Page 1 of 1

Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 3:53 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne!

Kan iemand my dalk se hoe waar is dit dat tarentale wurms het in die somer maande. My pa het my van kleins geleer mens skiet nie tarentale in die somer nie, want hulle het wurms. Ek het baie tarentale deur die jare nou al geskiet, maar nog nooit een in die somer geskiet en geslag om die miete self te bekyk nie. Weet julle dalk of dit waar is. En as dit waar is, watter maande presies dra hulle die wurms.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 3:56 pm
by musgrave270
My Pa het my dit ook al vertel. Oumense het geglo tarentale het wurms in die maande wat 'n "r" bevat. As jy daai som maak sal jy sien dis basies al die somer maande.

Groete
Ruan

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 4:01 pm
by GERT vd M
Die onderwerp is al bespreek maar hier is my mening. Somertyd is broei tyd . EK het al tarentale in die winter geskiet wat wurms het en in die somer wat nie wurms het nie. So ek dink nie dit is die volle waarheid nie. My oupa het gese ons moet nie varkmurg eet nie want dit maak jou mal, toe vind ek uit dat hy dit skelm eet as ouma klaar afgedek het
Groetnis
Gert

NS. Met broeityd loop hulle ook twee twee en nie in swerms nie. So met n haelgeweer wis jy n hele familie uit

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 5:17 pm
by Alwin
Dit mag dalk waar wees, maar waar sit die wurms? In die maag of ooral oor in die tarentaal se vleis? Onthou, tarentale vreet wurms.

Mense wat meer berdrewe is met die goed as ek, vertel my dat mens net die jong tarentale moet skiet, wat nog nie blou koppe het nie. (Hulle is nie heeljaar beskikbaar nie.) Dan slag jy die vel af, soos by 'n bok, voor jy gaarmaak. Smaak glo heerlik. Die ou bloukoppe is glo erg taai en onsmaaklik.

Enigiemand wat hierdie kan bevestig of weerlê?

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 5:22 pm
by tripodmvr
Tarentale het inwendige parasiete soos baie diere wat ons skiet vir biltong. Indien jy skoon werk met die vleis kan jy nie sommer besmet word nie en sommige parasiete is spesie gebonde.

Jong diere se vleis is oor die algemeen sagter as die van die ouer diere. Spiergewys moet 'n tarentaal egter kan hardloop en vlieg, so kan nie dink dat hulle veel sagter sal wees nie.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 5:44 pm
by Chris (vdB)
Dankie vir al julle andwoorde. Nou weet ek darem dit was nie n' wolhaar storie nie

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Jan 19, 2015 6:39 pm
by Leon Crous
Ja, ek is ook so geleer (deur pa-hulle).
Ek het ook al tarentale dwarsdeur die jaar geskiet en die wurm-storie is nie waar nie. Jy kry ook soms wurmpies in die winter en dan ook net soms in die somer.
As ek my beskeie opinie kan lig, was dit die oumense se manier van "bewaring".
Dit het verseker dat die tarentale nie dwarsdeur die jaar gejag word nie, en ook dan spesifiek in paartyd rustig kan voortplant!
Dink maar hier aan die tradisionele jagseisoen - Mei,Junie,Julie,Augustus.
Dus was 4 maande se jag 'toegelaat' en dan 8 maande vir die spesie om voortbestaan/voortplanting te verseker.
Groete,
Leon.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Thu Feb 12, 2015 8:42 pm
by Basie2
Leon, jy slaan die spyker op sy kop! Die 'groot mense' wil bewaring en nie uitwissing, by ons kweek. Wanneer jou pa 50jr jou senior is vra jou nie maklik 'hoekom' nie! ( nie joune, maar myne)

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:10 pm
by 243Songdaug
Lein jys heeltemal reg. Die "nie jag in maande met 'n R" het te doen met hul broeityd en het dus te make met bewaring.

Die wurm storie is ma net om die mense af te sit.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:11 pm
by Johan Nel
Manne,
Daardie wurm vraag het my al 'n paar jaar gelede gepla. In my gemoed moes dit iets in hulle vleis wees, wat dit potensieel gevaarlik maak om te eet en dan self besmet te raak. Ek het toe bietjie by die Veeartse in ons omgewing gaan navraag doen, spesifiek by die KNP manne. Die antwoord was heel logies toe ek dit eers hoor. Die wurms wat by tarentale teenwoordig is, is ingewandswurms presies soos wat mens by skape, beeste en ander diere en selfs mense kry. Dis nie gevaarlik nie in die sin dat die wurms 'n mens nie outomaties kan besmet raak tensy jy die ingewande rou eet nie. Die normale praktyk om die voël te slag en met water af te spoel behoort van enige wurms ontslae te raak. Volgens die veeartse is die wurms winter en somer teenwoordig, maar meer prominent in die somer agv hulle gewoonte om insekte te vreet wat self met van die wurms besmet is. Dus, dis nie in die vleis nie, dis in die ingewande en die tarentale is eetbaar somer en winter.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:45 am
by NetEk
Maar is daar ook nie so 'n storie met snoek ook nie? Dat hulle meellerig is nie.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:58 am
by Louis Kriel
Snoek het soms ook wurms maar dis nie die einde vd wereld nie. Dit lyk soos deurskeinende drade wat deur die vleis loop. Ons eet maar om dit! Is nie skakedlik nie.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Sun Feb 15, 2015 5:21 am
by henning
NetEk wrote:Maar is daar ook nie so 'n storie met snoek ook nie? Dat hulle meellerig is nie.
Vleis is net meellerig as die vis nie behoorlik uit gebloei het nie..

Groete
Henning

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Mon Feb 16, 2015 2:58 pm
by NetEk
henning wrote:
NetEk wrote:Maar is daar ook nie so 'n storie met snoek ook nie? Dat hulle meellerig is nie.
Vleis is net meellerig as die vis nie behoorlik uit gebloei het nie..

Groete
Henning
Dankie nie veel wat ek daaromtrend kan doen as die vis uit die boks kom nie ::) Sal maar moet Kaap toe gaan om te proe hoe snoek proe wat vars is.

Re: Tarentale - wurms in die somer maande?

Posted: Sat Jan 09, 2016 8:42 pm
by Williebees
Ek het al tarentale in die somer geskiet en self geslag.
In die somer is daar lintwurms in die buikholte van die tarentaal. Nie IN die derms nie, TUSSEN die derms!
Dit lyk soos miniatuurweergawe van die vark of beeslintwurm. Bestaan uit plat segmente so 4 x 4 mm blokkies. Die hele wurm is seker so 200 mm lank. Aan die een einde is daar 'n kop of seker 'n scolex.

Grillerig, al is die parasiet waarskynlik spesiespesifiek, en nie gevaarlik vir mense nie.
Goed gaarmaak sal sorg vir dubbele veiligheid. Jag hulle net in die maande sonder R'e, dan verdriedubbel die veiligheid.!
Ek glo die parasiet is in die winter waarskynlik teenwoordig in 'n minder sigbare vorm.