Page 1 of 1
Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Sun Dec 28, 2014 11:54 am
by Doepie
Hi manne
Ek het hierdie fotos van "side-striped jackal" (weet nie wat is die korrekte afrikaanse naam nie) met my trailcams wat opgestel was by 'n voerplek vir bosvarke afgeneem (Barberton distrik - Mpumalanga).
Wat interessant was is dat hulle vir amper vier ure gevreet het aan macadamia doppe en neute wat daar gestrooi was vir die bosvarke.
Groot is my verbasing toe ek lees dat die outjies in seisoen uitsluitlik vrugte eet!
Hier is 'n uittreksel uit die dokument op die website hieronder genoem.
Field Notes
The Side-striped Jackal feeds exclusively on fruit in season and will often dedicate its diet to availability during particular seasons. The Side-striped Jackal seldom targets large prey and as such does not pose a threat to stock farmers that the Black-backed Jackal does.
Ek het dit baie leersaam en interessant gevind.
http://www.krugerpark.co.za/africa_side ... ackal.html
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Sun Dec 28, 2014 1:16 pm
by tripodmvr
Dankie, dit is nou baie interessante inligting en fotos.
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Thu Mar 12, 2015 11:59 pm
by stan man
daardie het ek nog nie hier by ons gesien nie
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 8:27 am
by Smirre
More
Hoe verskil hy van die witkwas jak?
Of is hulle dieselfde ding?
Smirre
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 8:30 am
by Frikkie Coetzee
Die regte afrikaanse naam is n giepjakkals
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 8:33 am
by Smirre
Die witkwasjakkals (Canis adustus) is 'n sku en seldsame jakkals wat
Volgens Google
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 8:48 am
by Dweetster
Die witkwas en die side striped is die delfde ding, ek het hulle ook al baie gesien en gemoniteer op kameras. Hulle sal aan karkaste ook eet, maar ek dink dat baie mense glo omdat hy groter is as die rooi jak, hy ook skape sal vang, daar sal seker uitsonderings wees maar ek glo nie as reel sal hulle nie.
Ek dink hulle sal aan klaar gevangde karkaste kom eet. Ek het ook nog nooit gesien dat hulle in groepies jag nie.
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 9:33 am
by Frederik
Ander naam vir hom is ook silver Jakkals. Ons het hulle ook raak geloop naby Lydenburg en bleikbaar kom hulle net voor in die kruger wildtuin.
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 11:24 am
by Hugov
Het hulle al in pongola ook gekry.
Groete H
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 12:23 pm
by musgrave270
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 12:57 pm
by Nickvn
Soos ek verstaan is die side striped en die witkwas een en dieselfde jakkals. Ek het ook hier by my van hulle en hulle al n paar keer gekry in die boord onder die bome waar hulle vrugte eet. Ek het ook foto van hulle op kamera. Sal gou kyk en hier plaas.
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 12:59 pm
by Nickvn
Hier is twee jongetjies.
SPLG0373_152015123540PM17gd9-2.JPG
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:00 pm
by musgrave270
Nickvn wrote:Soos ek verstaan is die side striped en die witkwas een en dieselfde jakkals.
Nick
ek weet nie of jy die link oopgemaak het wat ek hierbo geplaas het nie, maar die jakkalse wat hul daar wys in my opinie is albei "side striped" jakkalse. Die een het ook 'n prominente wit kwas waar die ander een se stert weer donker is.
groete
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:09 pm
by Nickvn
Dit het weer vir my na twee rooi jakkalse gelyk. Daai wit stert is baie groot en die swart saal op die rug is duidelik. Jy kry verskillende kleur jakkalse in sekere streke, hier by ons kry jy ook so n vaal rooi jakkals.
Kom ons wag en sien wat die manne wat weet se oor hulle.
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:33 pm
by Frikkie Coetzee
Mense help my gou. Ek ken n sidestripe jacal in afrikaans as n giepjakkals nav sy geluid. Is die witkwas dieselfde ding?
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:45 pm
by Philip_R
Side striped en witkwas is dieselfde soort jakkals. Het in 2 soogdier boeke gekyk van verskillende skrywers en uitgewers.
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 2:30 pm
by Skolla
Volgens my.
Side Stripe en Witkwas is dieselfde ding.
Die woord Giepjakkals het ek nog nooit gehoor nie. Streeksnaam?
Silwer jakkals, Draaijakkals is die Kaapse Vos.
Aardwolf word ook Maanhaar of Thygpjakkals (spelling) genoem. Ook glad nie jakkals familie nie.
Bakore word ook Bakoorjakkals genoem, en is glad nie n verwante familie aan die jakkals nie.
Streekstaal kan baie keer verwarrend wees vir iemand wat nie uit daardie streek kom nie, en kan dan verkeerd verstaan of dink.
My 2c
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 3:48 pm
by cassie_calvinia
draai en silwer is dieselfde.
skolla is reg
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 6:20 pm
by Frikkie Coetzee
Dubbel post. Sorry
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 6:21 pm
by Frikkie Coetzee
Die naam giepjakkals kry ek glad nie op die internet nie. Ek wil net weer gaan soek en die ou oom by wie ek dit geleer het mee praat. Die jakkalse kom nIe by ons voor nie so ek dink nie dis n streek naam nie. Ek sal uit vind
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 6:33 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het gou die man gebel. Ek het naam gehoor by Noel Ross. Hy se dit kan dalk n streeknaam wees. Hy het die naam gehoor tydens jagte in die Zambezi vallei. Dus nie n plaaslike jakkals nie. Ek is nogal verbaas oor n Afrikaanse naam uit Rhodesia uit vir die jakkals
Re: Side-striped Jackal [Canis adustus]
Posted: Fri Mar 13, 2015 6:54 pm
by G-force
Daar was baie afrikaanse boere in Rhodesia gewees,selfs in die oorlog geveg het.Ek is ook daar gebore en daar skool gegaan toe ek laaitie was.Sidestripe jakkalse is redelik volop rondom Machadodorp.Het al ingeroep daar op steenbok en bakleie.