Page 1 of 1

Interne verstelling vir langafstand skiet

Posted: Thu Dec 18, 2014 5:54 pm
by JGZ
Naand almal,

Ek wil bietjie my 308 se bene rek. Ek het toe sommer gekyk wat my hoogte verstelling moet wees op my Applied Ballistics app en sien toe vir n 1000m sal ek 12.2 mils moet verstel op my 100m zero. Ek verstel toe my teleskoop en sien dat ek slegs min of meer 12 mils oor het voor ek verstelling hardloop. Vir afstel het ek amper 20 mils todat ek uit verstelling hardloop.

Die vraag is dus: hoe kan ek van daardie afstel 20 mil wen vir op verstelling? Ek neem aan ek moet die teleskoop afhaal, die turrets bv. 15 mils afstel en dan oormount en zero? Sal dit werk?

Groete,

Gideon

Teleskoop specs: Bushnell 3.5-21 x 50 HDMR ffp interne verstelling 35 mils

Re: Interne verstelling vir langafstand skiet

Posted: Thu Dec 18, 2014 6:48 pm
by Supacow
20 moa rail is jou voorland ;D

Re: Interne verstelling vir langafstand skiet

Posted: Thu Dec 18, 2014 6:54 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê.

Op papier maak dit sin, maar in die regte wereld werk dit ongelukkig nie so nie. Maklike oplossing is om 'n 20moa basis op te sit. Daarmee sal jy 5.8 mills wen.

Re: Interne verstelling vir langafstand skiet

Posted: Thu Dec 18, 2014 7:14 pm
by Finfan
20moa pic rail gaan soos n bom werk!

Re: Interne verstelling vir langafstand skiet

Posted: Thu Dec 18, 2014 10:17 pm
by JGZ
Daarsy. Dankie manne dit maak sin. Moes van die begin af n 20MOA opgesit het. Toevalig laasweek n nightforce 20MOA rail gekoop vir my nuwe bou maar vir n Remington aksie. Ai hier vat S&O weer my geld.