Page 1 of 1
Zeiss Duralyt 3-12x50 - 30mm tube
Posted: Tue Dec 23, 2014 5:42 pm
by Heinz Petersen
Wie het so een en hoe vind jy die scope. Sal hy goed werk in die nag vir jakkalse skiet.
Re: Zeiss Duralyt 3-12x50 - 30mm tube
Posted: Tue Dec 23, 2014 6:56 pm
by Dewitt
Hallo Heinz, ek het een wat die verligte kolletjie het en hy werk uitstekend vir my in die nag. Ek het hom tweedehands gekoop en nie regtig geweet hy het dit by nie tot ek hom gekry het nie. Die kolletjie gebruik ek glad nie en vir my begroting en skietafstand in die nag (50-250 dalk 300) is hy een honderd persent.
Groete
Dewitt
Re: Zeiss Duralyt 3-12x50 - 30mm tube
Posted: Tue Dec 23, 2014 6:58 pm
by r1ch@rds
Ja hy sal werk want die 50mm lens grote met die 30mm tube sal goeie lig toelaat. Zeis se optics ook baie goed so sal verseker werk.
Re: Zeiss Duralyt 3-12x50 - 30mm tube
Posted: Tue Dec 23, 2014 7:05 pm
by Heinz Petersen
Dankie julle.
Re: Zeiss Duralyt 3-12x50 - 30mm tube
Posted: Tue Dec 23, 2014 8:47 pm
by Piet Pille
Hallo Heinz,
Ek het ook een en hy is baie helder. Ek het nognie in die aand met 'n lig geskiet met hom nie maar kon verbasend goed detail uitmaak die ander aand sonder 'n lig in 'n driekwartmaan.