Page 1 of 1

Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Thu Apr 07, 2011 12:58 pm
by DWB
Hallo Manne,

my geweerkoop is goedgekeur en nou wil ek solank mounts en ringe kry.

Ek kan nog nie op die stadium scope koop nie...

Sal seker 'n 3-9X40 of iets opsit.

Kan julle my aanraai wat ek moet kry?

het gehoor Lynx en Thor is goed.

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Thu Apr 07, 2011 1:17 pm
by spekieries
DWB

Beide Thor en Lynx ringe is goed. Ek het van altwee die fabrikate op my roere. Ek het egter 'n probleem met Thor ringe se "grubscrews" die skroefdraad is van so aard as dit strip, dat jy net dieselfde draad by Erhard self kan koop. Dit maak dit bietjie onprakties volgens my.

Groete

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Thu Apr 07, 2011 1:21 pm
by Arnold
Ek het Thor of Lynx. Weetnie watter nie want dit was op die geweer toe ek hom gekoop het.

Met die mounts is ek heel tevrede en ek hou daarvan dat mens windverstelling met die ringe kan doen. As jy 'n ander scope wil opsit hoef jy nou ook net die ringe te vervang en die is maar R350?

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Thu Apr 07, 2011 2:29 pm
by DWB
Weet nie of ek dalk nou maar moet mounts en als los tot ek scope kan koop dan koop ek als saam....

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Thu Apr 07, 2011 3:02 pm
by Geno
Deon,
My .308 het Lynx basisse en ringe op, ek's dood tevrede met hulle!
Geniet daai CZ!

Groete,
Eugene

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Thu Apr 07, 2011 4:19 pm
by Arnold
Los die ringe en basise tot jy scope koop!

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Fri Apr 08, 2011 8:58 am
by DWB
Ek is gisteraand ges? om vir my een uit 3 scopes te gaan kies in Pta by oud vriende van ons, sal maar gaan loer wat daar is!!!

Maar soos ek die oom ken koop hy altyd ordentlik.

Re: Scope mounts en ringe vir CZ550 3006?

Posted: Fri Apr 08, 2011 10:38 am
by Stefan764
Ek stem, wag tot jy die scope betaal het. EKt amper sommer van getjeuk vir my 25mm ring laat opsit toe ek my geweer koop. Het toe opgeeindig met n VX3 wat n 30mm tube het...