Oortuigende bemarking / Convincing marketing -
Posted: Sat Apr 09, 2011 12:16 pm
Ek blaai deur net een bekende jagtydskrif se jongste uitgawe en nie minder as NEGE verskillende tipes teleskope word op volblad en halfblad advertensies aangebied.
Dit sonder om elke tweede wapenhandelaar se advertensie, wat ook teleskope te koop aanbied, nie eers in berekening te neem nie.
Almal is gemik op die jagter, let wel, nie die skyf- en kompetisieskiet manne waar dit wel van baie groot belang is nie.
Ek is geensins anti-teleskoop nie, nee, ek het ook een op elkeen van my jaggewere. Redelike doodgewone goed wat my nie 'n arm en 'n been gekos het nie (duurste een was R 4 500 en ook van redelik onbekende fabrikaat), maar my nogtans toelaat om klokslag een-skoot doodskote te skiet, wat andersins dalk nie moontlik sou gewees het nie.
Punt is net, ek voel oortuig daarvan dat jagters hier redelik heftig om die bos gelei word om hulle swaar verdiende geldjies in duur optiese wonderwerke te bel?.
Natuurlik is daar ook die waarde van aansien wat ter sprake kom met die spogstuk wat op manne se jaggewere pryk. Nou nie dat dit enigsins bydra tot die sukses van die jag nie, maar nouja, dit maar daar gelaat!
D?t terwyl daar dalk baie meer aandag aan skootplasing, kennis van spesifieke koe?l trajek en selfs veld- en dierekennis gegee moet word deur jagters om w?l meer sukses te behaal in hulle jagte.
Hierdie my eenvoudige siening en hardop wonder oor die aspek van die jagter se w?reld.
Enigiemand wat met my saamstem of verskil is welkom om hulle mening hieroor uit te spreek.
Groete,
Koos.