Page 1 of 1
Nuwe lid
Posted: Wed Jan 14, 2015 4:04 pm
by Henrie_270
Hallo aan al die forumlede. My naam is Henrie en ek is 15 jaar oud. My pa boer hier in die Laingsburg distrik met skaap en bok. Ek is baie lief vir jag en skiet. Daar is vir my niks lekkerder as om te sien hoe n jak omdop nie. Groete aan almal!

Re: Nuwe lid
Posted: Wed Jan 14, 2015 4:43 pm
by alecjohnson
Welkom jonge jagter, lees en leer lekker, en deel bitjie jagstories en vertel ons van jou gewere!
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Jan 14, 2015 5:12 pm
by .223 JAGTER
Baie welkom Henrie neem aan jy skiet met 270 geniet die forum
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Jan 14, 2015 8:07 pm
by Plaashaas
Welkom Henrie. Hier is `n klomp manne van jou ouderdom op die forum. Gesels maar lekker saam en vra maar vrae, hier is `n klomp slim manne wat graag mens help.
Re: Nuwe lid
Posted: Wed Jan 14, 2015 8:38 pm
by KalahariKlong
Baie welkom, geniet dit en gesels saam.
Re: Nuwe lid
Posted: Thu Jan 15, 2015 9:33 am
by Boesman10
Welkom op die forum Henrie. Is jou pa se naam dalk Henk?
Re: Nuwe lid
Posted: Thu Jan 15, 2015 9:38 am
by tripodmvr
Welkom jong man. Dewie en Blouvalkie is deel van die jongspan hier by ons. Sit fotos vir ons op van die plaas - wil graag sien hoe lyk die wereld.
Re: Nuwe lid
Posted: Thu Jan 15, 2015 11:45 am
by Henrie_270
Dankie aan almal vir die warm verwelkoming!
@223 Jagter
Ja, oom ek skiet met n 270 en jakkies met n 243.
Oom Driepoot ek sal n paar fotos opsit as n tydjie kry.
@ Boesman 10
Nee oom, my pa se naam is Ferdie (Koupjak op die forum). Ek dink oom praat van oom Henk Steyn.
Groete
Re: Nuwe lid
Posted: Mon Jan 19, 2015 12:10 pm
by jamalley
Welkom jong man.