Page 1 of 1
Tasco Pronghorn 3-9x32
Posted: Fri Jan 16, 2015 2:58 pm
by BennieO
Stel iemand belang om die teleskoop oor te neem. EK het hom tweedehands oorgeneem en nooit gebruik nie. Sy glas is regtig nie goed nie maar sal lekker werk op 'n .22LR wat net so nou en dan geskiet word.
PM my indien jy belangstel.
Bennie
Re: Tasco Pronghorn 3-9x32
Posted: Fri Jan 16, 2015 4:41 pm
by Sangoma (IAN)
Ha hA hA!!, Dis nou baie eerlik gestel "sy glas is regtig nie baie goed nie"
Re: Tasco Pronghorn 3-9x32
Posted: Fri Jan 16, 2015 6:57 pm
by douw
Hallo Bennie
Sal hy werk op 'n windbuks? Indien wel, sal ek hom graag neem.
Dankie Douw
Re: Tasco Pronghorn 3-9x32
Posted: Sat Jan 17, 2015 7:30 pm
by nomad
Hi
As dit nie gaan werk op 'n windbuks nie sal ek dit graag wil vat vir n ou enkel skoot .22 wat ek het. :-)
Groete
Re: Tasco Pronghorn 3-9x32
Posted: Mon Jan 19, 2015 7:02 am
by BennieO
Douw
Of hy sal werk weet ek nie. Jy was eerste in die ry, indien jy hom soek laat weet maar dan pos ek hom vir jou. PM my jou besonderhede.
Sangoma (IAN) wrote:Ha hA hA!!, Dis nou baie eerlik gestel "sy glas is regtig nie baie goed nie"
Ek kan mos nie oneerlik wees as ek 'n teleskoop vir so groot prys aanbied nie.
Bennie
Re: Tasco Pronghorn 3-9x32
Posted: Mon Jan 19, 2015 2:40 pm
by douw
Hallo Bennie
Stuur asb jou selnommer en adres. Ek kan hom sommer een of ander tyd by jou oplaai.
Groete
Douw
N.S Ek het vir jou 'n pm gestuur met my selnommer