Page 1 of 1
Is dit met almal so??
Posted: Sat Apr 09, 2011 4:57 pm
by Francois Briedenhann
My meisie se eks meer ini veld besig om jakkals te jag as wat ek by haar is.
Re: Is dit met almal so??
Posted: Sat Apr 09, 2011 8:00 pm
by roux cf

sy kan se dankie jy is in die veld en nie by n skelmpie nie

my vrou het vir my gery, voor die kinders, maar sy raak ook
maar moeilik as ek baie jag.
sterkte
charl
Re: Is dit met almal so??
Posted: Sat Apr 09, 2011 8:09 pm
by Pvdw
FB dis darm beter en goedkoper as om in die kroeg te sit en suip
Wat ek doen is om my vrou -in jou geval meisie- 'n dag/naweek te gee waar sy doen waarvoor sy lief is en dan hou ek die seuns onder haar voette uit en sy relax vir die dag. Kom my dag in die vald of langs Sterkfontein met die vliegstok is sy meer as tevrede/gewillig om my, my dag/naweek te gun. Werk beide kant toe ver my en vroulief
Peet
Re: Is dit met almal so??
Posted: Sat Apr 09, 2011 8:29 pm
by 222
Peet
Die "onder die voete uit" uithou kan vir 'n man nogal probleme veroorsaak as hulle (seun) ouer raak. Ek het my seun ook onder sy ma se voete uitgehou nou jag hy en ek moet ry

. Ek weet blykbaar nie altyd mooi wat ek doen nie

.
Die geluk is darem dat pa en seun saam uitkom en dat mens saam kan gesels oor diep dinge.
Het nou die dag vir my vrou gese (nadat ek weer niks kon regdoen nie) dat ek sweer dat toe Abraham vir Isak moes gaan offer het, Isak 13 jaar oud was

. Hulle weet mos alles op die ouderdom en jy kan hulle niks leer nie, net as iets verkeerd loop is daar so "maar hoekom het pappa my nie gese nie?"
Nee wat ek hou my ou seun en my meisiekind met die grootste plesier onder ma se voete uit. Dit is sommer haar aand alleen en ek en my kinders geniet die aand met sy sterre, sataliete en geluide met plesier alleen.
Re: Is dit met almal so??
Posted: Sun Apr 10, 2011 8:32 am
by Pvdw
222 dis mos nou 'n wenresep daai!! My seuns is nou 13 en 17. Hulle skiet en vis ook altyd saam met my maar soms gebeur dit dat ek op uitnodiging kan gaan vis of skiet. Dis dan net daar wat ek die gunsies van Ma se kant af moet inkry om my uit te help. Die res van die tyd is hulle aan my sy in die veld of op die water

Dis hoekom ek weet dis 'n wenresep.
Peet
Re: Is dit met almal so??
Posted: Sun Apr 10, 2011 10:24 am
by baboonstalker
FB, Ek het gedink jou probleem is veel erger jong! ek dog eers jy bedoel jou meise se ex (lees vorige boyfriend) maak jag op jou territory - nou daardie is 'n probleem
As jou meisie dink jy is liewer vir jag as vir haar- nee wat, bederf haar net elke keer as jy van die veld af terugkom en sy sal aanmoedig om te gaan jag. - geen probleem!

Re: Is dit met almal so??
Posted: Sun Apr 10, 2011 2:08 pm
by Francois Briedenhann
Hahaha dit klink na n plan baie dankie vir die raad. En ek kan ha nie saam vat nie want dan mag ek nie die woef skiet nie want hulle is tog te oulik....
Re: Is dit met almal so??
Posted: Sun Apr 10, 2011 7:30 pm
by Pvdw
Wys haar die foto's wat FM hier geplaas het van die skade wat jakke aanrig dan verander die oulikke woef vinnig
Peet
Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 9:12 am
by Geno
Ek het verlede jaar met vaaltyn dag my eks (dalk hoekom dit nou eks is) gevat om te gaan jag.
Sy't gelig, en ek het 'n bosvark geskiet......
Sy moet my vat met my jagtery, en ek sal haar vat met haar storietjies.
Groete,
Eugene
Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 9:43 am
by baboonstalker
Mooi man Geno, Ek is seker jy sal nie daardie een in 'n handboek sien nie! Het julle toe sommer daar langs die bosvark ge piekniek en bietjie romanties verkeer?
Ek hoor anderdag hulle s? op die radio dat 60% van vroue eerder sal slaap as om met hulle mans te kafoeffel, ek dink as hulle 'n opname maak onder die mans op die forum, dan is die vrouens almal alleen in die bed terwyl die mans in die veld is, 100%!
P
Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 9:49 am
by Geno
Bojaanbekruiper,
Het julle toe sommer daar langs die bosvark ge piekniek en bietjie romanties verkeer?
Nee mater, ek het haar 'n praktiese slagkursus gegee

Toe die vark in die koelkamer hang, was dit al goed na 11 uur die aand, toe raak ons darem moeranties!
Groete,
Eugene
Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 1:42 pm
by MJK
Wel Geno
As daar niks in die veld is nie sal ek darm maar moeilik hanne tuishou en eers wag tot na die jag....
My geliefde het maar die aftog geblaas, met 4 manne in die huis is sy maar soms net te dankbaar van ons is weg... behalwe as dit elke naweek raak en werkies staan stil by die huis.

Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 2:27 pm
by Ponkie
Francois
Jong eks maar 'n rapsie ouer as jy, is nou maar eers 20, maar ek en my ou meisietjie gaan nou al van st8 af uit. "n jaar se long distance survive en nous sy saam my hier op Stellenbosch. My Pa het vir my gese as jy die regte een vind moet jy vir haar vashou! haha! Sy het ook in die begin nukkerig geraak as sy vir my kom kuier en eks knaend saans uit om te jag en deur die dag kom ek net huistoe om iets te eet! Sy het gou gou daarmee vrede gemaak, bederf haar maar net gereeld en gee net genoeg aandag! Ek het haar nou al gevat dat sy haar eerste bok skiet en was al 'n keer of wat saam uit om jakkals te jag. Sy sit en slaap gewoonlik net, maar sy like dit om die jakkals te sien inkom!
Mens kan nie altyd aandag gee nie, maar daar is maniere om bietjie te compensate. Sy ry saam my trekker en gaan gereeld saam veld toe, maar sy bly steeds 'n dame. Sy sal nou nie 'n dorperlam vang of bok se pens uithaal nie, sy wil maar net by wees en fotos neem.
Lekker jag ou maat!
Groetnis
POnkie
Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 7:54 pm
by Armand Steenkamp
Hahaha as n man n nooi kry wat van die plaas en van jag en daai goete hou dan kan jy maar vasmaak daar!
Veral as haar pa nog n plaas het! Maar nou ja hulle is mos maar skaars!!!
Re: Is dit met almal so??
Posted: Mon Apr 11, 2011 9:16 pm
by Francois Briedenhann
Julle is gelukig my girl wil nie eers op n gong skiet met m .22 nie sys te hardegat dink ek