Page 1 of 1

Data vir 6mm musgrave

Posted: Mon Jan 12, 2015 9:17 pm
by ruaanb
1:10 twist 24 duim loop
S365 lot 78
Hornady interlock spbt 100gr
Pmp doppe 1 keer ge vuur as fabriek ammo
Cci 200 primers

Wat sal n goeie begin lading en max lading wees. Sal 1ste keer wees wat ek vir hom laai so dit is al info wat ek nou het.

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Mon Jan 12, 2015 9:24 pm
by tripodmvr
Begin by 34gr S365 en moet nie 2900vps (38gr) oorskry as jy 'n Lee aksie het nie.

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Mon Jan 12, 2015 9:41 pm
by ruaanb
Dankie oom ek maak so is reeds n 1903 lee Enfield aksie

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Mon Jan 12, 2015 9:43 pm
by tripodmvr
Maak dan liefs seker jy gebruik 'n chrony om spoed te kry - dit sal die druk beter wys as lading.

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Tue Jan 13, 2015 6:16 am
by ruaanb
Ek sal so maak sal paar op min laai en dan gaan skiet oor die Chrony sodra ek kans kry

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Tue Jan 13, 2015 11:28 am
by Jean Marais
Jy sal dalk ook na die topic wil gaan kyk: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=10386
Hoop nie jy't sulke moeilikheid nie, maar vir ingeval, heg ook die resep om dit reg te stel vir jou hierby aan.

Groete

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Tue Jan 13, 2015 11:30 am
by ruaanb
Dankie Jean , ek lees en sal dophou of ek daai probleem het.

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Tue Jan 13, 2015 11:34 am
by ruaanb
Ek moet byvoeg nog nooit het 'n dop gekraak of geseperate met die gewone PMP rak ammo nie en na Oom Ginger van Zyl hom so paar jaar terug onder hande gehad het is hy nogal akkuraat vir die kaliber met die rak ammo. Ek sal hom egter mooi dop hou en kyk of daar wel 'n probleem is. Ek slyp solank my herlaai tande op hom tot die kort 300 se lisensie goedgekeur is!

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Tue Jan 13, 2015 1:28 pm
by Jean Marais
Jou probleem sal nie sommer wys met rakammo nie. Dit kom gewoonlik as jy herlaai wat die kopspasie sy moeilikheid begin wys. Ek hoop joune is ok.

Re: Data vir 6mm musgrave

Posted: Tue Jan 13, 2015 1:50 pm
by ruaanb
Ek hoop ook so sal maar sien of hy vir my tande gaan wys of nie.