francois

Naas

Re: Loop afwerking

Posted: Wed Apr 13, 2011 11:27 pm
by 243Songdaug
Netjies ou Cois - geweet jy sal kan help.

Ek hoor die gras in Nam is so lank jy sien net-net die beeste se rue!  Hoe jag ons die jaar Springbok?

Maak mooi.
Jaco

Re: Loop afwerking

Posted: Wed Apr 20, 2011 8:44 pm
by tripodmvr
My 7x64 se loop en aksie is geguncoat en is baie duursaam. Die afwerking is egter donker van kleur. Het dit jare gelede laat doen en kan dit aanbeveel synde dit dof van kleur is en sonweerkaatsing min probleme lewer.

Tripod

Re: Loop afwerking

Posted: Wed Apr 20, 2011 8:57 pm
by grumpy
Wat van n mat grys, dit sal nie in die son blink en aandag trek nie? Het jy al gedink aan die verf wat hulle op engines gebruik. Dit is hitte bestand.

Re: Loop afwerking

Posted: Wed Apr 20, 2011 10:22 pm
by Pvdw
Naas ek het myne laat sand blaas en net so "matt" laat blou. Dis 'n baie mooi "Matt" swart en blink glad nie .Lyk ook heel mooi in die swart sintetiese kolf.

Kan foto opsit as jy wil sien.

Peet

Re: Loop afwerking

Posted: Wed Apr 20, 2011 10:49 pm
by Naas
Jes,Ek het ook al my loop laat glas blast.
Ek wil ook die loop so matt kleur he,so
dis dan die rigting wat ek moet ingaan.

Baie dankie
Naas