Page 1 of 1

Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 4:24 pm
by Tiny Hunter
Ek en my pa het so halwe langtermyn projek waar ons vir my n ordentlike Teikenskiet geweer wat so moet rek tot 800m wil aanmekaar gooi! Op die oomblik sal die geweer n Sabatti Tactical 6XC wat volgende jaar iewers aangeskaf sal word wees!! Ek wil graag by julle hoor watse een van hierdie drie Teleskope sal jy vir jouself kies? Se ook sommer net vinnig hoekom hy jou keuse is!

Sightron SIII 8-32x56 R13000

Vortex Viper HSLR FFP 6-24x50 R14500

Bushnell 4.5-30x50 Elite Tactical Mil Dot Reticle R13000

Sal graag wil hoor wat julle te se het... Asseblief kies net een van die drie wat ek genoem het...

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 6:33 pm
by henning
Vir wat dit werd is sal my keuse val op Vortex Viper omdat ek ondervinding het met hom en baie tevrede is.
Met Bushnell het ek n baie slegte ondervinding gehad en persoonlik bly ek weg.
Met Sightron het ek geen ondervinding en kan nie kommentaar lewer nie.

Groete
Henning

Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 6:45 pm
by Francoisv
Ek gebruik 'n Viper 6-24 PST op my CZ308 waarmee ek f-klas skiet tot my RSA klaar is. Hy staan vir niks terug. Hieronder is 'n aanduiding van wat die Amerkaners gebruik vir been rek. http://precisionrifleblog.com/2013/12/2 ... -pros-use/
ImageUploadedByTapatalk1418575524.143013.jpg

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 8:09 pm
by Sangoma (IAN)
Baie manne gebruik die Sightron vir F klas skiet.

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 8:28 pm
by JTM
Hoekom juis die Viper HS-LR? Is die 1/2 MOA Elevasie verstelling nie effe rof vir fyn teiken werk nie? Sal die HS-T of PS-T nie dalk beter wees nie?

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 9:36 pm
by Tiny Hunter
Ek verstaan nie oom se qoute nie?? Ek het geskryf Teikenskiet geweer wat so moet rek tot 800m wil aanmekaar gooi! M.a.w. aan mekaar sit ek het dit seker verkeerd gese ek vra onverskoning. Oom JTM ek was onder die indruk dat hy 1/4 MOA is... Die PST sal dan seker beter wees... Die illuminated reticle is net onodig vir my!

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 9:51 pm
by Sangoma (IAN)
Die Bushnell en Vortex wat Franchois na verwys is heeltemal in n ander prysklas.

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 10:14 pm
by Tiny Hunter
In oom se qoute is daar n gesiggie na aanmekaar in my post is die gesiggie eers aan die einde van my post??

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 10:24 pm
by James Wilson
Tinyluv wrote:In oom se qoute is daar n gesiggie na aanmekaar in my post is die gesiggie eers aan die einde van my post??

Ou vriend, ek het nou gegaan en elke een van my posts verwyder. Ek glo ek verstaan jou spreek terme verkeerd, en dat jou navraag opreg is. Getrou aan die Jaracal manne glo ek jy sal die antwoord kry waarna jy soek. Ek verwyder myself van die gesprek.

Alles van die beste, die manne hier deel graag hulle kennis!

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Sun Dec 14, 2014 10:32 pm
by Tiny Hunter
Ai oom ek is jammer ek sal graag wou gehad het oom moet ook deelneem oom het laas baie mooi gehelp...

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 4:21 am
by Beer (Christo)
Dit lyk my jou budget is so by die R14k. Die Nightforce SHV se 5-25x56 reeks is so by die R16k.

Maar, Ek het nog nie deur een van die scopes gekyk nie, so jy moet maar mooi luister wat Ludwig se.

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 7:46 am
by Sangoma (IAN)
Die NF is 5-20. Persoonlik dink ek 20x vergroting mag dalk n rapsie te min wees vir ver skiet, Mar ek mag ook verkeerd wees...

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 8:55 am
by Sangoma (IAN)
Tik fout

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 9:00 am
by Beer (Christo)
Thanks Ian. Ek het skeef gekyk

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 10:00 am
by Tiny Hunter
Klink my die Sightron is n goeie roep....

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 5:20 pm
by Capt. Yoda
Nee wat 20x met ordentlike glas is genoeg vir n fclass tyken tot op n 1000y.As jy regtig uit en uit klyn groepe wil skiet op n 1000y kry dan iets met hoe vergroting en bai goeie glas.Tussen daai scopes sou ek ook die s3 vat

Re: Watse Teleskoop?

Posted: Mon Dec 15, 2014 5:50 pm
by Arnold
Vir 'n baie lekker teikenskiet teleskoop gebruik ek die SIII 6-24x50, die SIII 8-32x56 sal ook werk hy is net bietjie groot vir my en het minder interne verstelling.