Page 1 of 1

sierra punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 3:49 pm
by bertus
Wat dink die julle van die 165 g Sierra gameking bowtail koeƫl vir jag en teiken skiet, of is daar iets beter vir 3006?

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 4:12 pm
by LRLaubscher
Hi Bertus,

Ek dink dis 'n baie goeie punt om te gebruik vir altwee aplikasies.

Groetnis,

Nico

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 4:29 pm
by FCLoretz
bertus wrote:Wat dink die julle van die 165 g siera gameking bowtail punt vir jag en tyken skied of is daar iets beter vir 3006
Hi Bertus.

Ek het al met die swaarder Sierra Gamekings gaan jag. 200gr uit die 30-06 en hulle het baie goed gewerk. Ek dink daar is beter koeels om mee te jag as die Gamekings. Soos die Nosler Accubonds en dan kan jy die Ballitstic tips van nosler gebruik as jou teiken skiet koeel.

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 4:49 pm
by Gernie
My swaer skiet die 165gr uit sy 300WM en hy is baie tevrede met akkuraatheid en vermoe van punt met jag. Soos bo genoem is daar beter punte, maar dis vir elke man om dit op sy sak te regverdig.

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 4:54 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ek skiet die 175 in my 7x64 en sal hulle nie verruil vir enigiets nie. Uiters akkuraat en laat die bokke omdop. As ek reg onthou hardloop hulle so 2680fp/s en werk baie mooi.

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 5:12 pm
by bertus
Dankie manne vir die terug voer so ver

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 5:15 pm
by PWV
Daar is twee soorte Sierra GameKing's, nl. die spitzer BT (loodpuntjie) en die hollow point BT.
Persoonlik verkies ek laasgenoemde. Daar is niks fout met die koele nie, dit hang af van wat jy met hulle wil doen en die geskiktheid van jou gereedskap - jou geweer se "twist", die lading wat jy gebruik, wat jy wil skiet, skootplasing, ens.

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 5:23 pm
by Thunderhead
It is not a bonded bullet so dont expect it to keep together at bushveld distances. If you going to shoot further distances it can work. I use Hornady interbonds for hunting and the Game kings for target and vermin.

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 5:31 pm
by bertus
Ek gebruik dit meer vir vlakte jag ek kry baie goeie
Groepering op 100 en 200 m. Dis so 25 mm op 200 m

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 5:33 pm
by bertus
Ek gebruik dit meer vir vlakte jag ek kry baie goeie
Groepering op 100 en 200 m. Dis so 25 mm op 200 m

Re: siera punte

Posted: Fri Jan 23, 2015 6:40 pm
by wlm
Sierra is bekend as 'n vervaardiger wat diep spore in die skyfskiet-wereld van die VSA getrap het. Ek dink nie dat Game King jou sal teleurstel teen die snelhede wat jy dit in 'n 3006 gaan gebruik nie.

Re:375

Posted: Sat Jan 24, 2015 10:32 am
by bertus
My een vriend het n 270 Musgrave hy het nou vir
Hom n tweede geweer gekoop, die hawa 375
Hy is nou baie on seker daar oor
Wat se die manne wat ken

Re: Re:375

Posted: Sat Jan 24, 2015 11:48 am
by Hein M.
bertus wrote:My een vriend het n 270 Musgrave hy het nou vir
Hom n tweede geweer gekoop, die hawa 375
Hy is nou baie on seker daar oor
Wat se die manne wat ken
Ek dink jy moet 'n nuwe draad / post vir jou vraag begin.

Neem aan dit is 'n Howa in 375?

Re: Re:375

Posted: Sat Jan 24, 2015 1:34 pm
by joe rocket
bertus wrote:My een vriend het n 270 Musgrave hy het nou vir
Hom n tweede geweer gekoop, die hawa 375
Hy is nou baie on seker daar oor
Wat se die manne wat ken

Jy moet leer spel asb

Re: Re:375

Posted: Sat Jan 24, 2015 1:39 pm
by joe rocket
Hein M. wrote:
bertus wrote:My een vriend het n 270 Musgrave hy het nou vir
Hom n tweede geweer gekoop, die hawa 375
Hy is nou baie on seker daar oor
Wat se die manne wat ken
Ek dink jy moet 'n nuwe draad / post vir jou vraag begin.

Neem aan dit is 'n Howa in 375?

Bertus Hein gee vir jou goeie raad. Almal gaan sierra punte lees begin n nuwe post.

Groete

Re: Re:375

Posted: Sat Jan 24, 2015 7:17 pm
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:
Hein M. wrote:
bertus wrote:My een vriend het n 270 Musgrave hy het nou vir
Hom n tweede geweer gekoop, die hawa 375
Hy is nou baie on seker daar oor
Wat se die manne wat ken
Ek dink jy moet 'n nuwe draad / post vir jou vraag begin.

Neem aan dit is 'n Howa in 375?

Bertus Hein gee vir jou goeie raad. Almal gaan sierra punte lees begin n nuwe post.

Groete
En jy moet leer lees hy het lankal hein se raat gefolg >:D

Re: sierra punte

Posted: Sat Jan 24, 2015 9:51 pm
by joe rocket
Sorrie

Re: sierra punte

Posted: Sat Jan 24, 2015 10:55 pm
by Hein M.
joe rocket wrote:Sorrie
Joe

10/10 vir jou vir geduld en medemenslikheid ;)

Re: sierra punte

Posted: Sat Jan 24, 2015 11:41 pm
by Gawie(13mm)
Hein, ons drie Paarliete ken mekaar darem al van skool af.
Met die kwik wat kort by die veertig draai en 'n 20mph wind is dit nie lekker op die skietbaan nie, nou gee ons maar mekaar gas. ;D

Groetnis