Page 1 of 1
Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:35 am
by BennieO
Ek dink daaraan om dalk vir my 'n Bipod te kry. Wat sal die voor en nadele fvn "Fixed" teenoor "Tilt" wees en wat sal die verskillende aplikasies wees? Die hoogte is 'n ander vraag maar ek glo die 6-9 duim sal vir my aplikasie werk.
Ek sal hom hoofsaaklik gebruik om van agter op die bakkie oor die dak te skiet. Ek glo die een wat "Tilt is dalk beter want die bakkie gaan nie altyd waterpas staan nie.
Ek luister graag wat beveel julle aan.
Bennie
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 10:50 am
by 243Songdaug
Altyd met die swivel/tilt funksie - reeds omrede die bakkie nooit waterpas sal staan nie.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 11:02 am
by Eugene
243Songdaug wrote:Altyd met die swivel/tilt funksie - reeds omrede die bakkie nooit waterpas sal staan nie.
+1
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 11:48 am
by Finfan
Ekt my fixed ook na n paar dae terug gegee en die een met swivel geruil. Jy gaan jouself net frustreer, kry maar kla een met swivel.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 11:54 am
by henning
Finfan wrote:Ekt my fixed ook na n paar dae terug gegee en die een met swivel geruil. Jy gaan jouself net frustreer, kry maar kla een met swivel.
Dit maak mos sin dat fixed n probleem sal wees.
Groete
Henning
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 12:00 pm
by BennieO
Maak sin, dankie. Dit maak dit nou maklik vir my.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 12:44 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.
As hy kan kantel sal ek voorstel jy belê in een van die outjies ook.
30mm_Black_Level-Reducer_Final.png
Geno smous met die outjies en hul loop oop.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 1:11 pm
by Jacko
Baie tilt bipods het in elk geval 'n skroef/nut waarmee jy sy tension sommer vinnig met die vinger kan stel sodat hy baie moeilik tilt as jy wil.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 1:21 pm
by BennieO
Gawie(11mm)
Wyk satan. So een is klaar op my inkopie lys. Ek en die bankbestuurder is nog net besig om so paar dingetjies oor te onderhandel. Daar was nou die dag 'n Vortex een (Wat mooi so werk op my Vortex teleskoop) op die forum te koop maar hy was klaar verkoop voor ek die draad klaar gelees het.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 1:34 pm
by Jacko
Ek het 'n Caldwell by Cabelas (WYK SATAN!) in Amerika gekoop. Dis nou nie so duur en fensie soos 'n Harris nie, maar hy werk lekker. Hy't teleskopiese bene wat stewig op verskillende hoogtes lock en die moeilikheidsgraad van die tilt kan jy met 'n nut stel.
Ek jag nie meer sonder my bipod nie.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 1:40 pm
by BennieO
Jacko wrote:Ek jag nie meer sonder my bipod nie.
In die bosveld ook, of net vlaktes? Is hy nie in die pad in die bos nie?
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 1:41 pm
by Jacko
BennieO wrote:Jacko wrote:Ek jag nie meer sonder my bipod nie.
In die bosveld ook, of net vlaktes? Is hy nie in die pad in die bos nie?
Ek jag meestal vlaktes, maar ek het al lekker bok met hom bekruip. Hy slaan moes op, vorentoe onder die loop. Hulle weeg so lig, jy voel niks ekstra nie.
Maar dalk is dit omdat ek so bleddie sterk is. :-)
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Wed Jan 21, 2015 2:04 pm
by Charles.308
Net my 2c
Vir baan/teiken skiet werk "fix" mooi en dan vir jag werk "swivel" weer goed vir my, maar ek gebruik "swivel" ook op baan, ek kom agter as bok bietjie beweeg in veld dan kan swivel baie help.
Sterkte
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Fri Jan 23, 2015 9:37 am
by AFRICAN LEADWOOD
Swivel - altyd.
Oppervlaktes is selde waterpas. Die bipod kan so styf gelsuit word dat hy soos 'n "fixed" model voel met die nodige podlock stelsels.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Sat Jan 24, 2015 7:39 am
by Thunderhead
N fixed bipod gaan jou net kwaad maak. Ek gebruik twee bipods n langer een vir jag as die grass lank is en n korte vir baan of bakkie of van n koppie af. As jy hom eers begin bebruik gaan jy wonder hoe het sonder hom klaar gekom het.
Re: Bipod "Fixed" of "Tilt"
Posted: Mon Jul 04, 2016 8:00 pm
by henning
Finfan wrote:Ekt my fixed ook na n paar dae terug gegee en die een met swivel geruil. Jy gaan jouself net frustreer, kry maar kla een met swivel.