Page 1 of 1
AYA - Haelgeweer
Posted: Mon Dec 15, 2014 9:43 am
by Swede
Ek het miskien 'n opsie op 'n AYA S/S haelgeweer, ek is nie seker van die model nie (omrede ek nie my bril saam gehad het nie). Ek ken nie hierdie fabikaat nie, en oorweeg die verkoper om dit te verkoop, weet ook wat 'n redelike prys sal wees nie. Die lope binne is nog mooi, met baie patina buite, dit wil voorkom of die akise "colour cased hardened" is, het twee snellers. Kan iemand my help.
Re: AYA - Haelgeweer
Posted: Mon Dec 15, 2014 9:48 am
by Walter
Is dit 'n sidelock of 'n boxlock?
Re: AYA - Haelgeweer
Posted: Mon Dec 15, 2014 9:51 am
by Swede
Walter wrote:Is dit 'n sidelock of 'n boxlock?
nou vra jy my vas

het nie n' idee nie. Sal kyk of ek later ' foto kan opsit.
Re: AYA - Haelgeweer
Posted: Mon Dec 15, 2014 9:54 am
by Walter
As dit 'n sidelock is en jy hom nie koop nie, sal ek belangstel. Foto sal help
Re: AYA - Haelgeweer
Posted: Mon Dec 15, 2014 11:12 am
by Johan van Wyk
As dit `n boxlock is, is dit waarskynlik `n No 4/53 as hy ejectors het. Geen ejectors nie kan dit `n Matador of No 3 wees. As dit `n sidelock is kan dit een van `n hele paar modelle wees.
Foto's sal help.
Re: AYA - Haelgeweer
Posted: Mon Dec 15, 2014 11:38 am
by Swede
Johan van Wyk wrote:As dit `n boxlock is, is dit waarskynlik `n No 4/53 as hy ejectors het. Geen ejectors nie kan dit `n Matador of No 3 wees. As dit `n sidelock is kan dit een van `n hele paar modelle wees.
Foto's sal help.
Dankie Johan, sal sien of ek eersdags 'n paar foto's kan gaan neem.
Re: AYA - Haelgeweer
Posted: Tue Dec 23, 2014 12:33 pm
by Swede
Kon nog nie fotos neem nie, ek het gister die geweer gesien en dit is 'n boxlock met ejectors, het dit vir R1500-00 gekoop.