Page 1 of 2

Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 5:49 am
by Tertius Steyn
Goeie more manne, Ek wil graag raad vra oor n n Hawke 3-9x40 Sport HD IR teleskoop met die Milldot retical. Ek sien daar is al voorheen baie posts opgesit, maar dis meer geskik op die groter modelle Hawkes, nou om terug te kom op my vraag, sal dit moontlik wees om die teleskoop op my .303 te sit of moet ek maar n ander plan maak?My geweer het heidiglik sy oorspronklike Parker Hale bisley sight op so die teleskoop sal n nuwe ding wees. Die scope is nog mooi toe in sy boks maar wil eers hoor voor ek hom op sit. Hoor graag wat julle manne se en ek sal enige hulp waardeur.

Lekker dag verder

Groete

Tertius. :laugh:

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 6:02 am
by tripodmvr
Ek het 'n Hawke 6-24 x 44 op my 243 en hy doen baie goed sovêr.

Die 303 het heelwat meer terugslag. Kyk na die vervaardiger se aanbeveling rakende kaliber en ook wat se waarborg dit het. As dit die gewone omruil vir brekasie waarborg is sal ek nie huiwer om dit op die 303 aan te bring nie.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 6:45 am
by Tertius Steyn
Goeie More tripodmv op die website se hulle blykbaar all firearm calibre rated, so ek weet nie of dit beteken dat hy sal werk op hom nie? Sover ek weet het hulle n leeftyd waarborg en as die scope breuk en daar nie visiese skade buite of tekens van mishandeling is nie, dan gee hulle vir jou n splinter nuwe een. Gaan kyk of ek n foto kan oplaai?

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 6:48 am
by tripodmvr
Met so waarborg behoort jy gemoedsrus te hê.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:15 am
by Tertius Steyn
Okay nee dis reg, ekt maar begin op n klein budged en dis ongelukig al waarvoor ek nou eld gehad het,wil nou nie n teleskoop monteer wat nie gaan hou nie, moet darm n paar jaar/skote hou tot ek na n duurder teleskoop toe kan uprgrade.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:50 am
by wlm
Ek weet Thor maak 'n "mount" wat ten die kant van die 303's se aksie vasskroef. Dit behoort 'n redelike goedkoop opsie vir teleskoopmontering te wees.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:53 am
by Tertius Steyn
Goeie More Wlm. Sal beslis loer na hom, jy weet nie dalk hoeveel hulle kos nie??

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 9:24 am
by andre007
tripodmvr wrote:Ek het 'n Hawke 6-24 x 44 op my 243 en hy doen baie goed sovêr.

Die 303 het heelwat meer terugslag. Kyk na die vervaardiger se aanbeveling rakende kaliber en ook wat se waarborg dit het. As dit die gewone omruil vir brekasie waarborg is sal ek nie huiwer om dit op die 303 aan te bring nie.

Marius.
Hoe is daai teleskoop vir nagskiet?

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 12:10 pm
by wlm
Tertiussteyn303 wrote:Goeie More Wlm. Sal beslis loer na hom, jy weet nie dalk hoeveel hulle kos nie??
Sal vir jou uitvind.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 12:24 pm
by tripodmvr
andre007 wrote:
tripodmvr wrote:Ek het 'n Hawke 6-24 x 44 op my 243 en hy doen baie goed sovêr.

Die 303 het heelwat meer terugslag. Kyk na die vervaardiger se aanbeveling rakende kaliber en ook wat se waarborg dit het. As dit die gewone omruil vir brekasie waarborg is sal ek nie huiwer om dit op die 303 aan te bring nie.

Marius.
Hoe is daai teleskoop vir nagskiet?
Het hom nog nie in die nag gebruik nie, maar hy is helder in die dag en baie goed vir sy prys. Dink hy gaan goed doen.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 6:31 pm
by Tertius Steyn
So julle ouens se ek kan hom maar opsit? Ekt hom by Bay guns gekoop in Mosselbaai Vir R1300,

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:49 pm
by LUAN
Tertius ek dink ek het amper dieselfde teleskoop ook n sport hd maar hy was baie goedkoper. Het hom op windbukse gebruik en n slag self op my .303 gehad. Hy het toe nog gewerk maar dit lyk of hy nie meer sy zero hou op de windbuks. Ek dink hulle leeftyd is net nie so lank en betroubaar maar jy het hom nou so vat n kans en kyk hoe werk hy vir jou.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 7:59 pm
by Tertius Steyn
Naandse Luan, hoekom stuur jy hom nie weer in laat hulle hom reg maak nie? Kyk as ek moet sal ek hom ruil ook. Hys nog splinter nuut in sy boks nog nie gebruik nie. Ek wil net nie tyd en geld mors nie, hou nie daar van nie. Wil graag n ding reg doen 1ste keer. So wil hom nou nie opsit en dan 2 3 skote later breuk hy nie.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:03 pm
by LUAN
Koop dan eenkeer en kry n eenvoudige leupold vx1 of vx2 3-9x40 of iets in dieselfde prysklas.

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:06 pm
by Tertius Steyn
Watse kruis moet ek dan na kyk Luan?

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:22 pm
by LUAN
Met n 303 sew trajek kan dit seker help om n kruishaar te he met mildots of lyntjies. Ek weet daar is van die vx2 modelle wat 2 kolle het onder die kruishaar. Ek sien daar is n paar van julle Riversdal manne wat by die forum aansluit bly om te sien julle het ook internet in daai plekkie ;D

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 8:35 pm
by Tertius Steyn
Haha jap ons het darm Internet hierso al moet ons nog die ou donnkie stook :laugh: . Die ouens like mos om hier jakals te skiet en so aan, het nou die dag nog n ou van Riversdal gesien hier. Kyk die Teleskoop het mos n mildot kruis, maar ekt gelees dat hulle nie mal oor recoil is nie. :laugh:

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 9:39 pm
by andre007
Onthou Hawke se waarborg, as die scope beskadig is, nie ''MI2P'' nie vervang hulle hom vir jou!

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Thu Jan 22, 2015 10:24 pm
by Tertius Steyn
Naandse Andre, okay nee wat dan gaan ek hom maar opsit, breek hy,, dan sit ek sy bisley sight terug en skiet maar oop visiere haha..

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Fri Jan 23, 2015 6:30 am
by andre007
Tertiussteyn303 wrote:Naandse Andre, okay nee wat dan gaan ek hom maar opsit, breek hy,, dan sit ek sy bisley sight terug en skiet maar oop visiere haha..
Daarsy. Ek soos my Nikons en Busnells groet vervang ek hulle met Hawke. Die 4-16×50 IR op my .223 gooi rooi

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Sun Jan 25, 2015 6:05 pm
by tgg
n 303 en 308 moet mos ook 20moa mounts he as jy verder as 200m wil skiet :)

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Sun Jan 25, 2015 7:00 pm
by Tertius Steyn
TGG 20 MOA? Verduidlik bietjie eks maar bietjie stupid as dit kom by sulke goed

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Mon Jan 26, 2015 12:21 pm
by Viking
Hi Tertius,

Het jy al die kolf op jou 303 aangepas?

Indien die kolf nog die ou standaard ene is "sukkel" jy soms om deur die scope te korrel omdat jou ken/wang in die lug "hang".

Dan kla die manne die scope is nie reg nie!

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Sun Mar 08, 2015 3:45 pm
by Tertius Steyn
Goeie middag Viking, skies eks so stil gaan maar dol deesdae. Nee die geweer se kolf is nog stock standaart. Maar het n cheeck peace gekoop wat oortrek. Werk baie lekker. My agter end pla my alweer vir nog n geweer maar kan nie my mind op maak nie. Soek nou n lekker teiken roer. Sien die ouens van my vereniging skiet lekker met die .243's. Is dit n lekker geweer?

Re: Raad oor teleskoop vir n .303.

Posted: Sun Mar 08, 2015 6:01 pm
by tripodmvr
Nou die naweek met my 243 aan 'n 300m groepering skiet deelgeneem. Met 75gr koeëls skiet die' geweertjie darem lekker plat teen so 3240vps. Net 12 clicks op vanaf 100 na 300. Geen wonder dit is nog altyd as springbokgeweer gebruik nie.