Page 1 of 1

Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 2:49 pm
by BRNO (Pierre)
Johan het gevra ek moet vir hom die foto opsit. Ek is seker hy sal later kom verduidelik en vrae vra.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/012.jpg

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 3:26 pm
by johans
dankie pierre,jys n goeie mens.wat dink julle manne het hier gevang?ek kon geen merke onder die lam se oor sien soos jak vang nie.die wol was ook te lank om merke aan die keel te wys vir kat(ekt nie tyd gehad om af te slag nie)die boude is skoon gevreet maar die binnegoed is ook geeet.kon dit dalk kat wees wat gevang het en jakkalse het agterna kom eet?dis lammers wat al seker 28kg weeg

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 8:31 pm
by 222 Sako
Hallo Johan.

Ek sou sê dis jak se kind wat hom in die gat gevang het. Hulle het by my so gevang, nooit aan die keel nie. Hoe lyk die ore, het hulle nie merke op nie?

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 9:23 pm
by Baasvark
Dalk 'n skaap wat gevrek het en toe het jak 'n maklike ete gehad?

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 9:53 pm
by johans
sako nee ore is nie gevreet nie,kom nounet van daar af.kon darm een jak skiet voor die reen my gejaag het.maar nou is daar ten minste nog een met jonges. baasvark nee,20 lammers verder weet ek hys nie vanself dood nie

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 10:02 pm
by Baasvark
Eish ok ja!
Hoop jy roer die bl!&$€ms!

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Jan 08, 2015 10:40 pm
by Rommel
Bruin hyena?

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Jan 09, 2015 12:08 am
by Finfan
Roer hulle Johan!

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Jan 09, 2015 6:23 am
by Freddie101
Johans

Doodgewoon net jakkalse wat so maak.

Baie gesien. As jy hulle doodkry sal jy sien dit stop. Nie lekker as hulle so skade maak nie. Mens het al heelwat geld in daai lam ingesit.

Sterkte

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Jan 09, 2015 7:32 am
by 222 Sako
Geluk met daai 1. By my was dit 2groot jakke en 4jonges verder toe stop dit. Sterkte dis baie skade ek hoop jy kry hul gou.

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Jan 09, 2015 9:34 am
by Kaptein
Dit is n jakkals

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Jan 09, 2015 11:55 am
by johans
gistraand weer gevang terwyl ek daar was

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Jan 09, 2015 12:15 pm
by Finfan
johans wrote:gistraand weer gevang terwyl ek daar was
Ai Johan. Hoop jy kry die wetters vanaand. Hoop ons gaan self suksesvol wees!

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Thu Mar 12, 2015 11:51 pm
by stan man
naand johans. wat kon jy toe uitrig?
ek self sit nou weer met n probleempie.
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_20140805_082000_zpsisk3gakt.jpg
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_20140805_081950_zpstls5gs9f.jpg
ek het die aand na die beeste gaan kyk net so voor son onder en alles was rustig. die volgende oggend net na sonop het ek die kalf teen die draad gekry.
ek het net na son onder so 100 meter van die karkas af gaan sit en so n bietjie gesit en roep. dit was mal stil en ek het eers so na n uur en n bietjie n reaksie gekry. kon darem n redelike groot teef omdop. 2 aande later weer dieselfde probleem . nog n kalf weg. ek maar weer gaan sit en roep maar eers so teen 12 uur se kant. ek kon toe 3 jonges skiet en toe ek uitry toe kry ek n reun op die kant van die mielies en kon hom toe ook omdop.

nou het ek die beeste geskuif ,en waaragtig ek het weer 2 kallers verloor. nou le ek net en was dat die wind gaan le dan gaan ek maar weer uit.

Re: Johans se verminkte skaap foto

Posted: Fri Mar 13, 2015 7:10 am
by Baasvark
Jinne Frans dis nou nie lekker nie!
Wat ek nie verstaan is dat ek nie 'n duidelike patroon sien nie. Ek was onder die indruk dat jakkalse altyd agter vreet en katte altyd in die lies omgewing.... daai is op die blad gevreet.
So jak se kind het nie 'n vaste vreet patroon nie?