Page 1 of 1

Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Mon Jan 05, 2015 11:48 am
by Chris (vdB)
Dag se manne!!

Is daar dalk iemand wat sy geheime resep met my wil deel, vir die maak van wildswors en ook wilds droewors? Ek is opsoek na n' resep wat regit uitstaan!

Tans maak ek maar my wors met die spices van H@M Verpakking, maar soek nou bietjie na n' ander smaak. Veral n' resep met baie koljander in

Ek wag om van julle te hoor

Dankie

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Mon Jan 05, 2015 12:03 pm
by PWV
Gaan kyk by die index, onder resepte.
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=121

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Mon Jan 05, 2015 12:15 pm
by mossie
"Egte plaaswors" speserye van Freddy Hirsch het n lekker koljander smaak. Ek gooi altyd so een groot eetlepel "Barbeque with garlic" spesery by die pak "Egte Plaaswors", meng goed en werk dit dan by jou vleismengsel in. Maak n gawe boerewors en droewors.

MOSSIE

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Mon Jan 05, 2015 2:45 pm
by JACQUES BOTHA
N maklike en altyd treffer is ouma droeewors van crown asook ouma boerewors maar kameeldoring en kameelhout van freddie is ook baie lekker
Speel rond met basiese resep en so ietsie ekstra om dit anders te laat smaak,, 6 gun grill ook van crown 3% van totale spesery werk goed vir my
Groetnis
JB

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Mon Jan 05, 2015 3:28 pm
by Finfan
Ekt verlede jaar ook vir my 5 verskillende batches droewors gemaak weens ek gou moeg raak vir dieselfde smaak. Sover die wenner is oumas van Crown. Ongelukkig nou nie n tradisionele of geheime resep nie, maar ek eet steeds aan hom.

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Mon Jan 05, 2015 3:45 pm
by martinf
Die een werk vir my. Lekker dun wilds/skaap wors en baie lekker droee wors.

Vleis moet in total 32kg wees
24 kg Wilds veils
5,5 kg Vet
2,4 kg Skaap veils

8 tl Peper grof gemaal
12 el Sout rond vol
9 tl Nealtjies
12 el Koljander
2 el Aromat
10 tl Bruin Suiker
16 el Oats
1 bottel Zeal
3+½ k Bruin Asyn
1 k Wocestersous

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 8:18 am
by Chris (vdB)
Baie dankie aan almal vir julle terugvoering, ek waardeur dit baie. Ek het van al julle wenke notas gemaak. Die winter / jagseisoen moet sommer nou vining nader kom ;D

Martin se resep het my aan nog n' vraag laat dink waarmee julle my dalk kan help. Wat is die vleis / vet verhoudings wat julle manne gebruik op wilds braaiwors en ook op wilds droewors?

Ek het maar nog altyd 30 kg batches gemaak (sonder die asyn en water/woshester sous, soos wat die pakke spice aanwys

Daarvan was 5 kg spek en die ander 25 kg het ek helfde wild en die ander helfde beesvleis ingesit op die braaiwors en die selfde vir die droewors wat ek dan net die spek met skaap vet of beesvet vervang het. Maar dit raak nogal n' duur besigheid om helfde bees ook in te sit.

Doen julle maar dieselfe? Dalk moet ek die jaar sommer vroegtydig n' lekker vet C grad skaap koop en bere vir die winter? dis dalk n' goedkoper opsie. Ordentlikke vet is mos maar altyd n' problem wanneer die jag seisoen eers begin het

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 8:44 am
by Willie
Brandewyn Ratel wrote:
Doen julle maar dieselfe? Dalk moet ek die jaar sommer vroegtydig n' lekker vet C grad skaap koop en bere vir die winter? dis dalk n' goedkoper opsie. Ordentlikke vet is mos maar altyd n' problem wanneer die jag seisoen eers begin het
Ek maak ook soos jy beskryf en dit werk goed. Ek sal net nie nou al die skaap koop nie want daardie vet raak ook maar oud as dit so lank gevries word.

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 8:51 am
by sako 30-06
Ek sal graag wil weet wat gaan brisket die jaar kos,selfs varkspek het baie opgegaan.
So ja dit raak lekker duur om wors te maak.

Maar ek het seker 3 jaar laas wors gekoop,so sal maar aanhou my eie wors maak.

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 9:47 am
by Plaashaas
Ouma van Crown maar gooi `n koppie Freddy Hirsh "Hunter" (Biltong spice) by. Jy kan maar die beesvleis los en 7kg brisket gooi op 24kg wild. Moenie sening vleis blokkies maak nie. Gebruik die tender bite derms en belangrik is om nie te fyn te maal nie.

Ek het laas jaar noodgedwonge R70/kg betaal vir skaap trimmings. Die jaar gaan ek betyds stock

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 9:53 am
by vriell
Ek persoonlik is nie 'n vreeslike voorstaander van te veel speserye by my resepte nie en vind hierdie mengsel smaaklik vir al my vleismengsels.

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 12:51 pm
by Chris (vdB)
Plaashaas wrote:Ouma van Crown maar gooi `n koppie Freddy Hirsh "Hunter" (Biltong spice) by. Jy kan maar die beesvleis los en 7kg brisket gooi op 24kg wild. Moenie sening vleis blokkies maak nie. Gebruik die tender bite derms en belangrik is om nie te fyn te maal nie.

Ek het laas jaar noodgedwonge R70/kg betaal vir skaap trimmings. Die jaar gaan ek betyds stock

Plaashaas, net om seker te maak. Moet ek die hele pak Oumas spice vat saam met n' koppie Hunter spice op 30 kg vleis. Of moet ek die vleis meer maak. Net bang ek jaag nou aan en dan is die wors te sout. Baie dankie

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 1:00 pm
by Plaashaas
Dit hang seker van smaak af maar daai ekstra koppie spice saam die ekstra 1kg (31kg batch) werk vir my mooi. Sodra jy als gemeng het, vat so frikadel grotte wors mix mince en maak `n hamburger pattie wat jy gou braai, dus kan jy nog `n aanpassing maak voor jy begin stop as jy wil.

PS: Onthou die brannewyn.

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 1:25 pm
by mossie
Ouens ons word afgerip met die prys van brisket vet. Doen julself n guns en kry vir jou soft body fat, Maak seker dis wat ons in die bedryf noem "soft body fat" en nie "kidney fat" nie. Laasgenoemde is hard en droog en dra nie by tot die vetinhoud nie. Goeie soft body fat werk lieflik en is minder as die helfte van brisket se prys. Vir droewors gebruik ek 12 persent vet op die mengsel en vir braaiwors/bakwors 15 persent.

Soos julle kan sien is dit heelwat minder as wat jy gebruik sou jy brisket gebruik. As die nood (en finansies) druk maak jou droewors sonder derms. Dun nozzle- vang die wurmpie op met n conduit wat in lengte gesny is soos n "gutter" en rol op n styfgespande skadunet op fyn grid uit en laat droog word. Die vleis klou genoeg aanmekaar om n stokkie te vorm en jy hoef nie te sukkel met n derm nie. Nogal gewild onder die vrouens want hulle moan nie oor die velletjie nie.

MOSSIE

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 1:47 pm
by Chris (vdB)
Ek stem, die pryse is rof. Het al sit en uitwerk wat die wors my op die einde kos, as mens nou die hele jag trip ,wild, vet, spices, extra bees en vark vleis en die derms se kostes als optel en dan in die hoeveelheid kg wors wat jy op die einde het deel. Dan is dit n' skrikwekkende bedrag wat die wors jou per kg kos om te maak.

As mens daai bedrag noem vir nie jagters dan kry mens darem snaakse kyke. Maar kyk, mens koop nie sommer sulke lekker wors in slaghuis nie. Beslis nie waar ek bly nie!!

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 2:11 pm
by WILLEBEES
Brandewyn Ratel wrote:Ek stem, die pryse is rof. Het al sit en uitwerk wat die wors my op die einde kos, as mens nou die hele jag trip ,wild, vet, spices, extra bees en vark vleis en die derms se kostes als optel en dan in die hoeveelheid kg wors wat jy op die einde het deel. Dan is dit n' skrikwekkende bedrag wat die wors jou per kg kos om te maak.

As mens daai bedrag noem vir nie jagters dan kry mens darem snaakse kyke. Maar kyk, mens koop nie sommer sulke lekker wors in slaghuis nie. Beslis nie waar ek bly nie!!
Ja- nee dis my ondervinding ook. Maar waar koop jy nou eintlik LEKKER droewors? En weet jy wat daar in is?
Ek maak maar eerder my eie en geniet dit.
Nogal waar wat jy se oor nie-jagters (veral die familie).
Het jy al gaan jag? Het jy droewors gemaak? Kan ek koop by jou? Sodra hulle die prys hoor dan gaan koop hulle maar gewone droewors.
Ek worrie nie - meer vir my...!

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 2:12 pm
by VdWalt
Brandewyn Ratel wrote:Ek stem, die pryse is rof. Het al sit en uitwerk wat die wors my op die einde kos, as mens nou die hele jag trip ,wild, vet, spices, extra bees en vark vleis en die derms se kostes als optel en dan in die hoeveelheid kg wors wat jy op die einde het deel. Dan is dit n' skrikwekkende bedrag wat die wors jou per kg kos om te maak.

As mens daai bedrag noem vir nie jagters dan kry mens darem snaakse kyke. Maar kyk, mens koop nie sommer sulke lekker wors in slaghuis nie. Beslis nie waar ek bly nie!!
En dan kyk jy so :o :o na die vriende se kinders wat die 2 kg droee wors wat jy vir die braai en rugby uitgehaal
het in die eerste 15 minute op eet asof hulle nie kos vir 2 dae gekry het nie.....

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 3:10 pm
by mr rey
Brandewyn Ratel, jy het my nou n idee gegee met die blesbok vleis wat ek die vakansie ingevorder het :-)

Weet enige iemand waar n mens in jhb derms kan kry vir wors (dik en dun)

assamblief

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 4:08 pm
by Plaashaas
mr rey wrote:Br

Weet enige iemand waar n mens in jhb derms kan kry vir wors (dik en dun)
Freddy Hirsh City Deep. Koop direk by fabriek

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:28 pm
by WILLEBEES
mr rey wrote:Brandewyn Ratel, jy het my nou n idee gegee met die blesbok vleis wat ek die vakansie ingevorder het :-)

Weet enige iemand waar n mens in jhb derms kan kry vir wors (dik en dun)

assamblief
Crown National in Nguni drive, Longmeadow. Dis naby Edenvale, jy kan dit google.

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 6:59 pm
by douw
Plaashaas wrote:Dit hang seker van smaak af maar daai ekstra koppie spice saam die ekstra 1kg (31kg batch) werk vir my mooi. Sodra jy als gemeng het, vat so frikadel grotte wors mix mince en maak `n hamburger pattie wat jy gou braai, dus kan jy nog `n aanpassing maak voor jy begin stop as jy wil.

PS: Onthou die brannewyn.

Brannewyn?

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Tue Jan 06, 2015 7:01 pm
by mr rey
Dankie Manne!

Jammer vir die hijack BR

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Wed Jan 07, 2015 3:17 pm
by Petrie303
daar is nie droewors wat lekkerder is Crown sin nie!

Re: Opsoek - wildswors en wilds droewors resep wat uitstaan

Posted: Wed Jan 07, 2015 3:22 pm
by Plaashaas
douw wrote:
Plaashaas wrote:Dit hang seker van smaak af maar daai ekstra koppie spice saam die ekstra 1kg (31kg batch) werk vir my mooi. Sodra jy als gemeng het, vat so frikadel grotte wors mix mince en maak `n hamburger pattie wat jy gou braai, dus kan jy nog `n aanpassing maak voor jy begin stop as jy wil.

PS: Onthou die brannewyn.

Brannewyn?

Ja vir jouself natuurlik.