Page 1 of 1
Huur grond
Posted: Tue Apr 05, 2011 11:57 am
by Christo Els
Ek wil net vir interesantheid weet waarvoor (rand waarde) verhuur die manne deesdae hulle grond. Dit is nou vir KVE en GVE.
Dit kan per kop of per maand/jaar wees.
Of hoe is die beste manier om grond te huur.
Ek lees graag wat julle te s? het.
Re: Huur grond
Posted: Tue Apr 05, 2011 5:42 pm
by Foxcreek
Christo
Ek wil nou nie jou post hi-jack nie, maar ek is ook opsoek na huurgrond waar ek ten minste 2000 mof ooie kan aanhou.
Re: Huur grond
Posted: Tue Apr 05, 2011 5:45 pm
by Yalair
Jy kyk na so R60 per bees/maand anders kan jy % van aanteel afstaan inplaas van huur betaal maar dan moet jy na langtermyn huur kyk
Groete
Ben
Re: Huur grond
Posted: Tue Apr 05, 2011 8:46 pm
by CHRIS
hier by ons bietjie duurder, manne praat van R90 per mnd per koei, kalf eers van 11 mnde af.
ek glo dit het darem ook tedoen met drakrag

hier is dit tussen 16 en 18 hektaar per GVE
as ek reg onthou is dit R250 per ooi per jaar
Re: Huur grond
Posted: Tue Apr 05, 2011 8:53 pm
by Flip Fouche
Hier by ons word hoofsaaklik per hektaar per jaar verhuur.
So vanaf R180.00 tot R242.00 !
Verlede donderdag 31/03/11 is plaas in Tosca opgeveil vir R178.00 per ha.
Groete
Flip
Re: Huur grond
Posted: Wed Apr 06, 2011 7:03 am
by Flip Fouche
Vryburg area.
Re: Huur grond
Posted: Wed Apr 06, 2011 8:15 am
by Christo Els
Ja nee dit is goedkoop. Flip hoe groot is die grond daar by julle.
Chris R250 /ooi /jaar is ook nie te sleg nie hang seker net af wat die fyn skrif is.
Nee wat Foxcreek ons is hier om saam te staan
Yalair watter area is jy gele?.
Hier by ons Upington area het elke man sy eie metodes hoe om die som uit te werk.
Ek persoonlike verkies of rand / kop of % van aanteel.
Dink julle indien 'n die regte huur kry dit die moeite werd is om gond te huur, want koop is heeltemal buite my vuur maak plek
My plan is om grond te huur. ek verdien klaar 'n inkomste so sal nie afhanklik wees van die inkomste nie, maar wil gebruik as spaarplan met groei.
Re: Huur grond
Posted: Wed Apr 06, 2011 9:01 am
by Chris101
Christo
Jy van Upington self.
Ek het nou my kontrak verleng vir R240-00 PER OOI.
Chris 101
Re: Huur grond
Posted: Wed Apr 06, 2011 10:19 am
by Yalair
Christo
Wes Vrystaat, as jy grond kan huur is dit 'n goeie begin opsie, wees net wakker vir die manne wat aan jou verhuur sodat jy kan drade en waterpunte regmaak dan wil hy skielik nie meer verhuur nie, maw sorg dat jy 'n goeie kontrak oor redelike termyn kan vasmaak.
Groete
Ben
Re: Huur grond
Posted: Wed Apr 06, 2011 11:09 am
by Christo Els
Chris101 ja ek woon in upt
Yalair ja nee ek het al van die tricks gehoor wat die manne het. Hoe lank dink jy moet 'n man huur
volgens my nie korter as 5 jaar.
Dankie vir inligting
Re: Huur grond
Posted: Wed Apr 06, 2011 11:44 am
by Yalair
Christo
5 jaar is 'n goeie termyn as jy eers die kat uit die boom wil kyk, kyk net of jy opsie kan kry om na 5 jaar te verleng indien jy sou wil aangaan onthou net in boerdery is 5 jaar nie baie lank nie. kyk ook net dat die jaarlikse eskilasie op huur nie te hoog is nie die norm is 6-8% maar probeer vir so min as moontlik anners raak dit duur hier na jaar 4-5 se kant toe.
Groete
Ben
Re: Huur grond
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:04 am
by Geno
Manne,
Hoe werk die ooreenkoms op huurgrond mbt probleemdiere?
Mag jy op die huurgrond jakkies klop? Jou vee is mos daar, maar wat se die wet?
Groete,
Eugene
Re: Huur grond
Posted: Fri Apr 08, 2011 9:08 am
by Chris101
GENO
My kontrak se ek moet beheer toepas
101
Re: Huur grond
Posted: Fri Apr 08, 2011 8:30 pm
by Christo Els
Dankie Yalair vir daardie een sou nie daar aan gedink het.
Re: Huur grond
Posted: Sun Apr 10, 2011 8:26 am
by Flip Fouche
Christo en Piet Skiet
Die grootte van die gronde wissel van ongveer 500ha tot 5000ha.
Die plase is hoofsaaklik net vir bees want die twee been jakkekse is baie bedrywig.
Die huurgeld is gewoonlik jaarliks vooruit betaalbaar.
Flip