Page 1 of 1

Lok van trek wild

Posted: Thu Jan 15, 2015 11:21 am
by Willie
Het julle enige raad om trek wild (koedoes, gemsbokke en elande) bietjie te oorreed om langer in my eie veld te bly ?

Re: Lok van trek wild

Posted: Thu Jan 15, 2015 11:38 am
by SNIPER
Hi Willie

Hier by my sit ek gewoonlik groen voer uit en die koedoes is mal oor bietjie lemoene.

Groete

Sniper
0724127062
Ultimate Varminting
provarminthunter@gmail.com

Re: Lok van trek wild

Posted: Thu Jan 15, 2015 11:57 am
by GERT vd M
Gedroogde lusern wat jy natmaak
groetnis
Gert

Re: Lok van trek wild

Posted: Wed Jan 21, 2015 1:30 pm
by Willie
Dankie manne vir die voostelle. Ek het reeds 'n lappie lusern so dit sal darem seker die ding doen ;D
Moet nou maar net geduldig wat dat die natuur sy gang gaan :police:

Re: Lok van trek wild

Posted: Wed Jan 21, 2015 3:19 pm
by NetEk
En maak maar seker daai krippe het water in.

Re: Lok van trek wild

Posted: Fri Mar 06, 2015 1:08 pm
by StadBobejaan
Willie

Skree ma as jy hulle mak genoeg het, sodat ons manne hulle weer kan wille trekwild maak met die skote.

Re: Lok van trek wild

Posted: Fri Mar 06, 2015 1:25 pm
by Viking
Ek weet van 'n boer in die Murraysburg omgewing wat glad nie kudukoeie laat skiet nie. Hulle loop heeljaar naby die plaas opstal en daar is ook kalwers by.

Sy teorie is dat die koeie die bulle inlok na die plaas toe - die word dan op jag gemaak!

Re: Lok van trek wild

Posted: Fri Mar 06, 2015 2:20 pm
by Hugo
Lemoene en kool. Die reuk help, anders probeer Epol se game cubes, werk ook om diere te lok. Net effe duur.