Page 1 of 2

Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Thu Dec 18, 2014 5:25 pm
by Wilhelm Schultz
Middag manne

Wat sou julle se is die beste “Illuminated” teleskoop en kruishaar kombinasie op die mark as prys nie 'n faktor is nie?

Hoor graag

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Thu Dec 18, 2014 5:52 pm
by Supacow
n Onverligte 8x56 Schmidt ;)

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Thu Dec 18, 2014 8:23 pm
by Capt. Yoda
Zeiss diavari met normale +

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Thu Dec 18, 2014 11:28 pm
by Dewitt
Het gisteraand deur 'n Zeiss Diarange gekyk - ongelooflik!!!

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 7:19 am
by Drenalinjunkie
Zeiss Victory HT is die helderste teleskoop op die mark met tot 95% "light transmission" (volgens Zeiss) IR is ook puik op hulle.

As jy n groter vergroting soek kyk dan na die Victory Diavari FL modelle.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 7:39 am
by prohunt
Zeiss V8 en/of Swarovski Z6 BRX-i. Albei het net 'n baie klein verligte kolletjie in die middel van die kruishaar.

Ek moet sê die Zeiss V8 is 'n ongelooflike teleskoop!!!

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 7:44 am
by Drenalinjunkie
Prohunt wrote:Zeiss V8 en/of Swarovski Z6 BRX-i. Albei het net 'n baie klein verligte kolletjie in die middel van die kruishaar.

Ek moet sê die Zeiss V8 is 'n ongelooflike teleskoop!!!
Die V8 is puik. My enigste probleem met hom is dat Zeiss SA net die V8 met n rail invoer!

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 9:10 am
by JPS
Die Swarofski z6 5-30brx is baie helder, al wat ek nog gebruik het en op kan mening lig. Nog net met Zeiss se HD5 gewerk so kan nie vergelyk nie.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 9:16 am
by Geno
Illumination is onnodig op 'n nagskiet teleskoop. Vat daai paar rande wat jy vir die funksie betaal en sit dit in beter glas in.

Ek sou ENIGE een van hierdie vat, en gemaklik tot 400m+ in die nag skiet:

Meopta Meostar R1 3-12x56
Swaro Z6 2.5-15x56
Swaro Z6 2-12x50
Swaro Z5 5-25x52
Zeiss 3-12x56
Zeiss 6-24x56
March 2.5-25x52
March 3-24x52
Burris Black Diamond 8-32x50 (of 56, nie seker watse een Ge het nie)

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 9:27 am
by Drenalinjunkie
Geno wrote:Illumination is onnodig op 'n nagskiet teleskoop. Vat daai paar rande wat jy vir die funksie betaal en sit dit in beter glas in.

Ek sou ENIGE een van hierdie vat, en gemaklik tot 400m+ in die nag skiet:

Meopta Meostar R1 3-12x56
Swaro Z6 2.5-15x56
Swaro Z6 2-12x50
Swaro Z5 5-25x52
Zeiss 3-12x56
Zeiss 6-24x56
March 2.5-25x52
March 3-24x52
Burris Black Diamond 8-32x50 (of 56, nie seker watse een Ge het nie)
Soos altyd... Baie goeie smaak!

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 10:37 am
by Supacow
Nie heeltemal. As Schmidt op die lysie was miskien.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 1:14 pm
by prohunt
Drenalinjunkie wrote:
Prohunt wrote:Zeiss V8 en/of Swarovski Z6 BRX-i. Albei het net 'n baie klein verligte kolletjie in die middel van die kruishaar.

Ek moet sê die Zeiss V8 is 'n ongelooflike teleskoop!!!
Die V8 is puik. My enigste probleem met hom is dat Zeiss SA net die V8 met n rail invoer!
Drenalinjunkie, daai V8 met die rail werk baie lekker, wens al my scopes was nou so. Ek het tot my Lightforce se lig "bracket" maak pas op hom.........onverbeterlik!!! Die lekkerste is dat jy nooit weer hoef te sukkel met 'n kruishaar wat nie 100% opgelyn is nie.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 1:26 pm
by Drenalinjunkie
Prohunt wrote:
Drenalinjunkie wrote:
Prohunt wrote:Zeiss V8 en/of Swarovski Z6 BRX-i. Albei het net 'n baie klein verligte kolletjie in die middel van die kruishaar.

Ek moet sê die Zeiss V8 is 'n ongelooflike teleskoop!!!
Die V8 is puik. My enigste probleem met hom is dat Zeiss SA net die V8 met n rail invoer!
Drenalinjunkie, daai V8 met die rail werk baie lekker, wens al my scopes was nou so. Ek het tot my Lightforce se lig "bracket" maak pas op hom.........onverbeterlik!!! Die lekkerste is dat jy nooit weer hoef te sukkel met 'n kruishaar wat nie 100% opgelyn is nie.
Waar. Ek bly maar net skepties daaroor. Ek voel net soveel meer sekuur as ek ringe om n R35k teleskoop het.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Dec 19, 2014 1:41 pm
by Capt. Yoda
Of n lekker leica

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Sat Dec 20, 2014 3:02 pm
by Danie01
verligte kruis nie nodig nie maar werk baie lekker veral as jy hom eers gewoond is. Dis meer soos n nice to have as n moet hê

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Sat Dec 20, 2014 3:12 pm
by cassie_calvinia
die I kruis maak my oog moeg in die nag.
het op my ou lynx die ding vir 1 oomblik aangehad, en nooit weer.
glo is die diavari beter. maar my 2-12x50 Z6 is bitter lekker scope

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Tue Dec 23, 2014 5:21 pm
by mariojacobs1
IOR valdad 6-24 IR

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Tue Dec 23, 2014 6:45 pm
by Koos Barnard
Sommer net 'n stukkie inligting. Ek sluit aan by wat Geno voorheen gese het. En dan sommer vir diegene wat van Swarovski hou en dalk een oorweeg. Dis die scopes waarmee ek die meeste ondervinding het die afgelope 12 jaar. Volgens my ondervinding (let wel MY ondervinding, nie wetenskaplike toetse nie) en vir my doeleindes is die Z6 2.5-15x56 en die Z6 3-18x50 die modelle wat ek dink die beste is.
Mooi loop

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Tue Apr 14, 2015 5:24 pm
by Shaker
Goeie raad hier gekry dankie.

Ek verstaan dis heelwaarskynlik 'n persoonlike voorkeur, maar watter kruishare sal julle voorstel op die Zeiss en Meopta vir nagskiet?

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Tue Apr 14, 2015 5:26 pm
by Shaker
Het na die Leica's ook gekyk maar dis effe skaars.

In elk geval wat stel julle voor op die Leica front?

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Tue Apr 14, 2015 5:45 pm
by Gerhardus Nel
Die Swaro Z6i met BRX kruis is die lekkerste nag skiet scope wat ek nog geskiet het!!!!
Wat hom so lekker maak is dat jy die illumination kan stel van baie helder na minder helder.

Die Nightforce is net so lekker, maar die kryshare is bietjie meer besig as ander.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Tue Apr 14, 2015 10:37 pm
by Sangoma (IAN)
Ek dink jy moet die vraag op deel in twee groepe, tactical en hunting.
Want da is n Hele klomp goeie scopes om van te kies!
NF Beast, Hensholdt, US Optics, Thangent Theta, March, Votex Razor, S&B, Steiner T5Xi, om Mar net n paar te noem

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Wed Apr 15, 2015 2:48 pm
by Rainbird
Vir pure nagjag moet jy na die Europese teleskope kyk omdat hulle meestal gebou is vir nagjag.
In meeste Europese lande mag daar nie gebruik van spotlights gemaak word nie, en dus is lig deurlating die belangrikste aspek van hulle teleskope.

Enige Zeiss, Swarovski, Leica of S&B teleskoop is n goeie keuse.

Die helderste teleskoop op die mark is die Zeiss Victory HT 3-12x56.
Hy het ook die kleinste, en helderste verlige kolletjie in die wereld, en kan verstel word van baie helder tot so dof dat jy hom amper nie kan sien nie. Hy maak minder as 5mm van die teiken op 100m toe, so jy kan lekker fyn skiet in die donker.

Die teleskoop reekse wat vir nagjag gemaak is in terme van lig deurlating is soos volg:

Zeiss Victory HT @ 96%
S&B Polar @ 95%
Zeiss FL Diavari @ 94%
Zeiss Victory V8 @ 92%
Leica Magnus @ 91%
Swarovski Z6i @ 91%

As geld nie van toepassing was nie, is die beste nagjag teleskoop verseker die Zeiss Diavari 6-24x72 FL teleskoop met verligte kruishaar # 60.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Thu Apr 16, 2015 8:06 pm
by Wilhelm Schultz
Baie dankie vir al die insette manne. Hierdie thread hardloop ook nou al vir 'n ruk.

Wat is julle mening oor die Zeiss Diatal 8x56 Met plex reticle? Hy is nie verlig nie, maar ek dink dit is 'n stap in die regte rigting? Ek kan hierdie teleskoop by 'n vriend kry, en dink hy sal mooi werk op die nuwe roertjie wat oppad is.

Re: Beste verligte teleskoop vir nagjag

Posted: Fri Apr 17, 2015 6:06 am
by Henry 7
Wilhelm
Ek dink jy wil groter as 8x vir hê--12x is fine.