Page 1 of 1

Super Rugby 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 8:57 am
by FCLoretz
More,

Super Rugby is om die draai.

Ek het die nuwe Superbru Groep begin.

Ek het invites uitgestuur na almal. Maar hier die die details/

Pool name: Jaracal
Pool code: lushhuff

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 5:25 pm
by Gawie(13mm)
FCLoretz wrote:More,

Super Rugby is om die draai.

Ek het die nuwe Superbru Groep begin.

Ek het invites uitgestuur na almal. Maar hier die die details/

Pool name: Jaracal
Pool code: lushhuff
Hier begin die geween en gekners van tande al weer.
Sterkte manne. Ek is besig om rooiwyn "op te stock" vir al die pyn en vreugde. 8)

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 7:01 pm
by Hein M.
Sommer net

Sien Joe Pietersen (ex-Stormer heelagter) is die nuwe Cheetah losskakel ::) James O' Conner is terug in Aus na sy drink-debakel en gaan vir die Reds uitdraf...

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 7:34 pm
by FCLoretz
Gawie(7mm) wrote:
FCLoretz wrote:More,

Super Rugby is om die draai.

Ek het die nuwe Superbru Groep begin.

Ek het invites uitgestuur na almal. Maar hier die die details/

Pool name: Jaracal
Pool code: lushhuff
Hier begin die geween en gekners van tande al weer.
Sterkte manne. Ek is besig om rooiwyn "op te stock" vir al die pyn en vreugde. 8)
Hoekom het jy nie gese nie ek het3 bokse vol rooiwyn hier by die huis

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Jan 09, 2015 7:47 pm
by Gawie(13mm)
Nou wat drink ek tydens die anders 17 wedstyde? :o

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 3:09 pm
by Stefan764
Safari het ook weer n POOL die jaar, kom jol saam manne, hoe meer deelnemers hoe groter die algehele prys!

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=38788

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 3:42 pm
by Riaan Kriel
Gawie ek sien jy het op die pool alweer gekrimp na 7mm toe ;)

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 3:49 pm
by Heinz Petersen
Gawie(13mm) wrote:Nou wat drink ek tydens die anders 17 wedstyde? :o
Van nou tot die einde van die seisoen kan jy weer niks met Gawie uitgerig kry nie.

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 4:58 pm
by Stefan764
Duracell wrote:Gawie ek sien jy het op die pool alweer gekrimp na 7mm toe ;)
hehehe

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 4:58 pm
by Stefan764
Word mos nou weer wintertyd, seker die waar die gekrimpery vandaan kom...

hehehe

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 5:36 pm
by Gawie(13mm)
Mirrag! ;D

Ek sien al weer hier is 'n paar manne wat waaragtag nie uit hul foute leer nie. Meer as die helfte sit die Bulle op vir 'n wen. >:D

Hierrond is ek diknek, daarom die 13mm, maar daar by die voetbol is ek meer beskeie.

Aan my gunne kan ek self krap, maar daai Stormspannetjie van my is op hul eie. ;D Aan hulle kan ek tokkol doen nie, net bid en vloek en weer bid.

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 5:56 pm
by Stefan764
Gawie(13mm) wrote: Aan my gunne kan ek self krap, maar daai Stormspannetjie van my is op hul eie. ;D Aan hulle kan ek tokkol doen nie, net bid en vloek en weer bid.
hehehe

Re: Super Rugby 2015

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:32 pm
by stephan2
Whiskers ek ook in .
Stephan2

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Feb 13, 2015 10:45 am
by Gamkaboer
En daar verloor die Saders!! :confused: :confused:

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Feb 13, 2015 1:00 pm
by OupaZA
Ek ook invite gestuur...

Prroooovviinnnccceeee!!!!!!!!!!!!

Emile

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Feb 13, 2015 6:55 pm
by JPS
Gamkaboer wrote:En daar verloor die Saders!! :confused: :confused:
Ja nee dit was redelke upset, veral op hulle tuisveld...

Re: Super Rugby 2015

Posted: Sun Feb 15, 2015 11:16 am
by Gawie(13mm)
Hoekom is almal noord van die Vaal so stil vanmore? 8)
Selfs die Saaarks manne is soos die graf ;D

Ek en my geliefde het 'n bottel van die Kaap se beste rooi deurgewerk tydens die slagting van die kallers. >:D
Dankie Kallie en Del Air Graff.

Die Cheetahs het die Saaarks lekker op hul eie piesangskille laat gly. Die Lions mis hul Leeu. Britz, jou yster.

13 teen 3 Springbokke. Laat dit nooit weer as maatstaf gebruik word vir 'n voorspelling in Super rugby nie. Victor en Skou-ponie, Spies se bydraes was meer van akedemiese belang en het geen gravitas aan hul span verleen nie.

Dit is vanoggend lekker om 'n Stormer en Cheetah te is!!! ;D

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Mar 20, 2015 12:51 pm
by Carl
Dis darem lekker as jou span die naweek met 'n Super wen afskop! Sterkte vir die res van julle wat nog moet wen!! ;D (Dis sommer ook al 2 punte vir die Bru poel :'( )

Re: Super Rugby 2015

Posted: Fri Mar 20, 2015 2:21 pm
by Gawie(13mm)
Geluk Carl.
Ek hoor dit was maar broekskeur.

'n Wen, is 'n wen ;D .