Page 1 of 1

Reloading Press

Posted: Tue Apr 05, 2011 3:24 pm
by Chrisjan
Hello.

Ek wil 'n reloading press koop, dit gaan egter in staat moet wees om 'n magnum kaliber te herlaai. Is daar enige raad ten opsigte van maak en waar om te koop? Ek sal ook na 'n 2de randse een kyk.

Dankie en groete

Re: Reloading Press

Posted: Thu Apr 07, 2011 2:56 pm
by THOMAST
Chrisjan,
Ek sou voorstel dat jy 'n sogenaamde "O" press aanskaf . Dis is 'n press waar die matrys aan 2 kante ondersteun word. Voorbeeld is die RCBS Rockchucker.. Die Lee classic cast press is ook 'n goeie kopie, hy het baie lengte om die lang magnums te akkomodeer. Daar is  baie ander goieie stesels op die mark, te veel om hier te noem.
Wat jy ookal kry, kyk na die wringkrag stelsel van die press - hoe sterker, hoe minder moeite om te herlaai. Ek sal wegbly van die aluminium tipe perse, veral as jy groot magnum patrone wil herlaai.
Ek gebruik 'n RCBS Rockchucker al vir 30+ jaar en is baie tevrede met hom. Ek het sowat 8 jaar terug vir my 'n Forster Co-Axial press aangeskaf. Dit is volgens my seker een van die beste pers stelsels op die mark vandag.

As jy gaan tweedehands koop, maak seker dat daar nie te veel speling op die as van die press is agv slytasie nie- dit kan die belyning van die patroon en die matrys beinvloed  wat nie goed is vir akkuraatheid kan wees nie.

Re: Reloading Press

Posted: Thu Apr 07, 2011 3:52 pm
by erx
Hi Chrisjan

RCBS Rockchuker, dis al wat jy gaan nodig he vir die res van jou lewe!

Groete
erx

Re: Reloading Press

Posted: Thu Apr 07, 2011 4:06 pm
by Witpietskiet
Ek stem met die RCBS Rockchuker, hy werk.

Re: Reloading Press

Posted: Fri Apr 08, 2011 7:24 pm
by KSV
Naand manne,

Julle kan kyk na Redding ook.

Big Boss of boss. Ek gebruik my Boss om my 375 H&H te laai maar die Big Boss is bietjie groter.

Maak mooi!
Hein

Re: Reloading Press

Posted: Fri Apr 08, 2011 8:20 pm
by Jagtersdok
Enige een van die volgende in volg orde van toename in prys

Lyman Crusher
RCBS Rockchuker
Dillon, Redding, Foster

Re: Reloading Press

Posted: Fri Apr 08, 2011 8:36 pm
by Gerrit Visser
Chrisjan ek het 'n maand gelede deur die oefening gegaan om nog 'n press te koop. Die beste wat ek kon doen was by Kloppers Bloemfontein, Lyman Crusher2 R1595. Die press is baie mooi konsentries en stewig. Baie goeie waarde vir geld.

Groete Gert