Musgrave .270 se loop inbreek/ in skiet ?
Posted: Sat Dec 27, 2014 5:29 pm
Dagse manne. Ek het n Musgrave .270 bekom,dis van die ou soort. Dis die Vrystaat model. Hy het nog nooit n scope opgehad nie,daar was 4 skote uit die pakkie amo wat saam hom gekom het en ek het nog 3 geskiet. Ek glo dis al wat al deur hom geskiet is behalwe vir die 3 proef skote. Ek besit n 260 wat ek tans as my langafstand jag en tyken geweer gebruik. Ek wil die .270 vir langafstand jag gebruik en die .260 vir staal en kopskote op springbokke ens. (Met skyfskiet punte) My vraag nou: Skiet ek daai loop in en hanteer ek hom soos n nuwe loop ? Is dit die moeite werd ? Saam die .270 het n 243 Tikka gekom met n roes kol (gepit) so 4" van die kamer af en so groot soos n erkiepit. Is dit gevaarlik en hoe gevaarlik ? Ek hoor graag van julle !!