Page 1 of 1

IOR op die range

Posted: Sat Jan 17, 2015 3:30 pm
by Sangoma (IAN)
Ek het vandag my IOR vir die eerste keer baan toe gevat. Die scope het perfek getrack en het baie goeie beeld gegee.

Die model is die 4-28x56. Was baie beindruk met die scope.

Ek het hom langs n Nightforce NXS 8-32X56 gehad.
Altwee scopes was op 28x vergroting en was op 600m. Die mirage was mar rof gewees!!

Ek sal op n ander keer beter pics probeer neem

Re: IOR op die range

Posted: Sat Jan 17, 2015 4:13 pm
by Arnold
Watse reticle is die NXS en IOR?

Fotos vertel nie alles nie maar die mildot reticle se beeld lyk vir my effens beter?

Re: IOR op die range

Posted: Sat Jan 17, 2015 5:08 pm
by Sangoma (IAN)
Mil dot is die NF. Die mirage was so sleg so albei lyk mar dieselfde. IOR lyk dalk klein bietjie helderder. Die FOV is ook heelwat groter

Re: IOR op die range

Posted: Sat Jan 17, 2015 5:21 pm
by Arnold
Die werklike vergroting lyk nie dieselfde nie? Die teiken raam op die NXS lyk groter. Ek kan ook beter die wit lyne in die swart kol op die NXS sien.
Soos ek al gesĂȘ het is fotos nie die regte manier om te vergelyk nie en dit kan misleidend wees.

Re: IOR op die range

Posted: Sat Jan 17, 2015 5:27 pm
by Sangoma (IAN)
Stem 100% saam Arnold. Op n stadium het die son agter die wolke beweeg. Die mirage was weg en ons kon die gate in die teikens sien. Amazing watse verskil die mirage doen.
Dink die NXS kon op 32x gewees het.

Re: IOR op die range

Posted: Mon Jan 19, 2015 8:54 am
by AFRICAN LEADWOOD
Ja, dit is ook moeilik omdat die verstelling van die parallaks sentraal is tot die beeld en dit is vir 'n mens se eie oog gestel en nie noodwendig die kamera nie. Nietemin, beide lyk goed maar kyk hoeveel duideliker die bossies op die backstop met die IOR lyk. Dit laat my dink dat die fokus effens anders gestel was. Die kleure is vir my ook meer natuurlik.

Beide lyk wel vir my baie goed. By watter baan was julle Ian?

Re: IOR op die range

Posted: Mon Jan 19, 2015 10:26 am
by acssa
Wat prys die IOR?

Re: IOR op die range

Posted: Mon Jan 19, 2015 11:22 am
by Sangoma (IAN)
Piet Joubert naby Hammanskraal.

Ek stem saam met wat die manne hier bo gese het. Glad nie n baie akkurate toets gewees nie. Jy kan n pic van die een scope neem en dan n minuut later verander die mirage dan kry jy weer n heeltemal ander beeld. Sulke toetse moet mar eerder in n tonnel of ondergrondse baan gedoen word met presies dieselfde kondisies.

Die glas op die IOR is def beter as die NXS. Maar ook weer die IOR kos R10k meer, so glad nie appels met appels nie.

Die rede vir die post is mar net om julle van my ervaring met die IOR mee te deel. Sover baie positief en uitstekende scope.

Re: IOR op die range

Posted: Mon Feb 16, 2015 1:24 pm
by seekoegat
Wie verkoop IOR scopes in Suid Afrika?

Re: IOR op die range

Posted: Mon Feb 16, 2015 1:28 pm
by Geno
seekoegat wrote:Wie verkoop IOR scopes in Suid Afrika?
www.matoskatactical.co.za

Re: IOR op die range

Posted: Tue Feb 17, 2015 8:20 am
by seekoegat
Dankie