Page 1 of 1
Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Sun Dec 21, 2014 10:28 pm
by Finfan
Dagse
Ek wil vir my n progressive press kry vir herlaai van my 9mmP, 9mmS en .44. Gee my asb bietjie julle meening oor die soortes wat voorkom, mees gebruikersvriendelik, kostes en wat jul sal voorstel. Ek wil eenkeer koop en kla koop, nie lus vir sukkel, maar wil ook nou nie n arm en n been betaal nie.
Ek hou dop.
Dankie
Neil
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 2:51 pm
by Supacow
Die kortloopmanne is spaarsamig met hul raad
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 2:57 pm
by Finfan
Lyk my daai geval Supacow!
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:02 pm
by Rudie
Ek het vir so 3 jaar baie aktief IDPA geskiet en het eers begin met 'n Lee pro 1000 maar het my hare uit my kop getrek met hom. Ek het toe later vir my die lee Loadmaster aaangeskaf en kan vir jou sĂȘ hy doen alles wat hy moet. Jy moet net nie hardhandig met hom werk nie want sy primer feeder is maar plastiek en breek baie maklik en hulle is nie orals te koop nie.
Shell plates kry jy oral en hy laai nogal baie lekker vir die .223 ook. Ek het nie ondervinding met die ander make nie so ek kan nie daar komentaar lewer nie.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:11 pm
by Kingy
Ek het ook n lee pro 1000, laai 9mmP met hom. Die priming system is maar vir , ek deprime op die press, dan moet ek maar alles met die hand weer prime en dan die herlaai van die ammo weer met die press doen.
Die press druk nie die primers lekker in nie, en as een primer nie in gaan nie is jou hele setup vol gun powder, dit kan maar neuk, so dit spaar n hele klomp vloekke om alles maar met die hand te prime.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:21 pm
by Finfan
Baie dankie manne, dit help alreeds om julle kommentare te hoor.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:40 pm
by blaser
daar is net een pres nl n dillon 650 ek laai alles met hom tot by n 375
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:43 pm
by Finfan
Remington
Wat kos so Dillon 650 kombinasie?
Groete
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:47 pm
by 1lum1nat1
Ek laai met 2 presses, Lee Classic Cast Turret (Semi-progressive) en 'n Lee Classic cast.
Die lee Pro het 'n paar "issues", maar daar is BAIE videos op youtube wat jou baie vinnig kan help. Daar is 100'e mense op Gunsite wat slegs met 'n Lee Pro laai en geweldig baie skiet.
As jy van die begin af baie kopsere wil spaar, maar bereid is om 'n paar rand te betaal en so ook 'n hele paar rand vir nuwe dies en alles wat saam met die storie gaan, kyk gerus na die Dillon Square Deal progressive press. Let wel die press is slegs vir handwapens bedoel.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 3:52 pm
by blaser
soos alles is kwaliteit altyd duur ek kan nie mooi onthou nie maar dis hier by die r15000
ek kry baie goeie resultate op geweer ammo en hand wapen
die dillon sisteem werk vir my
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 4:04 pm
by Finfan
Baie dankie vir al die info, ek waardeer dit. Ekt al bietjie geloer op youtube en lyk my die Dillon is maar the way to go.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 4:49 pm
by Supacow
Gaan Howa. Hys cheaper en hy kan dam skiet!
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 7:59 pm
by Capt. Yoda
http://kk.org/wp-content/archiveimages/dillon-precision.jpg
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 11:33 pm
by Hein M.
Die Dillon 650 is koning.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Dec 22, 2014 11:36 pm
by Finfan
Dankie baiw, Dillon sal dit dan wees!
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Tue Dec 23, 2014 6:56 am
by blaser
onthou daar is baie ander lekker goed wat saam met daai press loop so gaan jy nog n klomp geld by spandeer
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Tue Dec 23, 2014 7:03 am
by VdWalt
Op shooting stuff is hy nou R20 000 saam met al die ander lekker goed by. Dis te duur vir my. SO next best thing is dan die
Lee load master?
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Tue Dec 23, 2014 7:34 am
by blaser
dis nie al die lekker goed nie die donder kos my al oor die vyfig
onthou dat shooting stuf 20% duurder is as die ander ouens in die selfde dorp
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Tue Dec 23, 2014 7:52 am
by marthinus100
Ek doen ook soos Kingy. Lee pro1000. Gooi eers vuil doppe vir so 2 siklusse in die sonic cleaner en deprime op press. Gooi dan weer doppe in sonic cleaner tot dat hulle mooi skoon is. Prime met hand primer sommer so op die bank voor die tv. Laai dan net op press. Pro1000 is maar vol nukke, maar die manier gee nie veel probleme nie. Kry net n adjustable power bar ens by. Ek haat daai indexing wheel dispensers.
Moet by se as ek die geld gehad het sou ek ook die dillon xl650 kry, maar ek skiet nie soveel om die prys te regverdig nie.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Tue Dec 23, 2014 8:39 am
by Arnold
Ek laai op die lee loadmaster en hy het ook maar sy probleme. Vir die hoeveelheid wat ek skiet kan ek egter nie n Dillon regverdig nie.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Jan 26, 2015 9:00 pm
by Raakgeskiet
Finfan
Wat se press het jy toe gekry?
Ek het ook die dillon xl 650 en verruil hom vir niks nie.
Koop hom nou, want oor 'n jaar of twee is hy nog duurder, dan se jy jy moes hom maar 2 jaar terug gekoop het.
Beste is as iemand hom kan saambring van oor die water af.
Re: Progressive Press'e vir handwapen herlaai?
Posted: Mon Jan 26, 2015 11:53 pm
by Finfan
Raakgeskiet
Na die fees seisoen het ek nog nie weer verder aan press-koop gekom nie, maar wel intussen Vrydag impulsief nog n 223 aangeskaf. Finansies gaan my nou eers hamper om maar met die gewone press klaar te kom.
Dankie vir die insette. Ek sal nou maar eers weer moet wag.