Page 1 of 1

Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 4:20 pm
by Muishond nr 1
Dagse manne. Dis my eerste post op die forum. Ek het die volgende probleem ondervind: Ek het n NXS 12-42 x56 op my .260 . Ek sukkel kwaai met hom in die nag,ek besef dis nie die beste scope vir die nag nie. Ek het die son skerm ook al af en kry net nie die helderheid wat ek verwag van die NF nie ! Is dit oor die fyn parralaks verstelling,of omdat die exit pupil so klein is of n kombenasie van die 2 ? Jammer vir enige tik foute.
Sal graag ouens met ondervinding soos Gino en G-force se meningings wou hoor ?
Die belangrikste nou- is om kalm te bly..... 8)

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 4:24 pm
by tripodmvr
12 x vergroting is alreeds verantwoordelik vir 'n baie nou sigveld en enige verdere opstel maak dit nog nouer. Ek sou 'n telskoop wat vanaf 4-6 na groter stel aanbeveel. Die 56mm objektief help om meer lig in te kry en daarom sal 50-56mm aan te beveel wees.

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 5:06 pm
by Muishond nr 1
Ek moet by se dat ek hom wel net op 12 x in die nag skiet. Ek het meer van die NF verwag,as mens hom met my broer se 2.5-10 x56 Lynx vergelyk. Ek glo die fyn parralaks verstelling het n groot invloed ?!

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 5:20 pm
by PWV
Muis

Daardie teleskoop van jou is 'n uitstekende langafstandteleskoop. Kry vir jou 'n 3-15x50 vir die nag.
Tripod het dit hierbo ook verduidelik.
Groetnis

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 5:58 pm
by tafjak
Muishond

Die FOV is die oorsaak. Dit werk beter as jy die lig se fokuspunt so klein(lees kol) so klein as moontlik ook kan kry om in die sigveld van die scope te pas. Kyk self as jy die vergrotings afdraai wat die verskil is

Mooiloop

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 7:01 pm
by Gian_dP
Soos Taffie en Tripod se, 12x is jou probleem. Die "exit pupil" van n teleskoop bepaal hoeveel lig dit inlaat. Dit is die voorste(objektiewe) lens gedeel deur vergroting. Dus sal 56/12 n 4.7mm exit pupil gee.

Menslike pupil so 7mm op sy grootste, dus is 56mm met 8 vergroting die beste verhouding tussen vergroting en lig deur laat. 3-9 by 40 gestel op net minder as 6x sal selfde hoeveelheid lig deurlaat, net met effe laer vergroting.

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 7:07 pm
by Louis102
As man met 'n Formule 1 resieskar die Kalahari se duine aanpak, mag jy dalk ook sukkel.....die beteken nie die F1 mouter is sleg nie, man moet hom net gebruik waarvoor hy gemaak is....(dink ek maar so by myself)

Op 'n goeie nagjag scope sal 12 x vergroting jou steeds baie goeie resultate gee....

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 7:15 pm
by Muishond nr 1
Ek moet se daai scope is n puik langafstand scope !! Dis net daai 260 skiet so mooi :laugh: :laugh: Ek het darm n 243 en 223 oppad vir nagskiet,sal op hul iets beter sit vir die nag ! Die geldjies is maar altyd die probleem :( Dankie vir jul insae sover !!

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 11:46 pm
by Jackalsniper
Ja, dis jammer daai scope se minumum vergroting is 12, dit is maar di grootste probleem, ek het al gehoor van ouens wat se die paralaks kan neuk in die nag ,maar dit is as mens op verskillende afstande probeer in en uitzoom en daar nie tyd is vir paralaks stel nie. Ek se dit versigtig,maar iemand het my gese hy beveel zeiss se HD5 baie sterk aan in hierdie opsig. Sy paralaks verstelling bly oor n langer afstand gefokus wat beteken n ou kan oor n range van 25 tot 200+ meter sien sonder om paralaks te verstel. as hy ingestel is moet jy glo ver verby 200 meter eers weer begin stel aan paralaks, en vir nag skiet gebeur dit nie gereeld dat n ou verder as 250 wil skiet nie. Ek sou se n scope met n maksimum van 12 vergroting met n 56mm lens bly maar die antwoord. weet nie van enige scopes wat ek nou aan kan dink wat eers n paralaks verstelling het met 12 max vergroting nie, so as hy nie paralaks verstelling het nie, net nog minder oor om te worry haha.

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Fri Dec 26, 2014 11:55 pm
by Jackalsniper
Ek het na Lynx se 8 x56 gekyk, hy is baie helder maar 8 vergroting is net te klein. Ek het n Leupold vx3 4.5-14x 50, en hy is sommer tiptop. Hy is op 11 gewoonlik,maar as n ou wil seker maak waarna jy kyk kan jy hom darm gou bietjie opdraai.
4scopes het n ruk terug n zeiss conquest adverteer met n 56mm lens, het ngal na n goeie opsie gelyk. dink dit was n 3-12x 56mm

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Sat Dec 27, 2014 7:15 am
by Francois Marais
Muishond.....
Die 12X minimum vergroting is nie jou probleem nie....ek skiet op 20X vergroting in die nag.....jou probleem is die NF se field of view...FOV....die teleskope is bekend vir hulle klein FOV....en soos reeds genoem deur paar manne hier....niks fout met die scope nie, maar n geval van " horses for courses"

Mooi loop
Francois

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Sat Dec 27, 2014 7:52 am
by Muishond nr 1
Dankie manne,die klein FOV maak 100% sin !! As ek daaroor dink hier waar ek langs die see sit ....hehe

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Tue Dec 30, 2014 10:37 am
by PWV
Muishond, hier is die teleskoop wat sal werk vir nagskiet. Die 4-15x50.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 85#p449239

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Tue Dec 30, 2014 11:36 am
by SNIPER
Hi Muishond.....

Ek skiet met selfde scope op my 22-250 net die BR model en dit
vat maar n rukkie om hom gewoond te raak maar as jy hom
eers ken werk hy baie mooi.

Wat ek van daai NF hou is jy kan lekker ID en help baie met lang skote in die nag.

Hoop jy kom reg.

Groete

Sniper
0724127062
Ultimate Varminting
provarminthunter@gmail.com

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Tue Dec 30, 2014 8:03 pm
by tgg
Ek sukkel glad nie met my swarovski nie, Ek het ook 2 meopta meopro gekoop, n kleiner een vir wanneer daar minder verstel tyd is, (4-12) en n groter een vir teiken skiet. (6-18).

Met die QD ringe van Warne is daar ook nie te verstel met n scope ruiling nie.

Maar daar is min scopes wat met n vergroting bo 12x in die nag kan skiet, hulle optics val uit die bus uit

n NF is oor sy meganiese dinge nie sy lense nie, daar is hy tops

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Wed Dec 31, 2014 1:05 am
by Finfan
Gaan die 5.5-22 nie beter FOV In die nag he nie?

Re: Sukkel met NF in die nag ?

Posted: Wed Dec 31, 2014 1:39 pm
by Supacow
Moet lees soos die Cruiser hemde: Dis n NF ding jy sal nie verstaan nie :laugh: