Jakkalse 'n probleem??!!
Posted: Sat Jan 17, 2015 4:19 am
Dagse aan al die forum lede en gaste
Eerstens wil ek verduidelik hoe ek op die ontdekking af gekom het...
Op Vrydag middag om 15:00 kry ek 'n uitnodiging om die die volgende dag te gaan springbokke skiet (sowat 600km van my af) en net daar word die uitnodiging aanvaar! Jag kom mos eerste! So word die werkswinkel bietjie vroeër as normaal gesluit en vroulief word in 'n oogwink in kennis gestel dat die tasse gepak moet word en dat die naweek so pas n jag naweek geword het. Om 18:00 is ons reisvaardig en durf die pad suidwaarts aan... Zeerust, Lichtenburg, Ottosdal, Wolmeransstad, Bloemhof, Hoopstad... Nou met mamma wat bul gevat het moet daar nou so elke 100km of wat eers gestop word om bietjie bene te rek en so draai ons so om +- 22:00 van Hoopstad af Bultfontein toe. So ongeveer 15 km uit Hoopstad uit gewaar ek toe iets....
Ja wragtig, 'n dooie jakkals plat in die pad (welgedaan dink ek by my self so terwyl mamma nou lê en 'oë rus'). Ek ry nog so in gedagte en daar sien ek 2 swerkaters se ogies vir my blink op die skouer van die pad, 'n reun en 'n teef. Nou ja soos die kilometers verby tik tot by Soutpan het ek, in daardie 50km, 3 getrapte jakkalse gesien, een ampertjies self getrap (hyt my ontglip) en nog 4 in die pad grense gesien.
Nou dis nou waar die vraag ontstaan.
Is daar 'n probleem met jakkalse in daardie omgewing of is dit nou net blote toeval dat die jakkalse nou maar bloot net padkos gesoek het??
Is daar manne op die forum wat dalk in daardie area boer of wat beter kennis het van die area of 'n verduideliking vir die opmerking het.
Ek moet tog ook net nog iets so terloops noem. In Zeerust, waar ek vandaan is, is 8 jakkalse in 50km 'n probleem van epidermise perporsies!!!!
Jagters groete
Jaco