Page 1 of 1

Scope hoogte

Posted: Sun Jan 04, 2015 5:34 pm
by Dries101
Ek moet erken ek het nog nooit so na dit gekyk nie, en die belangrikte is dat jy gemaklik agter n scope is, maar is daar n te laag as dit by scope mounts kom? Maw hy raak net net nie aan die loop nie. Kom ons se minder a 1mm gaping.

Re: Scope hoogte

Posted: Sun Jan 04, 2015 5:51 pm
by Baasvark
Sal my nie uitgee as 'n boffin nie maar ek glo hoe laer hoe beter. (Maar dit hang af oor watter afstand jy van plan is om te skiet)

As dit nie jou scope nadelig beinvloed nie sal ek se hy is reg.....

As 'n scope te hoog is raak dit moeiliker om akkuraat met hom te skiet en dan word wangstukke 'n oplossing.

Sal interessant wees om te sien wat se die slimmer manne.

Re: Scope hoogte

Posted: Sun Jan 04, 2015 6:01 pm
by Arnold
Hy is te laag as iets aan hom raak soos die slot se handvatsel of die loop.

Ek hou va hulle so laag as moontlik...
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/Rem700%20300wm/300WM%20Boyds/small7.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/McMillan/IMG_0379.JPG

Re: Scope hoogte

Posted: Sat Jan 10, 2015 8:11 pm
by acssa
hang af of dit vir jag is of skuifskiet is...

Re: Scope hoogte

Posted: Sat Jan 10, 2015 8:13 pm
by Arnold
acssa wrote:hang af of dit vir jag is of skuifskiet is...
Wat sou die verskil wees?

Re: Scope hoogte

Posted: Sat Jan 10, 2015 9:02 pm
by tripodmvr
Hoe makliker dit is om jou oog onmiddelik in die senter van die beeld te kry hoe beter en hoe beter kontak het jy met jou wang op die kolf. Dit bevorder akkurate skote - op die baan of in die jagveld.

Re: Scope hoogte

Posted: Sun Jan 11, 2015 12:23 pm
by Dawie
Het agtergekom hoe hoër jou scope, hoe verder is jou PBR as jy vir jag instel.

Re: Scope hoogte

Posted: Sun Jan 11, 2015 12:29 pm
by Stefan764
Dawie wrote:Het agtergekom hoe hoër jou scope, hoe verder is jou PBR as jy vir jag instel.
Dis so "weird" maar dis 100% waar

Re: Scope hoogte

Posted: Sun Jan 11, 2015 12:29 pm
by Stefan764
Arnold wrote:
acssa wrote:hang af of dit vir jag is of skuifskiet is...
Wat sou die verskil wees?
Sal ek ook like om te weet