Page 1 of 2
DIY Skietstoel
Posted: Fri Dec 26, 2014 10:02 pm
by Jackalsniper
Hierdie was my eerste probeer slag ong nie so stewig gewees soos ek gehoop het nie, het maar op scrap hoop ge eindig
IMG00124-20120929-2138-compressed.jpg
IMG00124-20120929-2138-compressed.jpg
Re: DIY Skietstoel
Posted: Fri Dec 26, 2014 10:05 pm
by Jackalsniper
Het probeer om n basis te bou wat kan oplig ,maar ja eendag as ek groot is
Toe begin tweede probeerslag..... honderde ure later
Re: DIY Skietstoel
Posted: Fri Dec 26, 2014 10:07 pm
by Jackalsniper
Nog se week se werk dan kan ek begin toets....
Re: DIY Skietstoel
Posted: Fri Dec 26, 2014 10:14 pm
by Cornelius
Jinne baie netjies! Laat weet as jy vir die publiek begin maak

Re: DIY Skietstoel
Posted: Sat Dec 27, 2014 7:48 am
by theedge
Baie netjies maat - lyk my n man kan nogal lank in daai stoel sit
Re: DIY Skietstoel
Posted: Sat Dec 27, 2014 8:15 am
by Flip Nel
Like die hond op die skoot

gaan hy saam jakkals jag.
Re: DIY Skietstoel
Posted: Sat Dec 27, 2014 3:32 pm
by James Wilson
Ek hou van die een stuk balk, maw dat jou punte van ondersteuning een platform is, en nie twee punte nie. Baie min stoelle lyk so. Ek dink jy sal beterer stabiliteit so kry
Re: DIY Skietstoel
Posted: Mon Dec 29, 2014 7:51 pm
by Scruffy
Mens kan sien hy is darem vir gemak ook gebou. Mens moet mos soms wag vir die jakkies om in te kom.

Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Dec 30, 2014 2:02 am
by Finfan
Dit lyk sommer spoggerig!
Re: DIY Skietstoel
Posted: Wed Dec 31, 2014 6:10 pm
by Jackalsniper
Dankie Ouens, ja dit lyk goed sover maar ek wil amper die hele stoel verander, ek het te veel angle iron gebruik wat swaer is en nie so stewig is soos n square tubing met dieselfde oppervlak maar dunner wand nie. So die stoel is heeltemal te swaer, ek het vergeet ek gaan nog n bipod opsit en die hele vasmaak meganisme gebou sonder om plek te maak vir bipod, so dit moet oorgebou word en vereenvoudig word om tyd en geld te spaar ,maar hou makliker hoe duurder lyk dit my haha.
So dis maar hoekom ek ni skaam was om n foto van my stoel op te laai want om hom so te bou is ng nie heelte mal reg nie.
ek het baie van die truter stoel gecopy om myne darm na iets te laat lyk maar voor ek enigsins oorweeg om vir die publiek te maak, gaan ek eers als volgens my eie ontwerp bou. hou nie daarvan om n ander ou se idee te gebruik of self verbeter nie, my stoel moet uniek wees, maar hy moet prakties wees en werk, so ja daar is nog baie om reg te kry, so op die stadium se ek, moeni tyd mors met self n stoel bou nie gaan koop een, daar is nice stoele wat werk en skiet solank n paar jakkalse en kry geld in, ek spandeer nog haha
Re: DIY Skietstoel
Posted: Wed Dec 31, 2014 7:50 pm
by Heinz Petersen
Wat het jy of gaan jy gebruik vir die drade vanaf die battery na die stoel.
Re: DIY Skietstoel
Posted: Thu Jan 01, 2015 1:47 pm
by Jackalsniper
Ek het n hollowbar gevat vir die as wat in twee bearings pas. Dan twee
Vesconite buste een op elke kant van di hollow bar en hulle het elkeen n 12mm gat deur. Dan pas n stuk 12mm threaded rod regdeur van bo tot onder sonder dat dit aan di hollowbar raak. So di rod is geisoleer. Dan aan bokant van rod twee nuts waartussen di boonste draad vaskom
En onder n brass bus wat 12mm thread ingetap is wat op onderste rod se punt ingeskroef is. So di boonstedraad kom vas aan di rod , rod is geisoleer deur die hollowbar tot by brass bus. Dan het ek sommer n alternator borsel wat op di bus loop.
Dis eintlik so eenvoudig jy sal huil as jy sien hoe maklik dit werk. My 3 aande nie laat slaap ni haha
Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:06 pm
by Jackalsniper
Okay hier is weer foto's van die as en als wat ek gebou het en meeste weer afgesny en gescrap het haha. laaste sal binnekort
klaar wees met stoel. uiteindelik, ek het al duisende spandeer , oor en oor en oor ..., maar ja aanhouer wen
Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:09 pm
by Jackalsniper
As en die geisoleerder threaded rod . die draad kom bo aan rod vas en brass bus loop teen borsel
Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:11 pm
by Jackalsniper
Het die stoel probeer bou sodat hy n lae skarnierpunt het sodat hele stoel terug sak as mens langpad moet ry, maar dit als was te los en onstabiel, ja dit als gescrap.

Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:17 pm
by Jackalsniper
Soos ek vroer gese

het, moet nooit angle iron gebruik vir iets wat stewig moet wees nie, dis flexible en swaer...
die foto met die springs

o doner wat n flop, wou he dit moet my geweer regop hou en kant toe kan kantel maar was n gemors, ngal cool gelyk. Toe probeer ek weer iets anders wat die vas was. het die geweer se vise nou seker 5 keer oorgebou en hys nog nie reg nie
Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:23 pm
by Jackalsniper
Hier is my nuutste poging. geweer word gestabalise deur n gas shock aan die onderkant. pyp voor is vir spotlight
sodat jy agter bo -oor lig kyk, so geen lig op silencer nie. geweer kan kant toe swivel en le doodstil.
Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:27 pm
by Jackalsniper
Toe scrap ek vandag die angle iron basis. My n basis gebou met rect tubing.
Re: DIY Skietstoel
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:30 pm
by Johan Nel
Ek bewonder jou deursettingsvermoë. Doet so voort tot jy die stoel na jou sin reg het.
Re: DIY Skietstoel
Posted: Wed Feb 25, 2015 6:11 am
by .223 JAGTER
Baie mooi stoel en daar is baie tyd en planne in my ondervinding is ook jy bou nie sommer gou n stoel nie dit vat tyd en baie geduld doen so voort.
Re: DIY Skietstoel
Posted: Wed Feb 25, 2015 8:12 am
by Hein (Haan)
As jy met pyp werk probeer gerus die tubemiter program.
Jy print die jig uit en knip die vorm met n sker uit, plak om pyp en sny op die lyne met grinder ens.
Maak die inlas van pype baie makliker.
Hoop die link werk
Tubemiter
Re: DIY Skietstoel
Posted: Wed Feb 25, 2015 8:42 am
by Hein (Haan)
Sorry dink die link sal werk
Tubemiter
Re: DIY Skietstoel
Posted: Thu Feb 26, 2015 8:46 pm
by theedge
Dit n smart stoel
Re: DIY Skietstoel
Posted: Mon Mar 09, 2015 9:02 pm
by Jackalsniper
Nuwe basis wat werk!

Re: DIY Skietstoel
Posted: Mon Mar 09, 2015 11:11 pm
by stan man
mater.
jy is n planmaker so na aan my hart.
man ek hoop daardie stoel gaan jou net plesier verskaf as jy hom klaar het.
as jy ooit naby my is kom dan gaan probeer ons hom uit.