Page 1 of 1
Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Mon Jan 12, 2015 10:01 pm
by Trommel
Ek sit met n probleem. Van by die 40 dragtige rooibok ooie het ek nie een lam nie. Het die lammers gesien as hy paar ure oud is maar nie weer nie. Kry geen dooie diere nie ook nie reuke nie. Het wel jakkals gesien een keer op die kamp. Kan n jakkals so baie rooibok lammers eet in 3 weke?
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Mon Jan 12, 2015 10:20 pm
by tripodmvr
Rooiboklammers bly in 'n creche amper soos springbokke. Miskien kruip hulle nog tesame weg. Indien nie het jy ernstige jak en ander ongedierte probleem.
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 7:37 am
by Smirre
Trommel,
Hoeveel jakkalse/rooikatte het julle daar laasjaar geskiet?
SMirre
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 7:49 am
by Finfan
Eina dit klink na kwaai skade, maar kan nie dink dat hulle net so spoorloos kan verdwyn sonder tekens nie. As dit predatore/ongediertes is wat die probleem was moet daar tog beendere, karakste of spore agtergelaat word. Ek hoop maar hulle bondel iewers saam en maak binnekort hul verskyning. Sterkte
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 8:10 am
by Geno
Daar rondom Nylstroom is baie kolkatte, bobbejane, rooikatte en jakkalse.
Ek reken hulle het 'n duik in jou lammers gevreet. Ons sien dit by baie kliente waar ons ongediertes jag.
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 9:32 am
by Hugo
tripodmvr wrote:Rooiboklammers bly in 'n creche amper soos springbokke. Miskien kruip hulle nog tesame weg. Indien nie het jy ernstige jak en ander ongedierte probleem.
Rooibok lammers loop wel in n creche maar nog nooit gevind dat hul enigsins weg gesteek word nie, hul loop van dag 1 af saam die trop.
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 9:43 am
by James Wilson
Rooiboklammers, is baie kwesbaar vir predasie. As jy teelgate op jou plaas het, ondersoek dit en kyk of jy beentjies daar sien lĂȘ.as jy n karkas kry van enige soort, sit dadelik n trailcam op en kyk wat kom vreet. Ek vermoed jou probleem is predasie
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 12:12 pm
by Finfan
Vriend van my het laasweek n swart rooiboklam verloor deur tannie rooikat.
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 9:37 pm
by MichielC
Hugo wrote:tripodmvr wrote:Rooiboklammers bly in 'n creche amper soos springbokke. Miskien kruip hulle nog tesame weg. Indien nie het jy ernstige jak en ander ongedierte probleem.
Rooibok lammers loop wel in n creche maar nog nooit gevind dat hul enigsins weg gesteek word nie, hul loop van dag 1 af saam die trop.
Naand manne,
1stens is ek geen kenner nie, en praat net van 2 ondervindings.
Ons gaan elke jaar December nou al vir n paar jaar bos toe.
Ek het al 2keer op rooibokkie's afgekom ( dag was n hele paar jaar gelede, en die een in die nag was nou 1ste naweek in Desember) alleen in die veld le. Een keer in die dag en een keer in die nag.
Volgens die mense op die plaas ( boer en gidse) word die jong rooibokkies so weg gesteek.
Net n waarneming.
Groete,
Michiel
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 9:52 pm
by Trommel
Naand manne,
Ek het die bokkies gesien toe hulle gebore is begin Desember. Ek het hulle vorige jare ook in die veld alleen gekry waar hulle weg gesteek is maar dit was gewoonlik in die eerste paar uur na hulle gebore is. Ek het hulle vorige jare ook in die creche gesien, maar die jaar niks, zolts!
Wat ek wel gekry het was op 4 geleenthede gate wat in die kamp se draad gesny is. Ek vermoed diefstal, hoe sal ek nog uitvind maar het eintlik net die twyfel of n jakkals alles kan opeet uit die weg probeer kry. Gaan more die polisie sien.
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 9:55 pm
by Cornelius
Michiel +1 want ek het daai twee gesien wat jy het
Maar ek reken hier mag dalk roofdiere ook betrokke wees. 40 is baie
Trommel jy dalk vreemde spore gekry van ander mense of voertuie?
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Tue Jan 13, 2015 10:05 pm
by Kingy
Klink my hulle loop op n ander plaas. Veral as daar geen bene of bewyse is dat hulle geeet is nie....
Re: Hoeveel rooibok lammers!
Posted: Wed Jan 14, 2015 9:21 am
by SNIPER
Hi Trommel.
Ek het in November laas jaar op nuwe plaas net buite Nylstroom gaan skiet waar boer vorige 4 jaar geen Rooibok of blesbok kon groot kry nie.
Ek het in 2 nagte presies 2 weke uit mekaar 16 groot jakke en n rooikat geskiet op selfde plaas so as daai jakkalse en kat elk net 2 x lammers moes vang is jy klaar op 34 in 14 dae.
Ek het ook op een plaas waar n boer uit onkunde die neste laat oop grou het 7 klein bokkie skedels gekry en n hoop bene.
So moet nie verbaas wees as dit die rede is hoekom jy geen bene ens kry nie.
Hier is ongelooflik baie jakkalse en glo my hulle maak baie skade.
My voorstel is sit n trail cam op om vas te stel wat en wie loop
daar by jou.
Het jy al self daar by jou geskiet en wat se sukses het jy gehad.
Laat weet of jy reg kom ek help graag.
Groete
Sniper
0724127062
Ultimate Varminting
provarminthunter@gmail.com