Page 1 of 1

leopold vx3

Posted: Wed Apr 06, 2011 9:04 pm
by herley
Goeie naand
Ek het vandag die teleskoop gegkry vir 9k nuut.Speks is 3.5-10*50. Wat dink julle is dit n goeie prys, hy moet op my 22-250 kom en gaan jak en springbokke skiet met die geweer

Re: leopold vx3

Posted: Wed Apr 06, 2011 10:41 pm
by Wouter Roets
Hallo Bradley

Baie geluk met jou kopie en ek hoop hy bring nog heelwat jakkies in!

Ek sien in die laaste ruk dat Leupold nogal redelik afgekraak word en elke nuwe scope is of net so goed of beter. Hy word baie keer vergelyk met teleskope wat dubbeld of selfs drie keer die prys is.
Ek het 12 VX3 wat diens doen op n verskeidenheid gewere vanaf n .22 regdeur na n 458 Lott toe en nog nie n enkele probleem ondervind nie. Ek gee dit vir almal dat ek bitter min in die nag skiet so is nie n ekspert in die gedeelte nie. Maar wat ek wel vir jou kan se is dat ek bitter goeie diens uit hulle kry vir normale jag. In Amerika is hulle jag toestande lees lig baie dieselfde as hier by ons en dit kan dalk die grootste enkele rede wees hoekom hulle dalk so bietjie minder moeite doen vir die swakker ligomstandighede as van die Europese vervaardigers wat met hierdie onstandighede amper 70% van die tyd sit. Hierdie eienskappe kan defnetief n invloed op nagskiet he en lyk my dit is die sentiement van meeste van die jakkalsjagters. So jy sal maar self jou eie gevolgtrekkings maak in jou toekomende jakkalsjagte.
Ek het my broer maak al vir die afgelope sewe jaar qaudjagte na Namibie toe mee waar ons bokke vir die Suid Afrikaanse mark oes. Die meeste ouens wat dit saam met ons doen is ook groot jagters en amper sonder uitsondering pryk die groot Europese handelsmerke op hul gewere. Dit is net ons en die eienaar van hierdie trips wat met Leupold skiet. Die omstandighede is seker van die ergste waardeur die scopes gesit kan word, dit gaan maar rof met die qauds. In hierdie sewe jaar het nog nie een van ons moes stel of teleskope ruil nie! Nie n enkele geval nie! Dit kan geensins gese word van die ander manne nie. Ek vat elke jaar my dokterstassie vir gewere saam om teleskope te ruil met Leupolds wat die eienaar aan die ontstoke jagter leen! Hierdie het al met elke enkele van die ander make gebeur! Hierdie is nie salestalk nie, net selfwaarneemde feite! Ek onthou n ruk terug het Leupold self n toets gedoen tussen die VX7 en al die ander Europese teleskope en die VX7 het amper 3 keer meer reciolskoppe gevat om te breek as sy naaste teenstaander wat n Swarofski was. Laat mens dink ne!
My vrou het so paar jaar terug my 375 van n bunker bed op n jagtrip laat val toe sy die duvet onder die geweer wou uittrek vir ekstra hitte want ek was soos natuurlik om die kampvuur besig om my medejagters te vermaak. Die geweer het n helse duik op die voorkant gehad en een van die turrets was so ingeduik dat ek hom nie kon losdraai sonder om die hele turret uit te skroef nie. Ek het met die oorblywende jagtog net so met daai geweer geskiet sonder verlies van zero. Die volgende week is die teleskoop ingestuur na die agente wat dit terug gestuur het vir Leupold om dit te herstel. My vrou is weer op haar beurt ingestuur na n spesialis vir haar herstel! ;D Ek het n loaner ontvang van die agente sonder dat ek daarvoor gevra het of geskimp het. Ek het geen loaner vir my vrou ontvang nie alhoewel ek gepleit het! ;D Twee maande daarna het ek my teleskoop terug ontvang en ek se tot vandag toe dit lyk of hulle vir my n nuwe een gestuur het! En wag vir dit KOSTELOOS! Wat kan n man voor meer vra?
Leupold bied vir my n model aan wat by elkeen van my diverse gewere en kalibers aan en dit self nog in die kleur wat ek verlang! GEEN ander teleskoopvervaardiger kan soveel boksies tiek nie! Daar is gedeeltes wat duideliker getiek gaan word deur ander vervaardigers maar nie meer boksies gaan gevul word as Leupold sin nie!

Bradley ek vra groot omverskoning dat ek nou gaan staan het en jou post kies het om al die goed van my hart af te kry maar al wat ek eintlik wou se is welkom by die Leupold famielie!

Geniet jou great scope en groetnis
Wout

O-ja om jou ander vraag te beantwoord ek dink nie jy het te veel betaal nie!

Re: leopold vx3

Posted: Wed Apr 06, 2011 11:17 pm
by Francois Marais
Wouter

Hoor, hoor........

Mooi loop
Francois

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 8:49 pm
by Monrique (SJ)
Bradley

Baie geluk met die scope maat, bly jy het reggekom!!  Geniet hom en laat die jakke val voor daai kruppel 250.

Groetnis

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:06 pm
by herley
SJ

Ek het nog nie gekoop nie net uitgesit maar na vandag weet ek nie so mooi nie,ek het by die gun shop waar ek die geweer gekoop het verstaan dat hulle swarofs binne die volgende 2 dae sal inkry ook vir onder die 10k en dan het FM my ook nog n Zeiss aangebied vir kraps oor die 9k.

Ek sal maar teen volgende week Dinsdag my mind moet opmaak oor die scope business. Wat ek we'll weet is dat die Zeiss en swarof n beter koop sal wees.

Bradley

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:12 pm
by Monrique (SJ)
Ek sal die Zeiss vat as ek jy was. My beskeie opinie.

Groetnis

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:24 pm
by Ralph
Bradley

Lees bietjie hier.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ;topicseen

Lekker aand
Ralph

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:42 pm
by Stefan764
Bradley wrote: Goeie naand
Ek het vandag die teleskoop gegkry vir 9k nuut.Speks is 3.5-10*50. Wat dink julle is dit n goeie prys, hy moet op my 22-250 kom en gaan jak en springbokke skiet met die geweer
Bradley

GELUK met jou koop my maat! Jy sal nooit spyt wees oor daarie scope nie! Lees Wouter se post nog n keer, dan weer n keer vir my part en dan sommer net nog n keer vir lekkerkry!

Ek het vir my n VX3 6.5-20 gekoop. Nog nie op my 243 nie, maar ek kan jou se ek KYK sommer gate deur die bosduiwe hier op my dak.  Daardie is n skitterende scope vir die geld wat jy betaal het.

My pa (flip op die forum) het 2x van die VX3 modelle. n 56mm op sy 25-06 en n 50mm op sy .308. Altwee die 6.5-20 en altwee die Varmint kruis. Die manne daar in hulle wereld (Vryburg) skiet almal met hierdie bulle. En jy weet daai is HARDE wereld da wa ons vandaan kom  ;) vra maar vir BLOK

Aan al die NON-Leopold manne. Hou julle asb uit hierdie post uit. Brad het gevra wat ons dink van sy VX3 wat hy klaar gekoop het. Hy HET n VX3 gekoop en hy HET nie n fout gemaak nie, maak nie saak hoe jy daaroor redeneer nie. Ja n swartworsie is dalk beter, maar n man kan n 338 koop vir die premie op n swartworsie met dieselfde vergrotings en kruishate van n Leopold VX3.

Brad, soos my ou groot mater Wouter gese het, WELKOM by die Leopold familie!!

LEOPOLD-Groete
Stef

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:50 pm
by Monrique (SJ)
@ Stef
LEOPOLD-Groete
Leupold (spelling) ;D ;D ;D
Terg net n bietjie ;)

Groetnis

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:53 pm
by Stefan764
SJ wrote: @ Stef
LEOPOLD-Groete
Leupold (spelling) ;D ;D ;D
Terg net n bietjie ;)

Groetnis
Ja jou bliksim.....  ;D

Nag,
Leupold-Groete die keer,
Stef

Re: leopold vx3

Posted: Thu Apr 07, 2011 10:07 pm
by Monrique (SJ)
;D ;D ;D

Mooi maak

Groetnis

Re: leopold vx3

Posted: Fri Apr 08, 2011 9:58 am
by Koos Barnard
Dags?
Soos sommige nou al weet is ek deesdae in die Swarovski stal (let wel, ek gebruik Swarovski reeds van 2001 af). Ek stem saam dat Leupold goed is en vir baie beslis die beste waarde vir geld bied, maar ek moet tog vir Wouter op iets wys. In sy stukkie s? hy dat Leupold self scopes getoets het en gevind het dat hulle drie maal meer recoilskoppe kan vat as Swarovski. Ek was al agter die skerms van verskeie produkte en glo my die toetse wat gedoen word is bitterlik subjektief (of liewer dit wat later gepubliseer word). Dit is veral die Amerikaners wat meesters is om enige van hulle produkte op te hemel en eintlik 'n groot klomp snert kwyt te raak. Ek is 'n Barnes-X fan maar selfs hierdie maatskappy het 'n paar jaar gelede die grootste snert kwyt geraak toe hulle die Triple Shock koe?l bemark het. In baie gevalle is die advertensies wat jy lees net so goed en subjektief soos die kopieskrywer daarvan.

Swarovski het nog nooit claims gemaak dat hulle scopes 1x of 3x beter skop kan hanteer as ander fabrikate nie (dis nie nodig nie). Onthou asseblief dat ek nie s? Leupold is sleg nie. Ek herhaal weer, dis 'n goeie scope, ek glo net nie alles wat hulle PR-mense s? nie omdat ek al te veel agter die skerms was by geweer/scope/teleskoopvervaardigers.

Nuwe nuus! Ek is besig om die details te finaliseer vir 'n Swarovski/Vortex program vir PHs, mense wat geregistreer is by PHASA. Dit sal hul in staat stel om twee produkte per jaar teen groothandelpryse aan te koop en dan het jy ook volle back-up diens van Whysalls. Daar is voorwaardes aan verbonde en ons sal die program volgende week by die Hunt Ex-skou bekendstel en dan sal al die details beskikbaar wees. Kom besoek ons gerus.

Re: leopold vx3

Posted: Fri Apr 08, 2011 11:21 pm
by Piet Breedt
Dit is te verstane dat julle die Leopold fabrikaat heftig verdedig. Ons boere nasie is so aanmekaar gesit. n Hilux man verander nooit. Ek in teendeel is nie in een van die fabrikate se diens en verdien nie geld om enige produk te bemark. Ek toets n klomp goet en besluit dan self wat werk, en wat is beter. Ek vind vir myself dat vooropgestelde idees gewoonlik mens blind maak teen enige foute, of teen nuwe persepsies. Ek wil ook net noem dat mens glad nie, nooit nie, n Leupold in die selfde geselskap kan noem as n Swarovski. Die wat dit doen, sal nooit oortuig word nie, en dit is maar goed so. Leopold is goed, maar nie naastenby in die klas van n Swarovski.

Ek kraak ook nie Leopolds af nie, ek noem net dat daar baie ander scopes vandag op die mark is wat dieselfde, of selfs beter is as n Leopold in my o? vir goedkoper, as n Leopold. Maar gelukkig bly dit elkeen se eie keuse waarmee hy wil skiet, en wat hy daarvoor wil betaal.

Hoe het oorle oom Boy Louw destyds ges?  "looks at the score board"

Re: leopold vx3

Posted: Sun Apr 10, 2011 1:27 pm
by Wouter Roets
Hallo Koos

Ek stem met die reklama ding en jy is reg n mens moet ook nie alles soos soetkoek op eet nie. Daai stukkie wat ek aangehaal het was op hulle website met die bekendstelling van die nuwe VX7 so n paar jaar terug. Ek het dit weer raakgelees daarna in n Amerikaanse tydskrif wat n artikel oor die VX7 geskryf het. Het dit toe so aanvaar as wet. Dit was vir my groot stellings op daai tyd en het gedink hulle sou dit nie doen net on dowe neutte nie. My ondervinding met die qaudjagtery het dalk ook bietjie gedui dat hulle meskien n punt beet gehad het.  Maar soos hulle se dat asumption is the mother of all .........!  ;D
Ek het nou al heelwat uitgevra oor die VX7 maar basies nog geen terugvoering gekry behalwe dat die reeks moontlik gestaak gaan word nie. Blykbaar is die teleskoop ook nie meer beskikbaar in SA nie.
Onthou my post het gegaan oor konstante afkrakery van Leupold en wou maar net n paar dinge van die bors afgekry het. Ek is die eerste persoon wat sal erken dat Swarovski n uitmuntende teleskoop is en daar maar bitter min gelyke is. Vir my tiek Leupold net meer blokkies. Ek hou bv net nie van n swart teleskoop op n SS geweer nie so hoe dan gemaak met ander handelsmerke?

Piet

Dit is waar wat jy se dat daar produkte is wat op sekere velde beter as n Leupld is en dan nou nog om alles te kroon goedkoper dan nou nog ook. Ek weet jy is bitter gelukkig met jou huidige teleskope en hulle presteer vir wat jy hulle voor aanwend baie goed vir jou. Vir my nou weer doen Leupold dit. As ek dalk nou al meer en groter bokke as jy geskiet het sal dit nou nie baie wys van my af wees om net Leupold die krediet daarvoor te gee nie. Ek is seker daarvan dat jy met ander teleskope net so goed sal doen as huidig of het ek nou die kat aan die stert beet? Ek kan jou verseker dat ek nie een is wat hom blindelings vasstaar aan Leupold nie. Inteendeel kyk ek na die groot prentjie met my keuse en nie net na enkele behoeftes wat gevul moet word nie. Daar is bv bitter min make wat in dieselfde reeks van hulle wat sal kan diens doen op al my gewere en kalibers. Ek is maar een van die simpeles wat alles dieselfde wil he en het maar ook my redes daarvoor.

Groetnis
Wouter

 

Re: leopold vx3

Posted: Tue Apr 12, 2011 9:10 am
by Koos Barnard
Wouter
Dis doodreg, elke ou soen mos sy vrou op sy eie manier en ja, ek kan beslis nie ontken dat Leupold baie goeie waarde vir geld bied nie en nog damn goed is ook nie. Terloops, ek skiet nog met 'n 3-9x40 Burris wat destyds in Amerika gemaak is op my 7x57 en alhoewel ek die scope al wou smous het ek gode sy dank dit nog nie gedoen nie. Damn lekker scopie (Piet sal dit geniet). Wouter ek dink dis 'n wyse man wat al sy goete dieselfde wil h?.
groetnis
Koos

Re: leopold vx3

Posted: Tue Apr 12, 2011 9:38 am
by Wouter Roets
Hallo Koos

Nie lank terug het ons n luiperd wat gekwes was op die plaas opgevolg en dit het maar net weer die vertrouens faktor wat kom van uniformigheid uitgewys. Aangesien al my gewere dieselfde maak is kon ek daai vertroudheid toepas op my groter kalibers wat nou op presies dieselfde wyse pas en werk toepas. Daai selfertroue wat dit aan my verleen het was dalk die deurslagewende faktor vir die spesifieke uitkoms. My mede opvolgs manne het gesukkel vanwee die onbekende wapens wat hulle hanteer het. Daai aand om die kampvuur het ons lank dit bespreek. Genadiglik was dit om die kampvuur en nie in die ICU nie! ;D

Hierdie beginsel van uniformigheid pas ek ook toe in my maatskappy op baie aspekte en voel dat die die voordele by verre die nadele uitkanselleer. Hierdie uitkyk het sy beproewinge en kompromies tot gevolg soos bv met die keuse van Leupold. Maar dit gaan nou weer oor die groot prentjie vir my en die produk wat die naaste kom om al my behoeftes te vervul.

So by-the-way hoe gaan dit met die nuwe werk? Geniet jy dit? Dit is seker n redelike aanpassing vir jou?

Groetnis
Wout

Re: leopold vx3

Posted: Tue Apr 12, 2011 10:09 am
by Koos Barnard
Wouter
Stem saam oor die eenvormigheid. Die nuwe werk is nog maar, wel... nuut. Ek is nie van nature 'n smous nie en moet dit nou van tyd tot tyd doen. Gelukkig is ek nie 'n rep nie want dan sou ek gedood het van die honger. Ek begin reis binnekort om skiete by te woon en praatjies te doen en ek glo dit sal nie sleg wees nie.  My jagtyd is net op die oomblik minder wat so 'n bietjie pla en ek moet nou my skryfwerk snags doen (maar nouja, die kinders moet seker geleerdheid kry en dit vra geld). In elk geval dis steeds lekker om met skietgoete deurmekaar te wees en magnum se kantoor het my 'n bietjie begin vasdruk.
Groetnis

Re: leopold vx3

Posted: Wed Apr 13, 2011 9:53 pm
by Piet Breedt
Koos Barnard wrote: Wouter
Dis doodreg, elke ou soen mos sy vrou op sy eie manier en ja, ek kan beslis nie ontken dat Leupold baie goeie waarde vir geld bied nie en nog damn goed is ook nie. Terloops, ek skiet nog met 'n 3-9x40 Burris wat destyds in Amerika gemaak is op my 7x57 en alhoewel ek die scope al wou smous het ek gode sy dank dit nog nie gedoen nie. Damn lekker scopie (Piet sal dit geniet). Wouter ek dink dis 'n wyse man wat al sy goete dieselfde wil h?.
groetnis
Koos
Koos ek het my eerste Burris ook n 3 - 6 x 40 toevallig dieselfde tyd gekoop as wat jou toets oor hom in die Magnum verskyn het.