Page 1 of 1

Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 11:51 am
by Frik Swanepoel
Goeie middag almal.

Ek is baie bly ek het uiteindelik aangesluit by hierdie forum. Ek het alreeds n paar "tips" vir die nuwe 2015 jagseisoen opgetel.

Groete ,

Frikkie Swanepoel , Paarl

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 11:53 am
by joe rocket
Welkom Frikkie ja hier is baie tips. Het jy nog die 7x64?

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 11:59 am
by PWV
Welkom Frikkie. Vertel ons van jou ketties!

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 1:09 pm
by Frik Swanepoel
Hi julle.

Ja , ek het nog defnitief my Musgrave RSA aksie 7 x 64. Skiet nog steeds net Hornady 162Gr. SST , 3 groep groeperings sny op 100 m. Hierdie was my proeflading en ek hou nog steeds by dit. Ek het my jag "logbook" van 2013-2014 laasweek nagegaan en ek het al 22 x bokke , 5 x vlakvarke , bobbejane ens. met hom gejag.

My nuutste lid tot my geweer gesin is in 1899 Westley Richards Martini Henry , 577.450. Johan , Wessel en Lourens ( die Martini manne) het my gehelp met die regte lading ontwikkeling. Ek was gelukkig om 25 x spliternuwe Kynoch doppe op te spoor , gebruik S335 @ 33.5 Gr met n 420 Gr SWC.Ek jag ook elke jaar op my swaer se plaas en was bevoorreg om hierdie bulletjie met die MH plat te trek. Het hom op 30 m hoog op die nek geskiet en die sagte daklood het die nekwerwels verbreisel. Het ook selfde jag n trofee bosbok uitoorle op Somerset Oos.

Het hierdie/2014 jaar springbokke , koedoes , n gemsbok , waterbok , hartebees ens. gejag.

Defnitiewe 2015 Voornemens : trofee Vaal ribbok , eland bul en blouwildebees

577.450 Martini Henry 1899
7 x 64 RSA Musgrave
6.5 x 55 Howa 1500 ( gaan hom "pimp" )
.22 LR Anschutz
.44 Magnum Ruger Redhawk
.45 ACP Norinco

Groete

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 1:31 pm
by Flip Nel
Baie welkom hoop jy geniet dit.

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 2:10 pm
by Gawie(13mm)
Welkom maat.
Oom PW, hier het ons nou 'n jagter van formaat. Ons twee sal maar hou by die springbokke en makoue.

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 2:51 pm
by Boesman10
Buurmans groete uit die Paarl uit - Welkom Frikkie.

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 2:59 pm
by PWV
Frik Swanepoel wrote:Hi julle.

Het hierdie/2014 jaar springbokke , koedoes , n gemsbok , waterbok , hartebees ens. gejag.

Defnitiewe 2015 Voornemens : trofee Vaal ribbok , eland bul en blouwildebees

577.450 Martini Henry 1899
7 x 64 RSA Musgrave
6.5 x 55 Howa 1500 ( gaan hom "pimp" )
.22 LR Anschutz
.44 Magnum Ruger Redhawk
.45 ACP Norinco

Groete
Wonder wat daai "ens." is wat jy gejag het in 2014?
In vergelyking met 2014, gaan jy maar min jag in 2015.
Wat is "pimp"?

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 3:12 pm
by Heinz Petersen
Welkom Frikkie.
Julle raak nou te veel daar in die Paarl. Pasop vir die Gawie/PWV span.

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 3:48 pm
by Frik Swanepoel
Dankie julle. Ja - ek sien baie Paarl manne op die forum. Lekker om so te chat en kennis te deel. Oom PW - die "ens" was bobbejane en heelwat vlakvarke.
"Pimp " - ander woord vir mooimaak = Boyds camo thumbhole , Bez silencer , scope -20 x 50 , Timney sneller en dies meer.

Ek het alreeds 3 x jagte vir 2015 maar wil ook die Weskaap se hoogste berge gaan klim op soek na n mooi Vaal ribbok.

Re: Nuwe lid : Frikkie Swanepoel

Posted: Fri Dec 19, 2014 4:27 pm
by alecjohnson
Welkom hier, ek hou van jou roer versameling, net jammer daar is nie 'n brno/ CZ nie :)