Page 1 of 1

Vektor 25-06

Posted: Thu Apr 07, 2011 4:35 pm
by JPS
Hi Manne,

Enigiemand op die Forum dalk 'n Vektor 25-06 roer? Ek het het  Vektor 30-06 klaar en het nou geleentheid gekry om kolega se .25-06 Vektor oor te koop (klaar besluit ek gaan di Howa 243 los en die een koop ;D).

Ek verbeel my een van die manne oppie Forum het ook Vektor 25-06? Indien wel kan die lid vir my bietjie laat weet hoe hy die roer befind?
Het gelees onder die .25-06 en sien heelwat Manne parrat met lof oor die kaliber? Hy het 'n K98 Aksie.

Hoor graag van julle manne,

Groete
JP

Re: Vektor 25-06

Posted: Thu Apr 07, 2011 5:27 pm
by Monrique (SJ)
JP

Los maar daai 25-06 Vektor dis n sleg geweer jy wil hom nooit he nie.  Ek sal hom vat dan hoef jy nie so lekker te skiet met hom nie!! ;D ;D ;D

Neewat ek het nie self een nie maar het al gehoor hulle loop mooi. Geniet hom, en gooi n foto as jy hom het!

Groetnis

Re: Vektor 25-06

Posted: Thu Apr 07, 2011 5:48 pm
by Geno
JP,
Pm vir Flip, hy het een.

Groete,
Eugene

Re: Vektor 25-06

Posted: Thu Apr 07, 2011 7:55 pm
by JPS
Tx Geno.

Re: Vektor 25-06

Posted: Thu Apr 07, 2011 7:56 pm
by Geno
Plesier maat.
Ek het ook 'n 25-06, bitter lekker kaliber!

Re: Vektor 25-06

Posted: Sat Apr 09, 2011 8:28 pm
by JPS
Geno wrote: Plesier maat.
Ek het ook 'n 25-06, bitter lekker kaliber!
Tx Geno,

Het hom gekoop vrydag ;D
Kry sintetiese kolf en teleskoop by vir R5000 ;D ;D enigste modifikasie wat hy nodig het is een van Klarence se Kd's ;)

Sal die komende week vir liksens aansoek doen en tydelike liksens saam aansoek doen.

Groete
JPS

Re: Vektor 25-06

Posted: Sun Apr 10, 2011 8:43 am
by Flip Fouche
JP

Baie mooi man !

n Lekker platskiet geweer.

Flip

Re: Vektor 25-06

Posted: Mon Apr 11, 2011 3:36 pm
by ELTIE
Baie geluk ek weet jy gaan hom baie geniet!! Sal myne ook vir niks verruil nie

Re: Vektor 25-06

Posted: Mon Apr 11, 2011 4:24 pm
by JPS
Manne Dankie vir die terugvoer en mooi wense.

Ek is seker daar is iemand op die forum wat spesifiek die Vektor 25-06 het? Jacques Botha of Beyers miskien, (oom Flip het kontak gemaak hy het Zatava nie Vektor nie).

Laat weet maar as iemand weet?

Greote
JP

Re: Vektor 25-06

Posted: Tue Apr 12, 2011 8:26 am
by James Wright
ek het nouwel nie 'n Vektor nie maar wel 'n Ruger MKII,jy gaan daai 25-06 baie geniet,hulle is kookwater...

Re: Vektor 25-06

Posted: Wed Apr 27, 2011 12:25 am
by KalahariKlong
Maat van my het 'n 25 06. Truvelo (ook maar vektor en dink) met 'n K98 aksie en kolf gemaak deur Gerrie en natuurlik n Terminator. Man daai roer gooi mooi. Koop hom!

KK

Re: Vektor 25-06

Posted: Fri Apr 29, 2011 12:48 pm
by JPS
KK,

Het klaar dankie.

Groete
JP

Re: Vektor 25-06

Posted: Fri Apr 29, 2011 12:49 pm
by Geno
JP,

Gooi 'n foto man!

Re: Vektor 25-06

Posted: Wed May 04, 2011 7:11 pm
by fanie17
My 25-06 is n Trovelo op n K98 aksie met n ,lamenated, kolf,hy is heel ok

Re: Vektor 25-06

Posted: Fri May 20, 2011 10:10 pm
by JPS
Geno wrote: JP,

Gooi 'n foto man!
Geno,

Hy is nog by my kolega, in die kluis. Maar sy sap518 is vandag pta toe met motivering gedoen deur ons DFO  ;D

Het vandag koels en dies ens. gaan haal om solank paar ladingkies te laai, jy moet maar asb paar gooi wat mooi in daai roer van jou loop. het meestal 120grein koels gekry. heelwat soort, rhino, hornady claw ens.

Skoon uit my g@t geglip om foto te neem.

Groete
JP

Re: Vektor 25-06

Posted: Wed May 25, 2011 10:24 pm
by Nico de Jager
Jis JPS
Ek sien nou eers jou pos, ek het so geweer, maar met magnumprofiel loop. Baie lekker geweer. Myne sopas herloop met Shilen SS loop.
Praat maar as ek met iets kan help.
Groete
Ribbok

Re: Vektor 25-06

Posted: Wed May 25, 2011 10:54 pm
by JPS
Ribok,
Was jou loop Uitgeskiet dat jy vervang het? Indien we'll weet jy hoeveel skote?

Groete
JP

Re: Vektor 25-06

Posted: Fri May 27, 2011 7:21 pm
by Nico de Jager
Jis JPS
Man my loop was volgens City Guns se Terry Harrison taamlik uitgeskiet, maar ek het nog goed geskiet met hom. Die Shilen loop het soort van na my kant toe gekom en ek kon dit nie laat verby gaan nie. My Vektor loop het duisende skote geskiet maar ek het nie n  idee hoeveel nie. As ek probeer onthou hoeveel punte ek vir hom gekoop het sal ek se ten minste 5000.
grte
Ribbok

Re: Vektor 25-06

Posted: Mon May 30, 2011 10:23 am
by JPS
Ribok, Thx Man,

Gaan jou weer kontak vir jou ladings ens as jy nie omgee nie, sodra ek my dydilike magtiging het.

Groete
JP

Re: Vektor 25-06

Posted: Mon May 30, 2011 7:48 pm
by Nico de Jager
Jy is welkom,vind net uit wat is jou loop se twist. Ek het heelwat verskillende soorte punte wat ek vir ladingontwikkeling gebruik het.
Praat met my sodra jy die geweer het.
Groete
Ribbok