Page 1 of 2
Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Mon Jan 19, 2015 8:49 pm
by dawiec
My vriend het om hulp gevra om bietjie die kwaaddoeners op hul plek te sit wat sy druiwe verwoes-ja hul hou selfs van Shiraz....
Ek soek raad oor waar begin mens met jou taktiek om hul uit te oorlê.
Die plaas is geleë in die berge en die wingerd lê letterlik teen die hang van die berg.
Natuurbewaring het reeds permitte uitgereik om dinge wettig te hou. Nou ek het reeds dinge uitgekyk op 'n vorige besoek. daar is twee roetes waarvan hul hou teen die berg af oppad wingerd toe. albei is op die hoeke van die wingerd in teenoorgestelde rigting van mekaar. Die uitkyk van bo is perfek en is so 100m vanaf die wingerd. skuiling is ook genoeg om te verseker hul sien my nie...
My vraag is sit ek effens op teen die berg en wag hul in...geklee in my Ghillie suit...wag tot hul verby is en begin hul dan uithaal of sit onder by die wingerd en wag hul in?
Ek het gedink as ek bo sit en begin skiet(geweer het knaldemper op) kan ek dalk die situasie uitbuit en meer uithaal as hul verward is oor waar die skoot vandaan kom? ek is 100% seker hul sal terugvlug in die berg in en nie ondertoe vlug na waar die plaswerkers aan die werk is nie?
My volgende vraag is wie skiet jy eerste? ek al gehoor die manne praat van skiet die kleintjies eerste of skiet jy die leier eerste? Die bobjane is blykbaar so hans dat as jy skoot skiet op hulle is dit nie 2-3 ure nie en hulle is terug. Die trop is ook groot so die skade raak al hoe meer hoe langer mens wag...
Hoor graag van julle manne wat Bobjaan se kind al beter as ek ken?
Mooiloop
Dawie
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Mon Jan 19, 2015 8:59 pm
by PWV
Sal saam met jou kom om die opset te bekyk.
Laat weet maar.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Mon Jan 19, 2015 9:21 pm
by Gawie(13mm)
Dawie, ek het jou pm gestuur.
Groetnis.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Mon Jan 19, 2015 9:26 pm
by win270
Hou veiligheid ALTYD in gedagte as jy bokant hul sit en plaaswerkers se rigting gaan skiet. Moet nooit aannames maak nie . . . dit kan fataal wees.
As jy 'n klomp gelyktydig wil uithaal, mag vanghokke dalk ook 'n goeie opsie wees.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Mon Jan 19, 2015 9:34 pm
by dawiec
Oom Pwv ek sien deur oom se plan...hehe...
Gawie ek bel jou beslis more...
Win270 dankie vir die raad. Ons sal beslis seker maak die werkers is uit die pad voor enige skote in enige rigting gaan. Veiligheid is altyd eerste. Die bobbejane is in elk geval so slim hul kom kuier voor die werkers inval en gedurende hul etensuur...so skelm soos wat 'n mens kan kry...
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 20, 2015 6:11 am
by ANDRIES
Colin Saunderson en Leo van Hermanus kan jou probleme oplos.Dit is hulle spesialiteit om bobbejane te beheer.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 20, 2015 7:13 am
by Baasvark
Ek het nog nooit bob se kind geskiet nie - so is nie 'n kenner nie.
Maar ek weet hulle het besonderse goeie sig. Die manne wat al geskiet het is geneig om te se skiet die brandwag of leier maar eerste uit.
Soos ek al op tv gesien het is daar gewoontlik 1 alpha mannetjie en dan so 2 of 3 senior mannetjies. Ek sal dink dat hulle moet eerste waai. Hulle regeer en beskerm die trop.
Mens moet dalk net 2 of 3 keer gaan en kyk waar is die brandwag se verskillende uitkyk punte. Dan kan jy beter beplan.
Wel, dis hoe ek dit sou aanpak.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 20, 2015 9:35 am
by Willie
Lyk my die manne rig ook maar nie baie uit met 'n skietery nie. Bob is net te slim.
Vang hokke werk baie beter maar dan moet jy hulle eers "leer" en so veel moontlik op 'n slag vang voor hulle besef dat die hok gevaar in hou.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Wed Jan 21, 2015 8:01 am
by iceman1982
Dawie,
Laat weet as julle nie reg kom nie> Het n goeie bewysde metode vir groot nommers afhaal.
Mooiloop,
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Wed Jan 21, 2015 9:51 am
by dawiec
manne baie dankie. Ry volgende naweek deur en sal laat weet wat was die sukses rate! Na aanleiding van al die raad en gesprekke blyk dit my bobbejaan skiet is nie maklik nie maar dat dit lekker pret gaan wees is verseker.
Mooi loop!
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 4:29 pm
by fanie.myburgh
DawieC, ek wil nie hijack nie maar ek sit my dieselfde probleem, hulle los nie my appels en die shiraz uit nie.
Ek het toestemming en die permit gekry om hulle teskiet (2 per dag), maar ons Groen mannetjie op die plaas se ek mag nie die groot Alfa mannetjie skiet nie, want dan teel die klein mannetjie vinnger, hy se ek moet eerder wyfies en klein mannetjies skiet. Maar ons almal is seker geneig om die grootste mannetjie teskiet as ons die kans kry. Het sy stelling enige waarde aan of moet ek maar fokus op die wyfies en kleinkies?
Hy se ook verder 'n goeie getal vir die troppe is +- 30bobojane, wel ek het nou die dag in die een trop by 55 ophou tel. Daar is ook sover ek weet 2 troppe op die plaas.
Jammer as ek gehijack het, hoop nie jy gee om nie.
Groete
Fanie
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 4:33 pm
by dawiec
Fanie geen probleem!
Solank ons almal kan leer en effektief die bobbejane uit te dun dan skep ons mos 'n wen wen vir almal!
Mooiloop
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 4:35 pm
by PWV
Kom, Dawie, vertel hoe jou naweek met die bobbejane verloop het!
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 4:38 pm
by dawiec
Oom PWV ek ry mos eers Sondag na die plaas toe...Ek hou jul op hoogte!
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 5:03 pm
by JohanvB
Sal ook graag help...
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 5:05 pm
by Hein M.
Vang een of meer in die hok. Verf wit en laat vry. Sit terug en geniet die wedloop

Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 5:37 pm
by win270
Lyk my ons moet Colin en Leo van Hermanus parlement toe stuur. Sien Andries se kommentaar hierbo.

Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 6:08 pm
by BeesBreet
Wit verf werk nie, ek het dit al gedoen... was lekker om te aanskou darem
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 7:01 pm
by henning
dawiec wrote:My vriend het om hulp gevra om bietjie die kwaaddoeners op hul plek te sit wat sy druiwe verwoes-ja hul hou selfs van Shiraz....
Ek soek raad oor waar begin mens met jou taktiek om hul uit te oorlê.
Die plaas is geleë in die berge en die wingerd lê letterlik teen die hang van die berg.
Natuurbewaring het reeds permitte uitgereik om dinge wettig te hou. Nou ek het reeds dinge uitgekyk op 'n vorige besoek. daar is twee roetes waarvan hul hou teen die berg af oppad wingerd toe. albei is op die hoeke van die wingerd in teenoorgestelde rigting van mekaar. Die uitkyk van bo is perfek en is so 100m vanaf die wingerd. skuiling is ook genoeg om te verseker hul sien my nie...
My vraag is sit ek effens op teen die berg en wag hul in...geklee in my Ghillie suit...wag tot hul verby is en begin hul dan uithaal of sit onder by die wingerd en wag hul in?
Ek het gedink as ek bo sit en begin skiet(geweer het knaldemper op) kan ek dalk die situasie uitbuit en meer uithaal as hul verward is oor waar die skoot vandaan kom? ek is 100% seker hul sal terugvlug in die berg in en nie ondertoe vlug na waar die plaswerkers aan die werk is nie?
My volgende vraag is wie skiet jy eerste? ek al gehoor die manne praat van skiet die kleintjies eerste of skiet jy die leier eerste? Die bobjane is blykbaar so hans dat as jy skoot skiet op hulle is dit nie 2-3 ure nie en hulle is terug. Die trop is ook groot so die skade raak al hoe meer hoe langer mens wag...
Hoor graag van julle manne wat Bobjaan se kind al beter as ek ken?
Mooiloop
Dawie
Dawie, ek bly in n area waar die bobejane n moerse probleem is maar ons mag hulle hier nie skiet nie.
Wat ek wel vir jou kan se is, uit my ondervinding is dat, moet nie die alfa mannetjie skiet nie want hy ly die trop uit die verderf en uit die as dit moet.
So as jy hom skiet is die trop deurmekaar en vang alle stront aan.
Die alfa mannetjie sal die trop weglei van die gevaar as jy van die laer klas bobs geskiet het.
Dit is net soos n kind sonder ouers, hy het geen lyding of riglyne.
So jy kan enige iets in die trop skiet maar bly weg van die alfa mannetjie.
Groete
henning
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 7:02 pm
by henning
Fout
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Tue Jan 27, 2015 11:03 pm
by Cobus(Cobb)
Bou sommer dievolgende hok (iewers op forum glees lank terug)
Reghoekig en met draad/expanda gecover behalwe vir 1 kant, die kant word van 'n net gemaak met 'n "tonnel" wat oopgehou word deur 4 staal loops, tonnel lê binne die hok...
Binne in hok sit jou nou kos etc...en ape/bobbejane kan in en uit by die tonnel.
As hulle hom lekker gewoond is haal jy die erste loop uit, ape sal die tonnel nou effe plat vind maar nog deurloop...daar moet altyd kos etc in hok wees
Elke paar dae word nog 'n loop verwyder, en ape sal leer hulle kan nog ingaan al moet hulle nou die tonnel self "oopmaak"
Selfs al vat jy die laaste loop uit sal hulle nog in, maar dan is dit nie moomtlik om uit te kom nie, laai hok op sleepwa en loop moer innie dam....of skiet almal deur die expanda.
Cheers
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Wed Jan 28, 2015 8:57 pm
by fanie.myburgh
Naand manne.
Ek het die bobojane gereeld in die shiraz gekry, laas week 2 geskiet en ek kry hulle nou nie meer daar nie, dis asof hulle van die aardbol af verdwyn het. Ek het okt/nov dieselfde gesien, het 'n ander trop by my vroee pere gekry en ook 2 geskiet, toe is hulle weg tot ek die pere klaar gepluk het na die nuwe jaar, maar toe ek weer sien is hulle in my appels op n ander gedeelte van die plaas, weer daar op hulle geskiet 1 gekry, nou het ek vir 3weke nooit daai trop gesien nie. So lyk my hulle kry die boodskap dat hulle nie tussen die boorde moet wees nie. Ook net weer tot hulle seker honger genoeg raak en maar weer 'n kans vat, maar ek sal hulle wag...
Ek wou maar net my ervaring van die slim dier met julle deel, ek weet elke area en streek verskil seker en die bobojane se maniere ook..
groete
Fanie
ps, mens kan seker n ander draad begin om teluister by die manne wat baie jakkals en bobojane jag, wie van die twee is die slimste/skelmste...
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Jan 29, 2015 7:03 am
by win270
Fanie, hulle sal verseker weer terugkeer en dikwels op tye wat jy dit die minste verwag. Hou jou geweer naby jou en maak net seker jy skiet nie in 'n onveilige rigting wanneer jy dan wel op hulle afkom nie.
Kees is uiters slim en sy sig is BAIE goed. Vinnig skiet en netjies bekruip of voorsit is van die vaardighede wat die jagter nog skerper maak in die proses. Jy sal dit alles weer in die jagveld ook kan benut. Roer daardie kese.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Jan 29, 2015 9:44 am
by fanie.myburgh
win 270, Hulle kom gewoontlik terug maar nooit by dieselfde boorde as die waar ek hulle geskiet het nie. Ek kan ongelukig nie elke dag heeldag my geweer saam ry nie, maar na werk en naweke ry ek maar my rondtes, hulle het my al verras dat ek testadig was om teskiet.
Ek skiet nooit as ek nie 'n stop agter het nie, (bome, grond of dam walle). Veiligheid moet altyd ingedagte gehou word wanneer jy skiet.
groete
Fanie
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Feb 05, 2015 11:21 am
by dawiec
More Manne
So bietjie terugvoering na my ekskursie berge toe om Mnr Bobjaan uit te oorlê!
Kan darem sê ek kon toe 8 bobbejane hemel toe stuur.
my oorspronklike plan om hul voor te sit het nie gematerialiseer nie want die Hermanus manne het die vorige week op die plaas langsaan bobbejane uitgeskiet en daar was geen trop naby die wingerd op die plaas te sien nie.
Omdat die plasswerkers die wingerd daagliks patrolleer en die bobbejane met klappers gooi as hul naby kom het ons toe besluit om radiokontak te hou met die werkers sodat hul ons net na 'n spesifieke zone kon roep indien hul die bobbejane sien.
soos gesê die troppe was skoonveld maar daar was nogsteeds so 5 rondloper mannetjies wat orals probeer inkom het oor die drade. Hul het so slim geraak dat as die werkers net oor die bult verdwyn op sy patrollie dan sal hy oorspring en sy kieste volstop en weer terugspring oor die draad en op 'n afstand gaan sit en wag. Sodoende het die proses hom bly herhaal...
Die mannetjies het gelukkig almal binne trefafstand gebly. die verste skoot was 453m en naaste was 110meter vanaf my stelling.
Dag een het ek net een kon skiet en dag 2 kon ek 7 uithaal.
vanaf dag twee het die bobbejane besef hier is moeilikheid en die broers raak minder en dus al hoe skelmer geraak en selfs verdwyn. Ek het toe my strategie verander en begin rondbeweeg te voertuig op die plaas. Hier was ek gelukkig en kon toe nog 2 rondlopers in die veld opspoor en uithaal en het ook selfs 'n trop van 60+ bobbejane op die plaasgrens gekry....hul was oppad in die wingerd se rigting...'n paar vinnige skote en 4 wat val en hul was skoonveld.
Dag 3 was ek weer voor sonop in die wingerd teen die berg en kon die asemrowende skoonheid van nog 'n sonsopkoms in die cederberge aanskou. Die stilte was oorverdowend en die gebruiklike bobbejaan krete uit die berg was net skoonveld. Twee ure later en nog geen besoekers aan die wingerd het my weer genoodsaak om die plaas te fynkam vir verdere bobbejaan lewe. Daar was nie 'n bobbejaan in sig of enigsins hoorbaar nie!!! teen 11uur se kant kon ek toe rapporteer dat die plaas bobbejaanvry is.....vir nou in elk geval
Met al die rondry en patrollies was daar net ongelukkig nooit tyd vir fotos saam met kees nie...ek het wel twee skedels gehou met die langste slagtande wat ek nog gesien het...ek skat hul so 5-7cm plus. sodra die skedels gedroog is sal ek die fotos van hul plaas.
Mooiloop!