Page 1 of 1

Raad gesoek vir .222 teleskoop

Posted: Mon Dec 29, 2014 2:04 pm
by Kallie404
Middag manne,

Ek het n Sako 222 met n gewone Lynx 3-9x40 op. Ek wil graag opgradeer na ietsie beters sonder om n verband op my plaas te vat. Ek roer hoofsaaklik ape en vlakvarke ( wat groente verniel ) met hom, veral die ape is slimmer as n mens by die tyd so ver skote is maar aan die orde vd dag. >:(

Ek kyk uit vir julle raad, dankie ;)

Re: Raad gesoek vir .222 teleskoop

Posted: Mon Dec 29, 2014 2:12 pm
by joe rocket
Kyk na die redfield battlezone 4x18x44 goeie waarde vir geld en die glas is helder.Daar is een op guntree vir R4000.



Groete

Re: Raad gesoek vir .222 teleskoop

Posted: Mon Dec 29, 2014 2:16 pm
by Baasvark
Op my gewere het ek lynx en leupold.

Alhoewel ek glo dat swarovski in 'n klas van sy eie is kan ek dit nie oor my hart kry om 20k te betaal nie.

Ek het onlangs by lynx 'n 6-24 x42 gekoop met die SA JAGTERS kruishaar en ek is baie tevrede. prys was so 9k as ek reg onthou.......

Die lekker is dat jy hom kan in stuur vir 'n "diens" of vir herstelwerk as dit nodig is aangesien hulle plaaslik is.

Re: Raad gesoek vir .222 teleskoop

Posted: Mon Dec 29, 2014 2:35 pm
by Stefan764
Kallie wat wil jy spandeer en tot op watter afstande wil jy skiet?

Groete

Re: Raad gesoek vir .222 teleskoop

Posted: Mon Dec 29, 2014 11:51 pm
by Sangoma (IAN)
Stefan764 wrote:Kallie wat wil jy spandeer en tot op watter afstande wil jy skiet?

Groete
Stem 100% saam. Daar is nou die regte vrae wat gevra moet word!
En om dit dalk nog een stap verder te vat. Ek neem aan die huidige Lynx het n 25mm buis. En om geld te spaar gan jy nie eintlik wil ringe en basisse vervang nie? Sako ringe en basisse is nie goedkoop nie. So meet die spasie tussen jou loop en scope en laat weet ons. Dit sal bepaal dat jy tot op n sekere grote lens kan gaan. Van daar kan die manne jou baie beter advies gee