Page 1 of 1

Knieg en elmboog beskermers

Posted: Tue Jan 20, 2015 12:35 pm
by Griffel Fourie
Groete aan al die manne

Ek soek ernstig na knieg en elmboog beskermers. Miskien het ek dit te veel in die SAW gedoen - maar my kniee is op. Sien baie op eBay en op die net, maar wil eerder plaaslik koop.
Waar koop ek en wat sal julle aanbeveel?

Re: Knieg en elmboog beskermers

Posted: Tue Jan 20, 2015 12:42 pm
by Eugene
Goedkoopste en maklikste opsie sal seker die wees wat jy by teel winkels soos CTM koop en deur telers gebruik word. Jy kan seker ook by fietswinkels en die ouens wat skateboards verkoop, navraag doen.

Re: Knieg en elmboog beskermers

Posted: Tue Jan 20, 2015 1:10 pm
by Boesman10
Het myne by Wildman gekry.

Re: Knieg en elmboog beskermers

Posted: Tue Jan 20, 2015 1:13 pm
by Carl
Griffel
Zimbi het gehad een of ander Swiss maak. Anders kan jy ook by Mining Supplies probeer. 'n Stel leer handskoene is ook handig, want daar is altyd 'n duwweltjie waar jy jou hand neersit.

Wat gebruik jy dit voor? Bekruip of as jy op jou kniee gaan om mamma te smeek om WEER te gaan jag?

Re: Knieg en elmboog beskermers

Posted: Tue Jan 20, 2015 4:24 pm
by Griffel Fourie
Dankie aan die manne vir die hulp. Sal daar by die paintball manne gaan rond snuffel.

Carl - nee, ek gebruik dit nie daarvoor nie - DAARVOOR het ek so duk rubber belting op my sitvlak - dan kry ek 'n vinniger "launch" daar na die jag bakkie toe :) - dankie ook vir jou kennis deel.