Page 1 of 3
270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Wed Jan 21, 2015 6:54 pm
by muismaree
Hi julle
Veronderstel jy moet 'n gemsbok dood met 'n 270, wat sal jou voorkeur koeël wees? Ek dink aan of Hornady 130 gr GMX, of Nosler 150 Gr Accubond of 160Gr Partition of 'n 130 Barnes TSX. Ek weet skootplasing is die belangrikste faktor...
Ek wil nie verder as 300 jaarts skiet nie.
Ek probeer om altyd te range voor ek skiet, so plat skiet is nie so moerse issue nie.
Wat stel julle voor?
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Wed Jan 21, 2015 6:58 pm
by henning
150 gr Barnes.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Wed Jan 21, 2015 7:38 pm
by Flip Nel
130gr X
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Wed Jan 21, 2015 8:24 pm
by KalahariKlong
130 Barnes sal die werk die mooiste doen.
Vermy nekskote.
My pa glo net in sy 270 en pmp pro am en het al BAIE gemsbokke hier in die kalahari geskiet.
Soos jy sê, skootplasing is die belangrikste.
Groete
KK
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Wed Jan 21, 2015 8:42 pm
by Sakkie Rust
135gr SMK
270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:08 pm
by Dries101
Beide die noslers en die barnes gaan werk asook die hornady. Wie ookal die mooiste groepeer en die maklikste is om in die hande te kry.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 7:45 am
by Wouter Roets
Muismaree
Ek stel voor jy kyk na jou looplengte en wat se gewig koeel jou n goeie nodespoed bied. Van daar maak jy dan jou keuse oor die fabrikaat. Premuim koeels is wel te aanbeveel. n Teikenkoeel soos die SMK sal my heel laaste keuse wees vanwee die onvoorspelbare terminale verrigting van die tipe koeels.
Groetnis
Wouter
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 7:48 am
by Katefbessie
Wouter Roets wrote:Muismaree
Ek stel voor jy kyk na jou looplengte en wat se gewig koeel jou n goeie nodespoed bied. Van daar maak jy dan jou keuse oor die fabrikaat. Premuim koeels is wel te aanbeveel. n Teikenkoeel soos die SMK sal my heel laaste keuse wees vanwee die onvoorspelbare terminale verrigting van die tipe koeels.
Groetnis
Wouter
Muis,
Ek stem saam met Wouter, om uit te brei oor die keuse van premium koel - My .270'ie was my eerste wapen en het al verskeie punte in hom geskiet onder andere die koele wat hier bo genoem is, maar 'n koel wat ek ten sterkste sal aanbeveel waarmee ek bitter goeie resultate kry is SWIFT se 130gr Scirocco.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 8:32 am
by Capt. Yoda
Katefbessie wrote:Wouter Roets wrote:Muismaree
Ek stel voor jy kyk na jou looplengte en wat se gewig koeel jou n goeie nodespoed bied. Van daar maak jy dan jou keuse oor die fabrikaat. Premuim koeels is wel te aanbeveel. n Teikenkoeel soos die SMK sal my heel laaste keuse wees vanwee die onvoorspelbare terminale verrigting van die tipe koeels.
Groetnis
Wouter
Muis,
Ek stem saam met Wouter, om uit te brei oor die keuse van premium koel - My .270'ie was my eerste wapen en het al verskeie punte in hom geskiet onder andere die koele wat hier bo genoem is, maar 'n koel wat ek ten sterkste sal aanbeveel waarmee ek bitter goeie resultate kry is
SWIFT se 130gr Scirocco.
As jy nie mono gaan nie is daai die koel wat ek sal gooi
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 8:45 am
by OupaZA
Jy sal nie somer Nosler in die Hande kry nie! Ek sal vir Barnes gaan.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 8:48 am
by Flip Nel
Het al gesien en self gebruik dat die 150gr Nosler partition (Federal ammo) baie goed werk, het gesien met mooi skote dat 'n groot Eland bul nie ver kom nie.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 8:52 am
by win270
Flip, waar plaas jy dan jou skoot op die eland met die .270?
Dis 'n kaliber wat steeds groot agting by baie ouer manne het.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 9:32 am
by Flip Nel
win270 wrote:Flip, waar plaas jy dan jou skoot op die eland met die .270?
Dis 'n kaliber wat steeds groot agting by baie ouer manne het.
Ek en my broer (skiet altwee met 270s) het altyd (Ek skiet nou meestal met my 9.3x62) Kop, hoog nek en agter die blad geskiet. Ek het 2 jaar terug gesien hoe skiet my broer met PMP Pro-am 150gr 'n 387 kg uitgeslagte Eland bul agter die blad, bul het nie eers 30m gedraf nie toe val hy. Met die 270 vermy ek net die laer blad bene, daai bene is baie groot, dink nie die 150gr gaan dit maak nie
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 10:51 am
by Johan van Wyk
Enige van die koeels wat jy genoem het sal goed werk. Gebruik die een wat die beste groepeer in jou geweer.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 11:18 am
by dehacked
Kyk ook maar na die 130 spartans. Groepeer beste van alles wat ek nog probeer het en prys is billik vir mono.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 11:46 am
by Flip Nel
dehacked wrote:Kyk ook maar na die 130 spartans. Groepeer beste van alles wat ek nog probeer het en prys is billik vir mono.
Stem hulle sal goed werk, baie goed in my 9.3x62 gewerk
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 8:08 pm
by muismaree
Dankie vir julle raad. Ek het bietjie gaan loer op QL, die 140Gr Barnes TSX loop teen 2920 op 'n node, dis maar 50fps stadiger as die 130Gr, maar met meer energie. Die dopvulling is maar crap, maar op die volgende node is die druk oor 62k psi. Gegewe die aanloklike pryse wat nou te kry is met S&O se Barnes uitverkoping, dink ek ek sal maar vir my 'n boksie aanskaf en probeer. 'n Blesbok of 2 sal eers moet sterf as proefkonyne.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Thu Jan 22, 2015 9:40 pm
by Wouter Roets
Muismaree
As die 140greiner die node mis met 2000psi sal die 130greiner verseker hom kan slaan met drukvlakke onder die 60 000psi merk. Wat is jou looplengte op jou geweer?
Groetnis
Wouter
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 6:08 am
by muismaree
Hy doen, die verskil in lading tussen die 2 is maar min as ek reg onthou. Die geweer se loop is 615mm lank. Iets waaroor ek ook gewonder het, raak 'n 140 Gr mono nie bietjie lank nie?
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 6:39 am
by tripodmvr
Ek sal nie kans waag om 140gr te koop en hulle is te lank nie. Die 130gr mono sal verseker die werk goed doen.
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 6:45 am
by Wouter Roets
Muismaree
Ek het gou gaan loer en met n 130gr Barnes sal jy n nodespoed van 3140ft/sek slaan teen net oor die 61 000psi as S365 brand soos hy moet. Dis rapsie aan die hoe kant maar die kaliber/komponente sal dit kan hanteer. Dopvulling is uitstekend so alles en alles nie n slegte teoretiese lading nie. Hierdie lading sal meer as voldoende wees vir jou aplikasie. Die 140gr barnes se nodespoed is net onder die 2900ft/sek so daar is n taamlike verskil in soed sowel as energie. As n mens na hierdie node kyk sal die 150gr beter werk.
n 140gr mono koeel behoort nog mooi in n 1:10 spiraat loop te werk mits jou trompspoed nie te laag raak nie. Hierdie geld vir n 150gr koeel ook, maar jy begin op die grens raak van stabilisering.
Groetnis
Wouter
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 9:29 am
by mva2912
More menere,
Soos julle kan sien is ek baie nuut hier en het nog baaaie om te leer! Het self 'n .270 WSM en het onlangs so boksie van Barnes se VOR-TX (140g) aangeskaf. Het nog nie veld toe gegaan met dit nie.
Twee vrae:
1) Enige iemand ondervinding met die?
2) Lees hierbo dat nekskoot vermy moet word. Rede?
Lekker dag!
M
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 9:51 am
by Capt. Yoda
mva2912 wrote:More menere,
Soos julle kan sien is ek baie nuut hier en het nog baaaie om te leer! Het self 'n .270 WSM en het onlangs so boksie van Barnes se VOR-TX (140g) aangeskaf. Het nog nie veld toe gegaan met dit nie.
Twee vrae:
1) Enige iemand ondervinding met die?
2) Lees hierbo dat nekskoot vermy moet word. Rede?
Lekker dag!
M
Die mono koel blom mooi oop en hou al sy gewig so jy kan vir die nek gaan as jy wil, as jy die werwil tref val hy net daar maar as jy die werwils mis gaan julle n lekker dag in die veld he met n bok wat n R2 grote gat in sy nek het. Die koel is meer bedoel vir gewig hou en diep penetreeer as jy n kopskoot nek skieter is sou ek eder n koel soos n Sierra GK, Hornady SST of Nosler Balistic tip vat wat bq met meer erens skade maak
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 10:07 am
by muismaree
Bietjie van topic af, maar as julle werk op QL, kies julle SAAMI of CIP? My geweer is 'n Sako, weet nie of dit enigsins betrekking het op watter standaard ek moet kies nie?
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Posted: Fri Jan 23, 2015 10:09 am
by mva2912
Baie dankie vir die antwoord Kaptein. Ek maak notas... Belowe!