Page 1 of 2

Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 3:21 pm
by Benji93
Hi manne

Ek het warne quick detach mounts op my M12.

Elke keer as ek hom afhaal en terugsit dan is die geweer nie gezero waar hy laas geskiet het nie.

Dan moet ek hom weer instel

Is daar iemand wat dit ook al mee gebeur het?

Of mis ek iets?

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 3:23 pm
by savage(P Coetzer)
Ek het nou wel nie warne se mounts nie maar leupold op my 223 en het hom al n paar keer opgesit en weer afgehaal en elke keer is hy binne n duim van zero gewees. Baie keer binne n half duim.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 3:29 pm
by Benji93
Hi, nee by my skiet hy so 4 duim laer as waar dit moet wees voor ek scope afgehaal het

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 4:16 pm
by RudolphP
Dalk was dit net 'n swak skoot mnr benis... [SMILING FACE WITH OPEN MOUTH AND COLD SWEAT]

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 4:32 pm
by Smitstertjies
Sal graag wil hoor wat se die manne hier. Ek is lus om QD mounts op die 416 te gooi.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 4:58 pm
by DWB
Ek het dit op 3 verskillende roere gehad, het nooit probleme gehad nie

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 4:59 pm
by DWB
Dalk moet jy hulle "lap"

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 6:01 pm
by Hein22
Ek het myne al gekiet afgehaal en weer geskiet met geen verandering in poi nie. Onthou as jy hom opsit elke keer tot voor teen die "recoil lugs" te druk voor jy hom vas draai. Die probleem lê dalk nie by die ringe nie maar by die bases. Watse bases gebruik jy?

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 6:25 pm
by Benji93
Hi

Ek gebrui Warne se basisse vir Mauser m12, nie presies seker vam detail nie

Sal hom afhaal en druk teen recoil lugs en maar sien.

Dit was baie weird. So sal maar check

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 6:30 pm
by RudolphP
Laat weet maar wanneer dan gan skiet ons weer!

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 6:34 pm
by Benji93
Klink reg Ruda! Gebruik net jou ander batch kruit

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 8:14 pm
by acssa
Warne is junk!!!!! Baie gesukkel en als is dadelik reg na ek Leupold op gesit het. n Scope moet van bo na onder in die ringe vas trek!
my 2c....

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sat Jan 10, 2015 9:06 pm
by Cornelius
Manne ek het Warne QD op CZ 375 al paar keer scope afgehaal en dan weer op gesit dan slaan hy nogsteeds die bull. Geen probleme met dit.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 8:42 am
by Gawie(13mm)
acssa wrote:Warne is junk!!!!! Baie gesukkel en als is dadelik reg na ek Leupold op gesit het. n Scope moet van bo na onder in die ringe vas trek!
my 2c....
Dagsê.

Het jy Warne QD monteerstukke gebruik?
Wat bedoel jy met "moet van bo na onder vastrek"

Ek stel baie belang in die onderwerp en sal graag meer inligting wil bekom.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 8:50 am
by Nickvn
Ek het twee stelle EAW en moet se dat hulle baie goed werk. Ek het al baie hulle afgehaal veral op die 9,3. Elke keer weer 100%. Ek het een keer gehad waar die scope beweeg het in die ringe en toe kon ek nie die mounts afhaal nie. Ek moes die ringe los maak, maar dit was my skuld en niks te doen met die ringe nie.

EAW is duur maar baie goed.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 8:56 am
by Pappabeer
acssa wrote:Warne is junk!!!!! Baie gesukkel en als is dadelik reg na ek Leupold op gesit het. n Scope moet van bo na onder in die ringe vas trek!
my 2c....

Jy moet stadig met die groen goed wat jy rook... Jy gaan jouself begin glo.

Ek het ook net goeie resultate met Warne ringe gehad, ek sal graag wil verneem hoe jy te werk gegaan het om joune te monteer?

Pilot error is 'n lelike ding. Het jy nie ook op n stadium gedink die Zeiss HD5 is gemors oor jy nie geweet het hoe die zero stop funksie werk nie?

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:02 am
by Gawie(13mm)
Dewald moet asb. nou nie die man beskuldig van dinge wat jy dalk tweedehands verneem het en nie met bewyse kan staaf nie. Hy is duidelik 'n kenner op die gebied van optiese stelsels en alle hegtings metodes van gesegde stelsels. Hier is heelwat manne wat met belangstelling die draad dophou vir die juwele wat ons hier gaan ontgun. Kennis is mag.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:09 am
by alecjohnson
Ek het warne QD op my CZ550 gehad en hulle het mooi op zero gehou met afhaal, maar hulle kon ek glad nie op 100m zero nie hardloop uit verstelling. Soek met 'n seer hart QD ringe wat sal werk, maar kan net nie EAW bekostig nie.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:19 am
by tripodmvr
alecjohnson wrote:Ek het warne QD op my CZ550 gehad en hulle het mooi op zero gehou met afhaal, maar hulle kon ek glad nie op 100m zero nie hardloop uit verstelling. Soek met 'n seer hart QD ringe wat sal werk, maar kan net nie EAW bekostig nie.
Klink soos blokke wat verkeerd om opgesit is.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:22 am
by Pappabeer
alecjohnson wrote:Ek het warne QD op my CZ550 gehad en hulle het mooi op zero gehou met afhaal, maar hulle kon ek glad nie op 100m zero nie hardloop uit verstelling. Soek met 'n seer hart QD ringe wat sal werk, maar kan net nie EAW bekostig nie.
Jy kan na Talley ook kyk, maar as jy n 50mm objektief het gaan jy dalk sukkel met hoogte.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:47 am
by Arnold
tripodmvr wrote:
alecjohnson wrote:Ek het warne QD op my CZ550 gehad en hulle het mooi op zero gehou met afhaal, maar hulle kon ek glad nie op 100m zero nie hardloop uit verstelling. Soek met 'n seer hart QD ringe wat sal werk, maar kan net nie EAW bekostig nie.
Klink soos blokke wat verkeerd om opgesit is.
Die CZ550 se Warne ringe pas net op een manier.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 9:50 am
by alecjohnson
Oom tripod, cz550 se ringe het 'n lug op die agter ring en kan nie verkeerdom opgesit word nie.

Ek sal bitjie kyk na tally

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 10:32 am
by Stefan764
Arnold wrote:
tripodmvr wrote:
alecjohnson wrote:Ek het warne QD op my CZ550 gehad en hulle het mooi op zero gehou met afhaal, maar hulle kon ek glad nie op 100m zero nie hardloop uit verstelling. Soek met 'n seer hart QD ringe wat sal werk, maar kan net nie EAW bekostig nie.
Klink soos blokke wat verkeerd om opgesit is.
Die CZ550 se Warne ringe pas net op een manier.
Korrek.

Moet ook nie die mounts die skuld gee as die teleskoop uit verstellings hardloop nie...

My QD sisteem op my 450 Rigby werk spot on, elke keer terug na zero, dis ook op n CZ550, hy kan net op een manier terug.

Die probleem wat jy het is soos wat Hein22 jou oor waarsku, die basisse. Daar is speling op die "weaver" tipe basisse, so hy sal sy POI skuif.

Iets soos CZ/BRNO of Ruger aksies kan daai ringe net een manier pas en hulle werk dan spot on.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 11:38 am
by DWB
My 9.3 met die Rem700 tipe basisse (CZ Battue) sit ook elke keer op presies dieselfde plek terug.

Re: Warne QD mounts werk nie

Posted: Sun Jan 11, 2015 11:47 am
by alecjohnson
]

Korrek.

Moet ook nie die mounts die skuld gee as die teleskoop uit verstellings hardloop nie...

My QD sisteem op my 450 Rigby werk spot on, elke keer terug na zero, dis ook op n CZ550, hy kan net op een manier terug.

Die probleem wat jy het is soos wat Hein22 jou oor waarsku, die basisse. Daar is speling op die "weaver" tipe basisse, so hy sal sy POI skuif.

Iets soos CZ/BRNO of Ruger aksies kan daai ringe net een manier pas en hulle werk dan spot on.[/quote]

Stefan ek kan nie sien hoe ek die scope kan blameer nie dis 'n vortex viper en het 59MOA elevasie. en sal graag wil instel op 250m want ek skiet met oopvesier nader as 150m, daarom wil ek ook QD ringe gebruik :(

tans het ek Thor ringe en basisse wat ek 'n no 10 bout ingesit het sodat ek maklik kan afhaal en opsit met 'n spanner, maar dit hou nie perfek zero nie, dus sal ek nie in die veld vir 'n vinnige ver skoot die teleskoop kan opsit nie.