Page 1 of 1
Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:26 am
by Chris (vdB)
Dag se
Kan julle manne my dalk raad gee watse teleskoop die beste gaan werk op n' Tikka T3 Hunter 300 Win Mag. Een wat die recoil sal kan hanteer en wat die regte eye relief sal het. En ook watse vergrootings die beste sal werk. Daar sal hoofsaaklik met die geweer op die vlaktes gejag word
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:40 am
by Skywalker
More Ratel wat is jou budget? Hou in gedagte ringe en mounts ook as jy iets ordentliks koop kan jy nie cheap ringe en mounts opsit nie.
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:48 am
by Chris (vdB)
More Skywalker, ek het so R15000 wat ek op n' teleskoop en mounts kan spandeur. Het jy dalk n' voorstel vir my. Ek het gedink aan n' Zeiss Conquest teleskoop, maar ek het nog nie by die winkels uitgekom om pryse te kyk nie. Wil eers hoor wat my beste opsie vir daardie bedrag sal wees
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:49 am
by Boesman10
Die .300 WM is gemaak om bietjie voete te rek en ver uit te reik. Die teleskoop moet dus lekker vergrooting he en ek sal minimum 20x vergroting voorstel. Dan wil jy ook lekker groot hoeveelheid lig in he so die x50 opening is minimum. Op my .300WM het ek 'n 6-24x50 Nikon Monarch teleskoop wat lekker afmik punte het en ek is baie gelukkig met die kombinasie.
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 7:57 am
by Katefbessie
Zeiss HD5 5-25x50 of Night Force SHV
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 8:02 am
by Frikkie die Rot
Zeiss HD5 5-25X50
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 8:20 am
by Chris (vdB)
Baie dankie vir julle goeie raad, ek waardeur dit baie
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 8:42 am
by joe rocket
Die zeiss is die beste koop op hierdie stadium,goeie waarde. Safari mag dit nog op special he vir R12500. Koop hom jy gan nie spyt wees nie. Baie goeie glas. Bestel sommer vir jou n night force sunshade hulle pas op die zeiss.
Groete
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 9:51 am
by SNIPER
Hi Brandewyn Ratel.
Ek het n Nightforce SHV op my 338WM en hy loop soos stoop.
Baie waar wat Skywalker se moet nie af skeep met goedkoop
Ringe en mounts nie want dit is waar alles begin.
Het vir jou PM gestuur.
Groete
Sniper
0724127062
Ultimate Varminting
provarminthunter@gmail.com
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 11:14 am
by Skywalker
Goeie voorstelle wat die manne gee Ratel, jy sal nie verkeerd gaan met n NF of n Zeiss nie.... Koop sommer van die begin af vir jou n 20moa rail as jy die scope en geweer se bene wil rek
Re: Beste teleskoop vir Tikka T3 Hunter 300 Win Mag
Posted: Fri Jan 16, 2015 11:41 am
by Boomstomp
joe rocket wrote:... Bestel sommer vir jou n night force sunshade hulle pas op die zeiss.
Groete
is jy seker hieroor?
Ek soek graag 'n sunshade, en die Zeiss ene is net in Amerika beskikbaar. Met ITAR geen manier om dit hier te kry nie.
Presies watse sunshade van NF sal op die HD5 50mm pas?
EDIT: jammer vir die effense hi-jack!
Terug op onderwerp:
Ekt ook 'n Zeiss HD5 5-25x50, en is baie gelukkig daarmee!