Page 1 of 1
Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Jan 09, 2015 9:19 pm
by ROBBIE1
Dagse manne en dames.
Ek het n kontrak gekry om 300 zebras af te skiet in Marken omgewing. Ons gaan 50 per dag skiet een sessie per week, en is ek nou op soek na n 8ton koel trok.
As daar dalk iemand is wat so iets het, kontak my asb dringend, ek huur eerder by n mede forum lid een as by imperial. Ek moet by maandag finaliseer en dinsdag die trok kan gaan haal, ons skiet woensdag die eerste lot.
My sel no is 0822978380.
Groetnis.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Jan 09, 2015 9:22 pm
by Baasvark
Robbie ek teyfel sterk of jy 50 zebras gaan in pas in 'n 8t koeltrok....

Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Jan 09, 2015 9:23 pm
by Baasvark
Skuus, twyfel!
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Jan 09, 2015 9:30 pm
by ROBBIE1
Ek dink ons behoort, ek sit 40 Swbte in n 5 tonner met 3 rails. Gewig sal hulle pas teen 150kg gemiddeld is dit 7500kg. Ek sal vir veiligheid maar die groot trailer ook saamvat.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Jan 09, 2015 9:36 pm
by MichielC
Oom Robbie, n koeltrok het ek nie, maar wel n geweer & ammo, en skiet so van tyd tot tyd raak ook nog
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Jan 09, 2015 10:11 pm
by ROBBIE1
Daas hy Michiel, kan jy uit n heli skiet?
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Jan 10, 2015 5:36 am
by sako 30-06
Robbie,wat doen julle met al die Zebra vleis?
Ek hoop nie jy meng dit in my wildwors in die jaar nie

Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Jan 10, 2015 8:11 am
by ROBBIE1
Nee die karkasse gaan net so na n ander ou toe, hyt erens n kontrak wat hy dit vir game stew lewer.
Ek moet jou, die lekkerste sagste vleis wat ek jog geeet het is zebra, dis maar net die perd stigma wat dit snaaks maak om dit te eet, maar ek kap hom, mens sal sweer eks n fransman...........
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Jan 10, 2015 12:14 pm
by MichielC
Hi Robbie,
Dit nog nie gedoen nie,
Ons sien weer sodra die seisoen afskop.
Sterkte, hoop jy kom gou reg met n trok.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Jan 10, 2015 3:39 pm
by Baasvark
Ons kry net net 80 varke van so 90 kg in ons trok.
Ek sou gedink het 'n vark is meer kompak met 'n hoeer vleis tot been verhouding....
Maar as jy 40 swb kan in pas dan is die kanse daar dat jy dalk 50 sebras kan pas....
Gewoonlik is die hangplek meer van 'n probleem as die werklike gewig.
Sterkte!
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Jan 10, 2015 8:26 pm
by Geno
Oom Robbie.
Ons kry 30 zebras in 'n 8t trok.
O ja. 50 per dag is optimisties om te skiet en slag ook. Werk op 30 vir gemak.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sun Jan 11, 2015 11:59 am
by ROBBIE1
Dankie vir die inligting manne, dis ook die eerste keer dat ek so hoop zebs moet afhaal. Gelukkig bring Big Buck hulle span slagters, en hanteer hulle die slag gedeelte, ek het vir hulle gereel vir die kontrak om die tanning van die velle te doen dan hanteer hulle die slag en kuip.
Wat ek maar gewoonlik doen om spasie te beperk, is om al 2 voete aan een hak te sit sit en die karkasse dan soortvan te laat lepel hang. Ek vat in elk geval maar die trailer ook saam, ekt vrydag 20 waterbokke in hom gekry, so hy behoort dan darm 10 zebs te laai as die spasie min raak.
Geno eks self maar baie skepties, maar daar is darm 600+ op die plaas, so ek dink die eerste 2 of 3 sessies sal maklik gaan, daarna gaan n man begin sukkel as hulle wild raak. Gelukkig moet ons troppe uitskiet en nie sukkel om net hungse te skiet nie, hulle eet die plaas moertoe!!
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sun Jan 11, 2015 4:53 pm
by Frederik
600+ is dit op touchstone ??
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Tue Jan 13, 2015 8:41 am
by ROBBIE1
Waars touchstone?
Ek het die cull uitgestel na die naweek toe, imperial het nie n trok vir my voor vrydag nie en ek kry nerens n ander een nie.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Tue Jan 13, 2015 8:48 am
by Geno
Oom Robbie.
Probeer CDS vir trokke. Ons het hulle al gebruik.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Tue Jan 13, 2015 8:50 am
by ROBBIE1
Het jy dalk n nommer Geno asb of is hulle op google?
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Tue Jan 13, 2015 8:51 am
by Geno
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Tue Jan 13, 2015 9:10 am
by ROBBIE1
Thanx Geno het kwotasie aangevra.
Ek moet se imperial is nie duur nie, sal my met n bestuurder en versekering R2400 per dag uitwerk vir 8 tonner.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Feb 06, 2015 3:47 pm
by HeinrichPrinsloo
Hoeveel Zebra's het al geval Robbie ?
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Fri Feb 06, 2015 5:06 pm
by win270
Wat maak julle met al die velle? Wie brei en verkoop dit? Prys per vel?
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Feb 14, 2015 9:39 am
by ROBBIE1
Sorry manne eks so min tuis kom ma min op die forum.
Eerste trip nie so lekker geloop nie, net 14 geskiet. Ou Coena Smit van Vaalwater het my lekker vir n ride gevat met sy tjopper, ure opgemaak so dat ek naand gestop het. 2 de trip het mooi geloop, Kahn het vir Nicolas gestuur met een van sy helis, en ons het 37 gekap vir n halfdag, selfde ure as vorige trip.
Ek het laasweek sommer net met die bakkie en voet ingeaan, nog 8 zebs em 8 varke afgehaal. So in totaal staan ons darm nou op 59, nog 241 oor.
Kom la ek julle se, dis nou wragtag nie n grap nie, darm net 1 kwes tot dusver, 2 baie baie moeilike recoverys gehad, ma die res was maklik en kon die bakkies tot by die diere kom om te laai, maar kyk 8 tatte dra swaar aan n zeb op n stretcher uit die berg uit hoor, glo my!!
Die eienaar hou self die velle, ek het vir Big Buck die kontrak vir die looi gereel, hulle span kom saam, en hanteer sommer die slag ook. Ons skiet en recover net.
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Feb 14, 2015 9:54 am
by Stefan764
ROBBIE1 wrote:, hulle span kom saam, en hanteer sommer die slag ook. Ons skiet en recover net.
Dis n bargain.
Daai slag maak mens dood, veral as daai 10x sebras afklim net voor sonsak
Re: Koeltrok te huur gesoek
Posted: Sat Feb 14, 2015 10:57 am
by ROBBIE1
Nes jy se Stefan. En die eienaar is n baie fol 11 1 11 oompie, vir sy liefie n meubel fabriek gekoop juis om die velle waarde toe te voeg, so toe se ek noup, la die manne wat ken die verantwoordelikheid neem. Nous nonsens soos hairslip, gesnyde velle en en en nie meer my baby nie...